Maar nie skootbestand nie….

20 Jan

Ek het nou so gelag…. want nie net is mense gullible nie, maar aan die anderkant ook slim. Die slimmes gaan baie geld maak uit die gullibles uit voor, en gedurende (en moontlik na) die sokker wêreldbeker.

Gaan loer bietjie by die webtuiste van Protektorvest. Vir $69.95 kan jy ‘n oorbaadjie koop wat messteekbestand is, en virre ekstra paar dollars kan jy ook die land wat jy ondersteun se naam, of vlag of ‘n kenteken of wat ookal jy sou verkies daarop aanbring.

Nou wat snaaks is, is die feit dat ek seker is meer mense sterf van skietwonde as steekwonde. Dit sou ook gehelp het as mens byvoorbeeld net op die bors, of die rug met messe gesteek word, want ongelukkig nie so is nie. Die baadjie laat jou gesig, nek, arms, boude en bene onbeskerm.

En die ergste van alles…. Met jou land se vlag op jou messteekbestande oorbaadjie gaan jy soos ‘n wuiwende palmboom in die Sahara uitstaan… in brits sal hulle seg – Sitting Duck. Wat cool is, want die kriminele sal dan die euro, dollar en pond draers makliker kan uitken, en dan kan die locals bietjie rus en vrede vir ‘n maand of twee hê.

Ons sal egter net die kriminele moet laat weet dat hulle die vuurwapens by die huis moet los, ons soek nou nie onbeplande lewensverlies nie want die baadjies is nie teen koeëls opgewasse nie….. en $69.95 is ‘n klompie geld.

28 Responses to “Maar nie skootbestand nie….”

  1. demoerin Januarie 20, 2010 at 8:41 vm #

    Ok, ek het die eerste keer ‘n post via e-mail probeer…. die weird blou onderstreep moet eintlik nie daar wees nie…. alhoewel dit ‘n belangrike sin is…

  2. Xena Phoenix Januarie 20, 2010 at 8:51 vm #

    Ek sien die polisie dink as hulle 2 mans; wat dapper genoeg was om op TV te erken wat hulle beplan met die wereldbeker; te vang, gaan daar geen ander misdadigers wees nie.

    Ek dink daardie twee is net ‘n druppel in ‘n emmer.

    • demoerin Januarie 20, 2010 at 10:56 vm #

      Baie klein druppeltjies.

  3. Plaasjuppie Januarie 20, 2010 at 9:22 vm #

    Mense is so gullible dis eintlik scary. En daar is mense wat ‘n goeie lewe maak uit gullible mense uit. Ek reken if you cant beat them, join them.
    Suid Afrika moet nou net ‘n improved weergawe baadjie by doane te koop aanbied wat bullet en mesbestand is. Dan verdien ons nog so paar bob ekstra uit die onosel europiërs uit

    • demoerin Januarie 20, 2010 at 10:57 vm #

      😆 Ons verkoop sommer een van karton en sê dit is die nuutste en sterkste element bekend, spesiaal ontwikkel vir die Suid-Afrikaanse omgewing.

      • Plaasjuppie Januarie 20, 2010 at 4:02 nm #

        Ek laaik jou idee nog beter. Minimum inset, maksimum profyt

        • demoerin Januarie 21, 2010 at 7:04 vm #

          Ja, en mens kan die kinders in dei kleuterskole tydens spoeg-en-plak periode kry om dit uit te knip en aanmekaar te sit, dan spaar mens nog op labour ook😆

  4. Charms Januarie 20, 2010 at 10:02 vm #

    Gullible of onnosel? Siende dat hulle nou die baadjie gaan “brand”, miskien kan hulle dan ook klein teikens op die baadjie aanbring wat se “Stab here”?

    • demoerin Januarie 20, 2010 at 10:58 vm #

      Goeie voorstel daardie😆

  5. BB Januarie 20, 2010 at 11:20 vm #

    Cool idee Charms!! Met so ‘n bulls-eye prentjie agterop en ‘n rooi kruisie oppie hart! Mens kan nogal die baadjies heel funky laat lyk reken ek…

    • demoerin Januarie 20, 2010 at 1:47 nm #

      Ja-nee, skep die pap terwyl dit onnosele mense reën. (mmm, dit kan nogal ‘n line uit ‘n song wees😆 )

  6. corlivandermerwe Januarie 20, 2010 at 12:40 nm #

    Haha…die storie oor die mesbestande baadjies het nogal interessante kommentaar uitgelok op my website. Sulke belaglike stories maak altyd interessante nuus!😉

    • demoerin Januarie 20, 2010 at 1:48 nm #

      …. en laat mens wonder oor hoe oningelig die wêreld regtig is.

  7. kaalvoetinireen Januarie 20, 2010 at 2:40 nm #

    Dis sommer net scary en om te dink daar is mense wat daarvoor gaan val. Hulle moet dalk sommer aandui in watter sakke jy die ponde en dollers ook dra…

  8. Vlam Januarie 20, 2010 at 3:54 nm #

    LOL! 😆

    Dalk moet ons locals vir ons T-shirts laat print met iets soos “Africa is not for pissies” daarop. 😉

    • demoerin Januarie 21, 2010 at 7:06 vm #

      En agterop – And the world thought we are stupid –😆

  9. Andrew Januarie 20, 2010 at 4:16 nm #

    Demoerin, jy het seker gehoor die ANC het toegetree tot die mode wereld en ‘n lyn leer baadjies vrygestel. Het jy dit al gesien?

    http://www.anc.org.za/show.php?doc=pbf/forms/order.html

    Fokkit dis hectic …😆

    • Girl van die Suburbs Januarie 20, 2010 at 4:31 nm #

      Oh my word!!!!! Sulke piesang geel leer doen dit nou glad nie vir my nie…. Ook nie die mamba groen nie… **KOTS**

      Wel… imagine as elkeen in die land sy ou partytjie se kleure dra hoeveel moord en doodslag sal daar nie wees nie? 😐

      • Andrew Januarie 21, 2010 at 8:19 vm #

        Mmm … dalk hou Austin Powers of Nataniël daarvan.:mrgreen:

        • demoerin Januarie 21, 2010 at 8:22 vm #

          Of om krag te bespaar kan jy dit in die hoek sit en as lamp gekruik. Meerdoelig.

    • demoerin Januarie 21, 2010 at 7:07 vm #

      Ek het dit gesien die ander dag…. nuwe dae, nuwe idees… een of ander Zuma het seker ‘n leerklere fabriek…😆

  10. Antie Koekie Januarie 20, 2010 at 6:17 nm #

    Ek weet net nie van die sizes nie? Op die ad het al die damesbaadjies sulke uurglas silhouette— weet nie of dit vir Mama Afrika gaan werk nie?

    • demoerin Januarie 21, 2010 at 7:14 vm #

      😆 Ek weet nie, maar met daardie baadjies aan by ‘n ANC konferensie sal hulle uit die ruimte sigbaar wees! Bwahahahaha. Fokkit, party van dit is bietjie bright!

  11. demoerin Januarie 21, 2010 at 7:12 vm #

    😆 Weer so bietjie op hulle website gaan loer….. $1 van elke vest gaan aan “charities fighting against knive crime.” HUH❓

    • demoerin Januarie 21, 2010 at 7:12 vm #

      Uitstekende salesfoefie….

  12. Gogga Januarie 22, 2010 at 9:56 vm #

    Dankie vir die stukkie, Ek moes net gou van die vloer af opstaan en die trane van my afvee voor ek kon verder lees.
    “Met jou land se vlag op jou messteekbestande oorbaadjie gaan jy soos ‘n wuiwende palmboom in die Sahara uitstaan…”
    Jy moet mense dit gee hulle het intrepeneurskap in tye wat dit rof gaan en ‘n geleentheid omgeld te maak bly ‘n geleentheid.

    • demoerin Januarie 22, 2010 at 10:11 vm #

      Yip, die gullibles gaan altyd vir winste in ander se koffers sorg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: