7 sekondes…

21 Jan

Binne die bestek van 7 sekondes is die eiland Haiti in ‘n rampgebied verander. Daar word geskat dat 200,000 mense hulle lewens verloor het. Die wêreld stuur mense en hulp en geld. Humaniteit word weer tot die uiterstes toe beproef. Daar is bitter min infrastruktuur in die hoofstad oor wat in werkende/bruikbare toestand is.

Maar ek sit vêr, en in Suid-Afrika kry ons mos nie sulke grootskaalse natuurrampe nie? Ek voel jammer vir Haiti, maar ook met ‘n sug van verligting.

Maar dit is juis waar ek verkeerd is. Nie ek of jy weet wat gaan gebeur oor 7 milli-sekondes, 7 sekondes, 7 dae of 7 jaar nie. Wat ek wel weet is, dat my lewe ook binne 7 sekondes kortgeknip kan word, en daarom moet ek werk maak daarvan om vir die volgende 6 sekondes te LÈÈF.

24 Responses to “7 sekondes…”

  1. Antie Koekie Januarie 21, 2010 at 8:53 vm #

    Laaitie, dis ‘n WAAR woord wat jy ons gooi, so op die nugtermaag!
    Ons is almal so besig met lang- en medium termyn beplanning, dat ons die belangrikste vergeet—–NOU!
    En jou favourote antie het mos “procrastination” uitgevind en vervolmaak tot olimpiese standaarde. Ek’s altyd besig met damage control oor deadlines past, of andersins, so besig om te beplan vir more, dat ek vergeet van die volgende 7 sekondes!
    Thanx!

    • demoerin Januarie 21, 2010 at 9:26 vm #

      Yip, die jongetjies kan partykeer die wyses ook ‘n ding of twee leer.😉

  2. Xena Phoenix Januarie 21, 2010 at 9:08 vm #

    Ek dink juis vanoggend aan Pieternella van die Kaap (Dalene Matthee).

    Daarin dink sy aan iemand wat “leef, want hulle is nog nie dood nie.”

    Hoe baie mense is rondom ons net omdat hulle nog nie dood is nie. Het jy enigsins reg op asem as jy nie regtig lewe nie?

    • demoerin Januarie 21, 2010 at 9:25 vm #

      Ek dink ons moet die suurstofdiewe na die plekke toe stuur met swak gehalte lug.

      • Xena Phoenix Januarie 21, 2010 at 9:46 vm #

        Sodat hulle nog verder kan besoedel? Ek hoor hulle kort onderwerpe vir mediese navorsing. Elke mens moet tog iets van nut doen. :mrgreen:

        • demoerin Januarie 21, 2010 at 1:12 nm #

          Ons kan hulle altyd na ander planete toe stuur om te kyk of dei mens daar kan oorleef.

          • Xena Phoenix Januarie 21, 2010 at 4:05 nm #

            Netnou mors hulle ook alles daar.

          • demoerin Januarie 22, 2010 at 6:38 vm #

            Ook weer waar…

  3. Girl van die Suburbs Januarie 21, 2010 at 10:57 vm #

    Ja ek hoor wat jy se en ek stem volkome saam. LEEF… maar my Leef en Xena se leef en jou leef… dit alles verskil… So hier wil ek weet… wat is DMI se definisie van leef?

    Bitter hartseer dat party net oorleef… Die wereld is soms tuff daar buite.

    • demoerin Januarie 21, 2010 at 1:11 nm #

      My definisie van leef:

      Om elke oomblik wat jy asem haal te waardeer. Elke keer as jy terugdink aan die vorige sekonde, moet jy tevrede wees dat dit nie gemors was nie. Jy moet jou tyd spandeer ter strewe na volledig menswees, wat sal insluit goed wat jy NIE in die vorige sekonde moes doen nie bv. skinder of iemand slegsê. Niemand is perfek daarin nie, maar dis hoekom ek dit strewe noem, daar is altyd plek vir verbetering.

      • Girl van die Suburbs Januarie 21, 2010 at 1:24 nm #

        Hmm… dan kry jy die wat net wil stir…. Wat hier ‘n storietjie vertel…. en dan weer daar… en dan is mense de moer in vir mekaar… Maak die lewe net korter! 😕

  4. Xena Phoenix Januarie 21, 2010 at 4:25 nm #

    “True religion is real living; living with all one’s soul, with all one’s goodness and righteousness.” – Albert Einstein.

    “Don’t ask yourself what the world needs; ask yourself what makes you alive. And then go and do that. Because what the world needs is people who have come alive.” – Howard Thurman.

    • demoerin Januarie 22, 2010 at 6:39 vm #

      Ek hou nogal van oom Albert sin.

  5. rianabrand Januarie 21, 2010 at 6:43 nm #

    Leef en laat leef! solank elkeen net voluit LEEF…

  6. Sonkind Januarie 21, 2010 at 8:31 nm #

    Live like there is NO tomorrow!

    • demoerin Januarie 22, 2010 at 6:40 vm #

      Jy en Riana cheat nou…. want Girlie se vraag was – Hoe leef jy voluit❓

  7. Antie Koekie Januarie 21, 2010 at 8:54 nm #

    “But dream like you are going to live a hundred years” of iets in dier voege
    “When we can’t dream any longer, we die.”
    (Emma Goldman).

  8. demoerin Januarie 22, 2010 at 6:41 vm #

    Ooo, die Antie gee my nou ‘n plan… kom ons spoeg en plak bietjie…..
    Dream like you are going to live for a thousand years, and then live like there is no tomorrow.

  9. Girl van die Suburbs Januarie 22, 2010 at 9:53 vm #

    En hier kom ek ingehuppel met my blomme rokkie hopende ek gaan iets leer vandag en… NIKS! 😯

    Waar is die vrydag les❓ 🙄

    • demoerin Januarie 22, 2010 at 10:09 vm #

      Wie kom elk geval eers 9:53am by die skool aan❓😆 Ek het besluit dit is vandag ‘n afdag vir die onderwyser.

      • Girl van die Suburbs Januarie 22, 2010 at 12:30 nm #

        Ek het gehoop die onderwyser trek my oor sy skoot oorlat ek (alweer) laat is😉

  10. Antie Koekie Januarie 22, 2010 at 10:27 vm #

    En ek sit by die klaskamer se deur en wag en nou meot ek hoor die onnie het sommer die dag afgevat!
    Trek jy nou ‘n Flinti op jouself?
    Het jy al gesien hoe knaend kan dié ou antie van jou wees?
    Ja, ja, ek sal nou-nou met julle gesels daar by my; ek en IT Genie het ‘n rowwe week agter die rug en, nee, daar was GEEN SOGS betrokke! Net maar werk en stress.

  11. Antie Koekie Januarie 22, 2010 at 12:39 nm #

    Meisiekind! Gedra jou! S&M?? :blush:
    As jy soet is kan jy ok ‘n suigstokkie kry vir die buite-muurse klasse?

    • demoerin Januarie 22, 2010 at 12:57 nm #

      Antie… wie praat van S&M😯❓

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: