Vrydagskool…Rekeningkunde101

22 Jan

Ek het besluit om maar tog vandag die klaskamer oop te sluit. Ons kyk so bietjie na basiese rekeningkunde vandag.

Kom ons sê daar is hierdie Maatskappy X. X is landswyd operatief en is die enkele verskaffer van ‘n produk wat almal daagliks gebruik. X is dus in ‘n baie lekker posisie. X laat almal egter glo dat die veskaffing van daardie produk problematies kan wees as hulle nie pryse met 35% per jaar, oor die volgende 3 jaar mag verhoog nie, om bestaande infrastruktuur op te knap en nuwes by te bou.

Nou het ons Maatskappy Y. Maatskappy Y het kontrakte by X ontvang om instandhouding op huidige infrastruktuur te doen, asook werk vir van die nuwe aanlegte wat X beplan.

Nou het ons maatskappy Z. Maatskappy Z is die beleggingsarm van ‘n baie groot Groen-Geel-Swart Party. Maatskappy Z, as 25% aandeelhouer in Maatskappy Y, trek dus uiteindelik voordeel uit Maatskappy X se prysverhogings en uitbreidings.

So ja, ANC, ek as betaler van my elektrisiteits-rekening, het ‘n probleem daarmee dat jy 25% van Hitachi se aandele besit.

29 Responses to “Vrydagskool…Rekeningkunde101”

  1. Antie Koekie Januarie 22, 2010 at 11:06 vm #

    Uhh?Jy het nie gesê dat die les vandag Gevorderde Rekeningkunde is nie?
    Dan sou ek by die huis gebly het.
    Of is ek net vandag bietjie baie dom-dik-en-difficult?

    • demoerin Januarie 22, 2010 at 11:17 vm #

      Ek bied na-skoolse buitemuurse ekstra klasse aan… wil Antie ‘n suigstokkie hê? 😆

      • Pagoda32 Januarie 22, 2010 at 1:03 nm #

        Dit klink soooooo verkeerd op soooooooo baie vlakke!!

    • Girl van die Suburbs Januarie 22, 2010 at 12:32 nm #

      Seg ek ook Antie…

      Kan ons nie maar liewer net teken nie? 😉 :mrgreen:

  2. Plaasjuppie Januarie 22, 2010 at 11:09 vm #

    Die frustrerende gedeelte is dat ek en jy absoluut f-all daaraan kan doen nie. Ons is net saam vir die ride. Die Nersa roadshow is net oëverblindery, want die besluit is lankal reeds gemaak .
    All people are equal. Some are just more equal than others.
    Welkom op ons nuutste reality show. Animal farm South Africa

    • demoerin Januarie 22, 2010 at 11:19 vm #

      Presies… en dit is ook uitgesluit die feit, dat die kontrakte wat Eskom onderteken het vir die nuwe stasies, 3 tot 4 maal meer is as ander soortgelyke stasies wat in die wêreld gebou word… ons kak en betaal sodat almal se boeties en sussies ryk kan word.

  3. Girl van die Suburbs Januarie 22, 2010 at 12:33 nm #

    Dis werklik skokkend… in daai geval kan hulle mos maar liewer subsidies daai kant toe gestoot het…maar wys jou hulle is die ding om geld te maak en nie om die nasie ‘n makliker ride te gee nie.

    Mag ‘n politieke party (regerende een daarby) ooit so iets doen?

    • demoerin Januarie 22, 2010 at 1:02 nm #

      Hulle seg hulle aandeelhouding is wettig… maar nou wonder ek of dit eties is, maar dit maak mos nie saak nie.

  4. Antie Koekie Januarie 22, 2010 at 12:34 nm #

    LAAITIE!! Suigstokkie en buitemuurse klasse?? Ek’s in!

    • demoerin Januarie 22, 2010 at 1:03 nm #

      Ek gee goeie punte vir uitsonderlike werk.

      • Pagoda32 Januarie 22, 2010 at 1:05 nm #

        In die woorde van Pieter Van Zyl op die Rittelfees:
        “Slat ha mette snot sambok!”
        Whahahahahaha!

  5. Pikkie Januarie 22, 2010 at 1:29 nm #

    Ek wil liewer net bietjie klei speel…. innie donker.

    • demoerin Januarie 22, 2010 at 1:31 nm #

      Watter tipe skool dink julle is die ❓
      Mens speel nie met klei in die donker nie.

  6. Antie Koekie Januarie 22, 2010 at 1:32 nm #

    Gaan ons ‘n praktiese of teoretiese eksamen doen?
    Iets soos Biologie 101? Of net mondelings?

  7. Charms Januarie 22, 2010 at 2:23 nm #

    Jinne, en hier dink ek ABC is moeilik en nou kom jy al met XYZ en ANC. Ek word iets verskrikliks senuweeagtig as ek moet eksamens skryf – Mag ek ook asseblief ‘n notatjie kry vir mondelingse aflegging met ‘n klei stres-bal.

  8. Antie Koekie Januarie 22, 2010 at 2:32 nm #

    Charms, my kind, jou antie weet net nie so lekker of die stres-bal van klei gaan wees nie 😆

    • Charms Januarie 22, 2010 at 2:41 nm #

      Sjoe Antie! solank dit dan net nie blou is nie.

  9. Antie Koekie Januarie 22, 2010 at 2:48 nm #

    😆
    Gelukkig kan ons mos nie eintlik die eksamen pluk nie, nê?
    Al kom ons net deur op meriete, of vir toewyding en harde werk.

    • demoerin Januarie 22, 2010 at 2:56 nm #

      Geen van my studente het al ooit gepluk nie. Dit is maklik om my met gunsies om te koop 😆

  10. Charms Januarie 22, 2010 at 2:54 nm #

    Al is ek soms stupid met die plus en minus Antie, staan ek nog steeds met my tassie in my hand, uniformpie netjies, hare skoon en blink skoene – dit moet darem vir iets tel?

  11. Antie Koekie Januarie 22, 2010 at 2:57 nm #

    Ek is doodseker die meneer sal jou spesiale vermelding gee vir gewilligheid.

  12. Xena Phoenix Januarie 22, 2010 at 3:03 nm #

    🙄

    Die ANC weet beslis hoe om hulle brood te botter.

    • demoerin Januarie 22, 2010 at 3:22 nm #

      Yip, nie net bo en onder nie, sommer om die kante op die korsies ook.

  13. RandomNumberZero Januarie 23, 2010 at 11:16 nm #

    Yip, stil think we should just give a choice finger to BHP Billiton and their aluminium smelters which get power below cost from us and tell ’em to fuick of with their jobs. Pisst! Quiet now, national intellegence is monitoring us.

    • demoerin Januarie 25, 2010 at 6:55 vm #

      😆 , not even to mention the cheap electricity that goes to our neighbours…… and we must also mention the mark-up the municipalities put on the electricity.

Lewer kommentaar op Charms Kanselleer antwoord