Die Stad is Stukkend

27 Jan

Eendag lank gelede was daar is Stad wat trots aan die hoof van ‘n land gestaan het. Die stad het skoon strate en woonbuurte gehad (nie net die rondom die Uniegebou nie), waar Jakarandas trots in vroegsomer geblom het.

Vandag is alles gebreek en afgeleef. Onderhoud is ‘n woord wat uit die stad se woordeboek uitgeval het toe die woord partytjie deur tannie Ramakgopa ingevoeg is.

Die ANC het aangekondig dat dit prioritiet is om Pretoria se naam te verander voor die aanbreek van die Wêreldbeker Sokker in Junie.

Behalwe vir die feit dat ek nog steeds nie saamstem oor die geldmors aspek nie… is dit dalk beter so (stem ek saam met een van die kommentare in die Beeld), daardie plek wat op die oomblik daar staan, is nie die trotse naam van Pretoria werd nie.

30 Responses to “Die Stad is Stukkend”

  1. Flintie Januarie 27, 2010 at 11:41 vm #

    Ek stem saam met jou en die Beeld, nogtans bly dit ‘n skande dat ons regering so opdruk vir iets so sinneloos.

    • demoerin Januarie 27, 2010 at 11:44 vm #

      Nie die Beeld, kommentaar van een van die lesers. Maar ja, sinneloos…..

  2. Plaasjuppie Januarie 27, 2010 at 11:58 vm #

    Kom ons hoop hulle is beter met naamsverandering as met vullisverwydering. Die party om die nuwe naam te vier sal ‘n moerse sukses wees, want een ding wat onse tannie Gwen kan doen is partytie hou!

    • demoerin Januarie 27, 2010 at 12:32 nm #

      😆 Bwahahaha… wys jou net, almal is goed in iets.

  3. Xena Phoenix Januarie 27, 2010 at 12:52 nm #

    Daar was selfs ‘n paar mense wat bereid is om die wapen op te neem om die naam te behou. Dit is ‘n bietjie rof. Ek sal graag ook wil weet hoekom die ANC altyd krap waar dit nie jeuk nie.

    • demoerin Januarie 27, 2010 at 3:08 nm #

      Want hulle krap waar dit die Afrikaanssprekende raak….

  4. meermin Januarie 27, 2010 at 12:59 nm #

    Wat ‘n mors van geld!! Amper vanoggend my nek gebreek toe ek die koerant opskrif lees!!

  5. Charms Januarie 27, 2010 at 2:21 nm #

    Pretoria was altyd so ‘n mooie plek. Ek het so ruk terug deur Sunnyside moes ry (nie uit vrye keuse nie) en was verstom. Dit het ‘n tweede Hillbrow geword. Ek kry net die mense jammer wat jare terug ‘n plekkie daar gekoop het – hulle moet nou behoorlik oor ‘n “obstacle course” klim om iewers heen te gaan – Tragies.

    • demoerin Januarie 27, 2010 at 3:09 nm #

      Sien, dit ondersteun my gedagte, noem dan maar eerder die downrun plek iets anders.

  6. kaalvoetinireen Januarie 27, 2010 at 2:25 nm #

    Hulle doen dit, want hulle kan en niks gaan hulle keer nie! Maak nie saak hoe belaglik ons dink dit is nie. Ek het lankal opgehou wonder hoekom daar gekrap word waar dit nie jeuk nie…

    • demoerin Januarie 28, 2010 at 7:06 vm #

      Yip, prioritiete soos huise, toilette, water en werkskepping is iewers onder aan ‘n lys.

  7. boerinballingskap Januarie 27, 2010 at 2:43 nm #

    Simboliese verandering is baie belangriker in SA (en Afrika) as daadwerklike verandering. Die verskil: Simboliese verandering is bereikbaar en verg nie veel vermoeens, kundigheid of bekwaamheid nie. Verander wat jy kan en swyg die werklike probleme dood. Of beter nog: Wanneer ‘n probleem te groot word, gee die probleem ‘n ander naam. Tog interessant dat die voormalige Engelse koloniale name nie eintlik in die slag bly nie. Durban, Port Elizabeth, Somerset-Wes/Oos, Durbanville ens. ens.

    • demoerin Januarie 27, 2010 at 3:09 nm #

      Yip, ons doen die dinge wat nie werk of kennis verg nie.

  8. Girl van die Suburbs Januarie 27, 2010 at 2:59 nm #

    It’s my hometown! 😛

    Ek gee nie om wat hulle dit noem nie… bly nog steeds Pretoria vir my!

    Nou wonder ek… AHMP (Afrikaans Hoer Meisieskool Pretoria) was my skool… wat word dit nou genoem? 😯 want tog sekerlik kan die Afrikaans nie ook bly nie… Die name wat so aan Afrikaans gekoppel word, word aan apartheid gekoppel en dis een vicious kringloop… Regtig sinneloos! Dis done en dusted bou ‘n brug en kom fokken oor dit.

    • demoerin Januarie 27, 2010 at 3:10 nm #

      Jong daar is ‘n hele rits dinge van name tot seksisme daarin opgesluit😆

  9. Juan Januarie 27, 2010 at 6:20 nm #

    Hier waar ek en Antie Koekie bly en in Welkom & Virginia is die agteruitgang net so sleg, dit is of daar net nie meer enige trots oorgebly het nie.

    • demoerin Januarie 28, 2010 at 7:07 vm #

      Ek glo nie trots pla hulle enigsins nie. Net hoe groot die salaris is, en wanneer die volgende partytjie is. Sad.

  10. Sonkind Januarie 27, 2010 at 9:44 nm #

    Dan se^ ek maar dankie dat ek hier onder in die Slaapstad is. Hier regeer antie Zille met ‘n ysterhand😉

  11. koeksister Januarie 28, 2010 at 7:41 vm #

    Dit is tragies, Pretoria was so ‘n mooi stad gewees.😦

  12. Spear The Almighty Januarie 28, 2010 at 10:14 vm #

    Ek is te moeg om meer te stry oor sulke kak met die regering. Wat jy sê is el waar.

  13. Andrew Januarie 28, 2010 at 10:59 vm #

    Sonkind, gelukkig is Cape Town en Table Mountain brand names en sal hulle dit nie sommer verander nie.

    • demoerin Januarie 28, 2010 at 11:38 vm #

      😆 You think they care?

  14. Ingrid Marais Januarie 28, 2010 at 11:01 vm #

    Stem saam,😥 ek onthou hoe trots ons as studente op dieselfde stad was. My hart het gebreek toe ‘n taxi drywer nou die dag vir Hannie se: Maak asseblief jou venster toe, die mense hier is baie skelm; en dit in Vermeulenstraat😥

    • demoerin Januarie 28, 2010 at 2:52 nm #

      Baie hartseer om iets wat voorheen goed gewerk het, nou so agteruit te sien gaan.

  15. Johan Swarts Januarie 28, 2010 at 11:41 vm #

    prioritiet, seg jy?😉

    • demoerin Januarie 28, 2010 at 2:51 nm #

      😆 Ek dink my disleksia begin my al hoe vinniger inhaal….. of my brein dobber permanent in die gutters…. of miskein doen ek dit aspris en hoop ek vir hits❓

  16. Jade22 Februarie 1, 2010 at 12:37 vm #

    Dit is die stad waarin ek groot geword het, waar ek trots Suid Afrikanes was, nou is dit verweerd en lelik.
    Hulle kan maar die naam verander, in ons harte weet ons mos dis Pretoria, nes Pietersburg en al die ander dorpe wat reeds venoem is.

    Ek sal nooit weer daarheen terugkeer, so ek onthou die pleg soos ek hom verlaat het baie jare gelede.

  17. Bertus! Februarie 6, 2010 at 9:46 vm #

    Sakelui is dikwels dommer as politici. So het ‘n klomp wynboere by die Paarl onlangs hul streek se naam op al hul bemarking laat wysig na Pearl Valley omdat hulle dink dit sal meer buitelandse wyndrinkers lok. En om elke hoek en draai is daar nou ‘n Pearl Valley Golf Estate of so iets. Ek gaan eerder vir Tshwane as Pearl Valley.

    • demoerin Februarie 8, 2010 at 7:23 vm #

      😆 @ Pearl Valley…. ai toggie….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: