Vrydagskool….Breindraf101

29 Jan

Eintlik is dit nie snaaks nie, maar mens kan nie help om te lag nie. Die hele land was in rep en roer oor vuurwapenlisensies, herregistrasies, deregistrasies, inhandiging van ongelisensiëerde wapens ens. ens. Dit maak ons land ‘n veiliger plek. Kriminele steel die vuurwapens wat so ongebruik rondlê. Alles goed en wel, ‘n mooi gedagte….. MAAR

Eintlik blyk dit dat die polisie nogal ‘n groot bron van vuurwapens vir die kriminele is. In 2007 en 2008 is ongeveer 4,400 as gesteel of verloor aangemeld deur SAPD lede, nog 2,900 in die nege maande Januarie tot September 2009. Hoe verloor jy ‘n wuurwapen?

Elk geval, niemand weet waar die wapens is nie, maar ek is taamlik seker dit is in die hande van ons kriminele vriende. Ek is ook taamlik seker hulle het dit nie met die onlangse “Handig-Ongelisensiëerde-Wapens-In” veldtog ingegee nie.

En wat gaan hierdie uitstappie kos – R16miljoen vir 4,000 nuwe Beretta’s op bestelling. Maar ek is eintlik moeg gekla oor al die kak en drama, kom ons gee die breine bietjie oefening op ‘n Vrydag:

Enige idees hoe hulle kan keer dat hierdie polisie-outjies weer hulle gewere verloor?

Miskien kan elke pistool ‘n lussie hê waarmee jy kom aan ‘n larnyard om jou nek kan hang ❓

27 Responses to “Vrydagskool….Breindraf101”

  1. Xena Phoenix Januarie 29, 2010 at 7:07 vm #

    Ek dink hulle moet dit inteken aan die einde van hulle skof en uitteken aan die begin van die skof. Dan kan hulle nie hulle gesinne daarmee terroriseer nie.

    En/of laat hulle betaal as hulle n wapen verloor. Met n boete by. Hulle sal dit nie verkoop of weggee nie.

    Kan n landsburger nie vervolg word as hulle roekeloos / nalatig met n vuurwapen was nie? Twee stelle reels.

    • demoerin Januarie 29, 2010 at 7:48 vm #

      Net so, party goedjies beland mos maar net altyd onder ‘n matjie in.

  2. Xena Phoenix Januarie 29, 2010 at 7:09 vm #

    Geen wapen = Geen drank.

  3. Anon Januarie 29, 2010 at 7:14 vm #

    Ek jou nou ‘n storie vertel, maar moenie my aanhaal nie, ja?
    Die polisieman, kom ons noem hom Piet gaan virre gutter naweek weg, Groendam toe, met sy vroutjie Sannie.
    Daar gekom bêre hy sy dienspistool onder die 2nd honeymoon rondawel se dubbel-dubbelbed se kussing… en Maandagoggend toe hy moet gaan werk kom hy agter hy’t sy pistool daar vergeet 😯
    Hy bel die “Lodge”, maar hulle wis van niks. Die skoonmaakpersoneel het ook niks gesien of gekry nie. Die ding is WEG 🙄
    Hy meld dit dadelik aan by sy stasie. Hy word subsequently van nalatigheid aangekla en verskyn in die hof.
    Lang storie kort te maak:
    Die saak word uitgegooi en Piet is skotvry. Hoekom? Want toe die wapen aan Piet uitgereik is, is dit nooit op die register aangebring nie – dus kan die polisie nie bewys dat Piet wel in besit van die wapen was, toe dit weggeraak het nie en Piet dus nie aanspreeklik is daarvoor nie 😕 – al het Piet dwarsdeur die saak (soos dit ‘n goeie Christenmens betaam) daarop aangedring om die waarheid te praat en volgehou dat hy wel die wapen gehad en ‘verloor’ het.
    Ja. Dis so. Dis regtig so. 😦

    • demoerin Januarie 29, 2010 at 7:51 vm #

      Dit verbaas my eintlik glad nie.

    • demoerin Januarie 29, 2010 at 7:52 vm #

      Waar is Groendam… of is dit ook fiktief?

      • demoerin Januarie 29, 2010 at 7:53 vm #

        En onthou as jy comment is jy Anon 😉 😆

      • Plaasjuppie Januarie 29, 2010 at 8:04 vm #

        Ek onthou die berig in die koerant oor die storie. Ek vermoed groendam is net gebruik as voorbeeld hier en is nie waar die poeliesman regtig was nie, alhoewel groendam regtig bestaan. Dit lê n Pretoria moot naby die PPC sementfabriek

    • Andrew Januarie 29, 2010 at 9:03 vm #

      @ Anon
      Honeymoon rondawel? ‘n Mens kan die ou tog seker vergewe, ek meen, die gun waarmee hy preoccupied was is ‘n voël van ‘n ander kleur.

      • demoerin Januarie 29, 2010 at 9:18 vm #

        Skote petoors… yip, anderste teikens op die brein gehad.

  4. Andrew Januarie 29, 2010 at 8:41 vm #

    In die army moes ons met die blerrie ding slaap sodat dit nie gesteel word nie. Troep en masjien geweer in een slaapsak. 😆

    • Plaasjuppie Januarie 29, 2010 at 8:51 vm #

      Just my luck dat ek LMG1 moes wees. Maar ek het die ou met die 60mm Patmor jammer gekry 😆

      Dit is die verskil. Toe was daar dissipline en beheer, As jy jou wapen verloor/beskadig het is jy ‘n DD1 ge-issue. En as jy op krygsraad skuldig bevind is is jy DB toe. Nou voel almal ‘n veer

  5. Flintie Januarie 29, 2010 at 9:21 vm #

    Hulle kan die gewere ‘n gps inbou, dis mos net ‘n microchip deesdae. Ek kon nog nooit verstaan dat hulle ‘n selfoon kan opspoor en nie ‘n vuurwapen nie…

    • demoerin Januarie 29, 2010 at 9:27 vm #

      Fokkit, jy moes twee gewees het. Yip, as jy hom in ‘n nommerplaat kan inbou, seker in ‘n geweer ook.

  6. Andrew Januarie 29, 2010 at 9:30 vm #

    Ek het baie respek vir hoe fiks julle ouens moes wees om daai lompe swaar ding rond te dra.

    • Flintie Januarie 29, 2010 at 9:38 vm #

      Andrew, ek dink nie die army sou kon cope met my nie, en ek ook nie met die army nie. Hulle sou my seker in die kombuis ingedruk het. Of daar of in die Medics in, enige plek waar ek nie met ‘n geweer kontak het nie.

      Of ek sou vir twee jaar in DB gelê het….

  7. BB Januarie 29, 2010 at 11:28 vm #

    Og! Ek wou ook altyd ‘n gun gehad het! Toe gaan ek George toe – wou ‘n soldierdoedie word. Ek het gedink ek gaan friggin’ cute lyk inne army uniform 😳 – Hulle het my kombuis toe gestuur – vir basic 👿 – en toe wip ek my, want ek soek ‘n GUN en NIE ‘n flippen broodmes NIE!!!
    Dag 3 roep die bevelvoerder my in. 😯 Wil my sien… Net oor ek gesê het ek gaan nou persoonlik die shopping loop doen vir die groente en ek dink ek gaan die spyskaart ‘n bietjie op-sjoosh! G’n mens kan die goed eet nie… en ek’s dorm toe om my mooi te maak en toe ek nog so maskara aanwend, word ek hush-hush gekom sê ek moet kantoor toe… het vir my gevoel soos hoërskool.
    Ek moes gaan draf vir my straf – ek sê nog virrie antie: “Mevrou…ek kon nie eers 200m klaarmaak laasjaar ini huissport nie…” toe word ek reggehelp oor “Mev” 🙄 . Moes gaan tekkies aantrek…
    Ek’t my siggies saamgevat for incase ek iewers kon rus…
    Anyways – ek het nie lank daar gebly nie – ek’t op ‘n dag vir my Antie-Korporaal gesê sy kan haar gun druk – dwars. Ek kan nie veel onthou van daardie tyd nie – dit was nie all that bad nie – maar dit het my afgesit van onder andere die begeerte om ooit aan toekomstige Survivor-reekse deel te neem.
    Ek het nou darem ‘n man mette gun. ‘n Pragstuk! :mrgreen:

    • Plaasjuppie Januarie 29, 2010 at 12:08 nm #

      Hulle het tot ‘n fliek van BeeBee se army experience gemaak. Private Benjamin :mrgreen:

      • demoerin Januarie 29, 2010 at 1:15 nm #

        😆 Was my eerste gedagte ook. bwahahaha. Ek kan nie eers ‘n fav sinnetjie uitlig nie… dis alles moer snaaks.

        • Sonkind Januarie 29, 2010 at 8:11 nm #

          Bwahaha @ BeeBee. Ek was ook op George, toe skiet ek TE raak, toe pos hulle my VHK Pretoria toe. Toe loop ek!

  8. Andrew Januarie 29, 2010 at 12:55 nm #

    Flintie jy sou ‘n jol gehad het in die army. Ek kan onthou dat ons omtrent almal permanent jags was … ons jong lywe was tot teen die hef gelaai met testosteroon en blou fitrioel het geen uitwerking op ons gehad nie. 😆

    • Flintie Januarie 29, 2010 at 6:21 nm #

      Hmmm….

      Dalk sou hulle my dan net dalk ‘n geweer gegee het om julle af te hou van my lyf af 😈

  9. Xena Phoenix Januarie 29, 2010 at 1:55 nm #

    👿 Huiswerk, maar moenie my bedank nie. Bedank vir Vlam. 👿

    • demoerin Februarie 1, 2010 at 7:03 vm #

      Gmff… ek sal nog vir ‘n uur of wat maak asof ek dit nie raakgesien het nie….

  10. Flintie Februarie 1, 2010 at 7:09 vm #

    Helllooooo liefies, lekker maandag hou.

    P.S: Demoerin, doen jou bleddie huiswerk tjom 😈

Lewer kommentaar op Andrew Kanselleer antwoord