Spesiale Aanbod!

1 Feb

Verjaarsdagweek het Saterdag afgeskop – Ek het bietjie saam die familie gesellig op my lappie aarde verkeer. Baie kos, baie alkohol, baie lekker. As daar een ding is wat my familie goed kan doen is lekker kuier, geseën met goeie alkohol-toleransie.

“Hoe oud is jy die week” vra my niggie. “Moer oud” antwoord ek. “Nou dink net hoe de fok moet ek voel” antwoord sy. Baie waar, daar is altyd ‘n ligpuntjie, haar dogter het hierdie jaar 21 geword.

Ek het ook ‘n middernagtelike besoek aan Rasta gebring met ‘n bottel Tequila onder die arm: toe die laaste gaste gery het, en ek agtergekom het dit is volmaan….

Maar wag.. dit is nie al nie, net vir vandag is daar ‘n Deel II aan hierdie inskrywe:

Daar vlieg weer bietjie huiswerk in die blogosfeer rond, en die herriemerrie het my bygekom (sy blameer natuurlik vir vlam) 😆

Ek moes nou in my brein se filing kabinet gaan rondkrap en soek na skrywes wat ‘n indruk op my gemaak het. Dit is makliker gesê as gedaan – Ek hou nie juis boek van dit nie, en my brein se filing is meer deurmekaar as die liasseerwerk op kantoor. Ek kan onthou ek het baie gelees, en daar is baie dinge wat my aangeraak het, en baie dinge wat vir my die blogosfeer pret, in plaas van werk gemaak het.

Ek onthou die motto tag is een van die wat ek die meeste geniet het, met ‘n pragtige raak-vat deur BB. Dan het Dellie gesorg vir een van my ander gunsteling tags: Die Tandemstories… en eendag sal die storie klaar, belowe 😉 En nie net omdat sy my tandemmaatjie is nie, maar ek lees altyd dinge by Sonkind raak wat aan my vat, en daarom verdien sy haar blog-toekenning van laas jaar. Nog ‘n gunstelingskrywer is Johan, en ek kan spesifiek hierdie stuk oor Jurie se perfekte CD’s onthou. Ek moes dikwels sy skrywes 2 of 3 keer lees, maar een ding wat ek en Emil in gemeen gehad het… is hierdie droom op twee bene. Ek is natuurlik glad nie gelukkig daarmee dat Emil ophou blog het nie…. en ook nie oor Wipneus wat altyd sulke interessante sterre-inskrywings gehad het nie.

Ek wil ook dan net spesiale vermelding maak van skrywes van 2 van die “newer-kids-on-the-blog”…. Die Grinder Stukkie van Girlie, en As ‘n Engel Val van Flintstoned.

Dit is al wat ek nou dadelik aan kon dink….. en die links kon opspoor, die huiswerk word net al hoe meer uitputtend!

Advertisements

19 Responses to “Spesiale Aanbod!”

  1. Flintie Februarie 1, 2010 at 9:29 vm #

    Rasta lyk net by die dag cooler, stunning pic daai btw. Dankie vir die noem demoerin, weet jy, snaaks genoeg is daai inskrywing van my die enigste een wat geen komentaar ooit opgelewer het nie.

    • demoerin Februarie 1, 2010 at 10:59 vm #

      Mens comment ook nie altyd nie… partykeer lees mens net.

      • Flintie Februarie 1, 2010 at 11:14 vm #

        Nee dis waar, daar is baie mense wat ek lees maar nooit iets het om te sê nie. Dis meestal omdat ek bang is ek maak my naam toffie of so iets, maar daar is ander wat net te diep raak, en ek kan nie konsentreer met ‘n rou senuwees wat oop lê en klop nie.

  2. Antie Koekie Februarie 1, 2010 at 10:09 vm #

    En hier wou jou favourite antie vir jou ‘n splinternuwe Porsche gestuur het vir jou verjaardag, met ‘n Barbie girl as sjoufer, maar nadat ek nou so in my gesig gevat is, sal ek weer daaroor moet dink.
    Om te dink, nie eers EEN vas my skryfsels het ‘n blywende indruk op jou gemaak nie?????
    Skokkend! My selfbeeld is nou laer as slangpoefies se skaduwee (sulk!)
    Moenie worry nie, ek sal aanhou probeer totdat ek jou verhewe standaarde bereik het.
    Onthou net, agter hierdie onmoontlike tweeling skuil daar ‘n binneste, OK?

    • demoerin Februarie 1, 2010 at 10:58 vm #

      😆 Daar is net te veel om uit te kies !

  3. Dellie Februarie 1, 2010 at 10:34 vm #

    Daai tandem stories was groot pret ja. Die wat klaar geskryf is anyways!

    Ek like ook v Rasta – veral so met volmaan en takiela saam. 😉

    So vier jy nou al van Saterdag af elke dag jou verjaarsdag tot Donderdag? 😆

    • demoerin Februarie 1, 2010 at 10:57 vm #

      … en tot komende Saterdag… dit gaan ‘n laaaannnggg week wees – My arme lewer 😆

      • Flintie Februarie 1, 2010 at 11:12 vm #

        Eendag staan ek en manlief so en kuier, maar ordentlik. So paar weke voor die kuier het ek vet om lewer gehad, wat vreemd was want ek weeg net 65kg. Anyway, so draai liefie om en sê: “Babes, jy moet stadig drink, ons weet jou een lewer is moertoe en ons weet nie hoe lyk die ander een nie”

        • Dellie Februarie 1, 2010 at 11:28 vm #

          Whahahahaahaa! 😆

        • demoerin Februarie 1, 2010 at 11:57 vm #

          Bwahahaha… ja nee, ek sal myne seker weer na ‘n Spa toe moet stuur vir recovery.

  4. Andrew Februarie 1, 2010 at 12:23 nm #

    Geluk met jou birthday boet … en maak seker jy drink alles op sodat ons kinders nie blootgestel word aan drank nie.

    • demoerin Februarie 1, 2010 at 12:30 nm #

      Ek sal dei wense bêre vir Donderdag – Dankie. Sjoe, daai drink alles op is moeilik… maar ek doen my beste! 😆

  5. Emil Februarie 1, 2010 at 1:45 nm #

    Tandem stories? *Oops

    Ek skryf darem nog, maar ek blog nie meer nie 🙂

    • Dellie Februarie 1, 2010 at 2:10 nm #

      Emil! *klapsoen oppi wang*

    • demoerin Februarie 1, 2010 at 2:13 nm #

      Help ons niks nie. Waar gaat ons dit lees?

  6. Sonkind Februarie 1, 2010 at 2:42 nm #

    Jy verjaar Donderdag? Saam met Megan (my meisiekind) Nou wonder ek of jy net so hardkoppig kan wees soos sy 😈

  7. Xena Phoenix Februarie 2, 2010 at 7:54 vm #

    Dankie vir die saamspeel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: