WEW…±4 van (Baie Meer)

2 Feb

Ek wonder hoe iemand met die volgende soekenjin term by my blog uitgekom het:

“ek wil ophou drink”

Sorry, ek kan jou nie help nie. Ek het in November ophou rook, ek glo nie my liggaam sal nog so ‘n skok binne ‘n jaar kan hanteer nie. Iewers moet mens ‘n lyn trek……..

Ek wonder ook oor die volgende: Waar koop mens die nuutste BMW X5 MT. Die MT staan vir Merlin Towerland. Dit is die een waar jy jou flikkerlig aansit om te wys jy wil regs van baan verwissel…. en dan **puff** is daar skielik ‘n opening waar daar oomblikke gelede nog ‘n kar (ek) was. Sorry vir jou Wit BMW X5, WWB 422 GP – daardie opsionele ekstra is nog nie beskikbaar nie – Soos die res van die land se fokken bestuurders wag jy tot iemand vir jou ‘n gaping gee….. shame, miskien is dit eintlik ‘n wesie X5 deur ‘n taxi grootgemaak.

24 Responses to “WEW…±4 van (Baie Meer)”

  1. Xena Phoenix Februarie 2, 2010 at 7:57 vm #

    😆

    Ek is bly jy hou nog vol met die ophou-rook deel.

    Ek haat die bestuurders wat dink hulle het die pad saam met die kar gekoop. Ek het eenkeer op die R55 gery, toe ‘n bestuurder – toevallig? ook ‘n BMW – reg van voor ‘n kar opsluit verby moet steek. Dit is ‘n enkelbaan pad. Ek moes in die dongas langs die pad in om ‘n botsing te vermy.

    • demoerin Februarie 2, 2010 at 1:24 nm #

      Yip, en die poephol het seker net aangery.

  2. Flintie Februarie 2, 2010 at 10:22 vm #

    ek lag nou so oor die BMW storie, ek het eers my pa gebel en probeer verduidelik hoe om hier uit te kom. Wesie – BWAHAHAHAHAHA!!!

    • demoerin Februarie 2, 2010 at 1:25 nm #

      Dis lekker as mens na die tyd daaroor kan lag.

  3. Gogga Februarie 2, 2010 at 2:43 nm #

    Ek dink dit lyk vir my oral is daar vandag mense sonder maniere.
    Hier in London is dit die Mini bestuurders wat sulke strond aanjaag.

    • demoerin Februarie 2, 2010 at 3:08 nm #

      Yip. En dit gaan my verstand te bowe dat dit ‘n moerse verskil gaan maak as jy voor my, in plaas van agter my is.

  4. Plaasjuppie Februarie 2, 2010 at 2:53 nm #

    Uno’s Taxis en BMW’s maak my agterdogtig. By verre die meeste breindood stunts wat ek op die pad beleef word deur een van die 3 gepleeg.

    • Girl van die Suburbs Februarie 2, 2010 at 9:03 nm #

      Uno’s ❓

      Hmmm…. jy al gesien hoe ‘n sterk wind hulle kan omwaai?

      • demoerin Februarie 3, 2010 at 7:13 vm #

        Dit is wat dit so scary maak as hulle so woes bestuur!

  5. Sonkind Februarie 2, 2010 at 5:04 nm #

    As hierdie BMW tipes so op my gat kom ry en dink dit gaan my intimideer om pad te maak, dan laat ek hom so naby as moontlik kom en dan begin ek my ruit te was. So saam met die Kaapse wind spuit ek dan die boks se ruit vir hom so spikkelrig nat en moet jy sien hoe gou back off hy👿

    • demoerin Februarie 3, 2010 at 7:14 vm #

      Dit is ‘n goeie plan… hehehehehe. *demoerin maak notas*

  6. ekisanna Februarie 2, 2010 at 9:42 nm #

    Die arme wesie…
    Wat ek wil weet is hoe het jy dit reggekry om op te hou rook. Ek probeer al vir jare en as ek net daaraan dink dan slaan die koue sweet oor my hele lyf uit. Ek is nie so verslaaf aan die nikotien nie – kan maklik 4 tot 6 ure daarsonder as iets my boei – maar dis die “sielkunde” daaraan verbonde wat my elke keer laat struikel. As jy raad het, gee asseblief!

    • demoerin Februarie 3, 2010 at 7:23 vm #

      Cold Turkey (en glo nie jy moet een gewoonte met ‘n ander een vervang nie). Jy koop net nie weer ‘n pakkie nie. As daar nie ciggies rondlê nie, kan nie jy gou-gou cheat nie. Dit is obviously nie maklik nie, maar as jy deur daardie eerste twee weke is, is jou kop deur.
      Maar soos jy sê, dit is baie oor gewoonte – Ek het bv nooit in my huis gerook nie, altyd buite. En selfs toe ek nie eers meer ciggies by my gehad het nie, het ek gevind ek staan op om buite toe te gaan – gewoonte. Toe begin ek myself straf: Elke keer wat ek myself vang opstaan – 50 sit-ups en 50 push-ups.
      Maar sterkte – Mens is tot meer in staat as wat ons onsself krediet voor wil gee, selfs ophou rook. Ek dink altyd so daaraan, as iemand anders iets kon doen, is dit nie onmoontlik nie, so ek kan ook.

      • ekisanna Februarie 3, 2010 at 7:45 vm #

        Ek het die wereldse bewondering vir mense wat dit regkry (ook vir jou). My man het net een middagete huistoe gekom en gese ek moet die kinders uit sy pad uit hou (lol) want hy het opgehou rook en 23 jaar later rook hy steeds nie. My skoondogter het verlede jaar ook sommer net so opgehou en ‘n week later uitgevind dat sy swanger is (dit is bietjie scary want dink nou net wat sal gebeur as ek… ja toemaar).

        • demoerin Februarie 3, 2010 at 8:07 vm #

          Dit is nie maklik nie, maar dit is ook nie so moeilik nie. Moenie dat “Dit is moeilik” die verskoning word nie.

  7. Flintie Februarie 3, 2010 at 12:47 nm #

    ♪♪♫♪♫♫♫♪♫

    …wat? Ek sing vir jou ‘n liedjie:mrgreen:

  8. Flintie Februarie 3, 2010 at 1:38 nm #

    ♪♪♫♪♫♫♫♪♫❓

    Dis “kinders by dosyne” in C #. Kan jy dan nie hoor nie?

    • demoerin Februarie 3, 2010 at 2:41 nm #

      Ek dink jy is by die verkeerde blog, ek dink jy soek eintlik JZ se blog😆

    • ekisanna Februarie 3, 2010 at 8:57 nm #

      Flintie, dink nie De-mou-e-rin het lekker verstaan van die gevolge wat ophou rook kan inhou nie😉:mrgreen:

  9. koeksister Februarie 3, 2010 at 4:43 nm #

    Ek het nou die dag ‘n ou tannie met haar slap mercedes sien stop oor 2 parkeerplekke, nogals by die “disabled parking”, dit was so amper-amper of ek het haar kar met klippe gegooi, die biets😈

    • demoerin Februarie 4, 2010 at 7:32 vm #

      Jy moes, ek sou jou kom help het.

  10. Girl van die Suburbs Februarie 3, 2010 at 8:34 nm #

    In beskeie opinie… Ek dink die Oosranders ry baaaie beter as hier in die noorde hoor. Die noorders is regte bokse…

    Dis ook al wat ek tans goed vind aan daai kant v d wereld!

    • demoerin Februarie 4, 2010 at 7:33 vm #

      😆 Miskien kom nogge paar dinge later by…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: