30.7018 + 14% BTW

4 Feb

Dit is wat my toereteller vandag skop. Antie Koekie het daar by Flintie ‘n interessante ding gesê, toe ek noem van hoe musiek herinneringe terugbring. Ek het gedink vandag is die dag om terug te dink, en die songs met julle te deel wat vir my spesiale herinneringe oproep.

  • Siembamba: Vakansies aan Ouma se voete vir storietyd. Sy het altyd om een of ander weird rede vir ons die nougat in balletjies gerol.
  • Baby Makes Her Blue Jeans Talk van Dr.Hook: Ek het grootgeword met permanente radios of plate wat in die huis gespeel het, vandaar seker my liefde vir ‘n baie wye verskeidenheid musiek. Hierdie was my gunsteling song, en my Pa moes altyd eerste die plaat vir my speel. Die plaat het naderhand ‘n “krap” gekry…. net op die song. Gmf.
  • Put Your Sweet Lips A Little Closer van Jim Reeves was my Ouma se gunsteling liedjie. Laat my altyd aan haar dink.
  • In Standerd 5 het ons ‘n Wakkerblyaand by die skool gehad. Oor die Hi-Fi het ons laat blêr: Boom Boom Boom, Let’s Go Back to My Room van Paul Lekakis, en Strip for Me Babe van Man2Man meet Man Parrish. Die arme Ingelse juffrou het amper hartversaking gehad.
  • Ook omtrent hierdie tyd het ek my eerste volwaardige holiday romance gehad. Ek kan nie haar naam onthou nie, maar sy was van Klerksdorp, en ons was by Badplaas met vakansie. “Ons song” was Tiffany se I Think We’re alone Now.
  • Kim Wilde se Kids in America. Ek het so ‘n moerse crush op die vrou gehad, ek sien nog die wilde-blonde-hare-guitar-chick foto voor my.
  • Jennifer Rush se Ring of Ice het altyd by die ysskaatsbaan gespeel.
  • U2 se hele Joshua Tree album sal een van die beste albums van alle tye bly.
  • Freddie Mercury en Queen se Bohemian Rhapsody bly een van die beste songs ooit. Daar is min mense wat ‘n mengelmoes van style van opera, tot acapella en ‘n rock solo met sukses in een song saam kan vat. Musikale Genieskap.
  • My beste pel in Londen was ‘n Aussie. Ons local was Bar Oz, en elke keer wat ons daar ingestap het was die eerste twee songs op die Jukebox: Men at Work se Down Under, en Africa van Toto.
  • Boston se More Than A Feeling en Johnny Clegg se Great Heart laat my altyd aan RWC 1995 terugdink.
  • Met die Tina Turner konsert in die Joburg Stadion was ek agter op die Big Screen in ‘n seker 20×20 meter video besig om ‘n girl se mangels te stofsuig… TT het On Silent Wings gesing, en die mense om ons het gepoint.
  • Unchained Melody laat my altyd dink aan vlieënde stukke klei.
  • Daar is iets aan Puccini se Nessun Dorma wat my altyd wil laat tjank – ek probeer nog die memory vind wat hierby pas – miskien is dit net moer goed gekomponeer?
  • Pieter Smith se Blomme was my en Christine se gunsteling Afrikaanse song. Hierdie een is vir jou Stoffel:

Daar is seker nog vele meer, maar dit is die waaraan ek nou kan dink. Deel met ons jou herinneringe.

43 Responses to “30.7018 + 14% BTW”

  1. Flintie Februarie 4, 2010 at 6:27 vm #

    Puccini se Nessun Dorma, beteken in engels “None shall sleep” en is ‘n aria uit die laaste act van die komposisie “Turandot”

    Dit is vreeslik goed gekomponeer, en pluk aan die hartsnare.

    Ek het op Freddy Mercury gedoen wat meeste jong meisies vandag op die spicegirls doen…

    • Flintie Februarie 4, 2010 at 6:40 vm #

      Oja, Happy Burffdai!!

      • demoerin Februarie 4, 2010 at 7:34 vm #

        Dankie… care to share.. daardie laaste sin?

        • Flintie Februarie 4, 2010 at 8:01 vm #

          😳 Ek het eintlik regtig net bedoel dans voor die spieel in die middae na skool…

          • demoerin Februarie 4, 2010 at 9:04 vm #

            😆

  2. Antie Koekie Februarie 4, 2010 at 7:23 vm #

    Wat ‘n nice trip down memory lane op jou verjaarsdag!
    Goed gedoen.
    Dié ou Antie se verjaarsdagwens vie iemand so blerrie special soos jy—————–
    1.Mag jy nie vandag, of vanjaar, alles kry wat jy WIL Hê nie, maar eerder alles wat GOED is vir jou.
    2.Mag die sluimerende boek uiteindelik ontwaak.
    3.Mag 13 beeldskone maagde besluit om jou te kom gelukwens.
    4.Mag ly ‘n moerse babaelaas gespaar bly na al die gepaartie.
    5.Mag jy altyd deel van ons blogosfeer community bly.
    6.Jy is MOERSE SPESIAAL. Onthou dit, OK.
    Baie liefde van: Jou Favourite Antie

    • demoerin Februarie 4, 2010 at 7:35 vm #

      Dankie virrie mooi wense Antie

  3. Girl van die Suburbs Februarie 4, 2010 at 8:09 vm #

    HEEEEEE-YAAAAHHHHHHHH

    Lekker getalletjie wat jy daar het!

    • demoerin Februarie 4, 2010 at 9:06 vm #

      Dit is soooo flippen oulik!!

  4. Dellie Februarie 4, 2010 at 8:44 vm #

    O jinne, ek kan nie veel bylas by die songs wat jy alreeds genoem het nie – almal bring wonderlike memories terug. Daar is wel een of twee nie op jou lysie nie – I wanna know what love is, en glo dit of nie, ek en my eerste liefde het geclose-dance oppi garage party op … wait for it … I wanna rock!😆

    *klapsoen v jou bifday*😉

  5. Phibbie Februarie 4, 2010 at 9:01 vm #

    Baie baie geluk met jou bfday. Mag jy so geseend wees dat jy verveeld raak met dit.

  6. Savanha Februarie 4, 2010 at 9:02 vm #

    Happy, happy hoop jy het ‘n great dag!!

  7. Sharpshoot Februarie 4, 2010 at 9:04 vm #

    Sê mens nou “Strongs – it can only get better”

    OF

    LLLLLLLLekker verjaar ou maat, lllllekker verjaar!!!!!!

    BAIE BAIE GELUK Demoerin!

    Hoop alles van die beste en duurste kom jou kant toe in 2010!

    PROOOOOSSSSST!

  8. demoerin Februarie 4, 2010 at 9:04 vm #

    Dankie. You are all to kind.

  9. koeksister Februarie 4, 2010 at 10:43 vm #

    My pa het altyd “Please release me let me go” vir my ma gespeel toe ek nog klein was, ek het altyd gedog dis so cool maar het nooit verstaan hoekom sy so gesnork het van verontwaardiging nie.😉

    Happy b-day Demoerin, geniet jou dag!🙂

    • demoerin Februarie 4, 2010 at 11:23 vm #

      😆 … dankie Koeksissie

  10. Charms Februarie 4, 2010 at 11:02 vm #

    Ai daar is so baie “onthou-songs” – Queen se “I want to break free” laat elke keer die beeld van my tannie in my kop speel – ons was op ‘n verjaarsdagparty en toe die song begin speel kon sy nie gou genoeg ontsla raak van haar serp nie, die arme vrou het haarself amper met die ding opgehang voor sy die dansvloer bereik het. Ek lag nog steeds as ek daaraan dink.

    Baie happy happy bday – Mag die voorspoed jou verveel.

  11. parkes1 Februarie 4, 2010 at 11:38 vm #

    Baie Geluk!!!

  12. Chopper Februarie 4, 2010 at 11:40 vm #

    Congrats met jou verjaarsdag. Mag jy lekker jaar he!

  13. Plein Februarie 4, 2010 at 11:40 vm #

    *strip klere af* (onthou dis nie die Kroeg nie) *trek weer aan* ♪♫Happy birthday to you, happy birthday to you, happy happy happy♪♫ Hoop jou dag is great en jou jaar awsome

    • demoerin Februarie 4, 2010 at 11:50 vm #

      Aggen nee… ons is alleen… ek belowe!
      😆 dankie vir die wense.

      • Plein Februarie 4, 2010 at 11:54 vm #

        Sal jou parsentjie nou nou vir jou gee hoor…… kry my agter die barcounter

  14. BB Februarie 4, 2010 at 1:53 nm #

    🙄 Hoeveel grade Celsius is dit??:mrgreen:

    • demoerin Februarie 4, 2010 at 1:55 nm #

      Waar? In my broek❓

      • BB Februarie 4, 2010 at 2:14 nm #

        😯 Down Boy!!! 18 is looooooong gone… time to chill:mrgreen:

        • demoerin Februarie 4, 2010 at 2:19 nm #

          Long gone se gat. Daar is ‘n wyse man wat die worode kwytgeraak het:
          18 Till I Die….

          • BB Februarie 4, 2010 at 3:56 nm #

            Nou toe dan….
            Here’s to You Birthday Boy!!
            Hip-hip-huuuuuuurrrraaaaaayyyyyyyyy!!!
            And Many MANY more!!!

            Images &

          • BB Februarie 4, 2010 at 4:04 nm #

            😳 OOPS!!
            Ok, but I meant well…. maar ek is slightly techno-gestremd…
            Have a great one! Mag jy elke liewe nuwe dag rede vind om Life & Living te Celebrate. En mag jy elke liewe nuwe dag aan at least een ander lewende wese rede gee om dieselfde te celebrate…
            Mag jy gebless word met gesondheid, wysheid en… ja tog🙄 ‘n paar Rand ook… (die volgende Powerball is ongelukkig myne, maar ek sal vir jou ietsie nice koop:mrgreen: )
            You’re a great guy. Keep on keeping on!!

          • demoerin Februarie 5, 2010 at 4:11 nm #

            Jy sal my ietsie baie nice met die powerball geld moet koop.

    • BB Februarie 4, 2010 at 2:15 nm #

      Hoe oud is jy in dog years???

      • demoerin Februarie 4, 2010 at 2:17 nm #

        My calculator kan nie sulke groot somme doen nie.

  15. Betsieboop Februarie 5, 2010 at 6:36 nm #

    happy reruns vir jou dmi

    jy is damnation oulik met jou possies hier en ek hoop jy word so geseën dat die verveling jou tong op die grond laat sleep!

    have a good one!

  16. Alta Februarie 5, 2010 at 9:42 nm #

    Happy birthday DMI.

    Vat jy my darem nou baie ver terug met ak die songs!!
    Baie nice!

    • Alta Februarie 5, 2010 at 9:43 nm #

      Dit moet lees, AL die songs. Weee jy!

  17. demoerin Februarie 8, 2010 at 7:24 vm #

    Dankie aan almal vir die goeie wense…. ek is poot-uit. Verjaarsdagweek was uitputtend……

  18. Girl van die Suburbs Februarie 8, 2010 at 8:12 vm #

    Hmmmmm-mmmmm!

    Lyk my die verjaarsdag naweek was HELEMAAL te lekker… Oukie… Het jy gesurvive?

  19. Antie Koekie Februarie 8, 2010 at 8:18 vm #

    Laaitie, sorry om nou so wreed te wees op ‘n vars nuwe Maandag oggend———- maar ek dink jy voel vandag jou ouderdom!
    Onthou, nou’s jy klaar met die dinge van ‘n kind!
    En grootword (lees: oudword) is nie vir sissies nie!😆

  20. Flintie Februarie 8, 2010 at 9:06 vm #

    Bly om te sien jy het dit oorleef tjom. Spaar nou die lewer vir die volgende jaar sin.😉

Trackbacks/Pingbacks

  1. Demoerin se Birfdai Gift. « FlintStoned - Februarie 5, 2010

    […] So demoerin, tjomma, hier is jou gift vir jou verjaarsdag van 30.7018 + 14% BTW Lekker eet! […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: