Elixir of Youth….

8 Feb

Ek het dit gevind…. dit kom in verskeie vorme. Hierdie byvoorbeeld is die Olmega weergawe, dit kan ook onder die name Cuervo, Agave ensovoorts op die rakke staan.

Ok, eintlik praat ek nou bollie, van moerawiese proporsies. Jeug het absoluut niks met ouderdom te doen nie (ook nie alkohol, of roompies, of rek-en-strek nie). Dit is ‘n mindset. Mens maak self die besluit oor hoe oud, of hoe jeugdig jy wil wees. Dit help ook as mens vriende en familie met dieselfde idee het, en dan kan mens almal saam, al is dit net af-en-toe, vir verantwoordelik by die venster uitbliksem en net bietjie jouself geniet… dit doen wondere vir die gees…. maar nie altyd vir die lewer nie.

Advertisements

38 Responses to “Elixir of Youth….”

  1. Antie Koekie Februarie 8, 2010 at 9:49 vm #

    Laaitie, jy sal nooit oud word nie, want met jou reputasie as Cassanova………..
    Hulle sê mos ‘n man is net so oud soos die meisie wat hy voel 😆
    Wanneer is ‘n man oud? Wanneer hy nie sy agterstel kan lig om ‘n voorstel aan ‘n meisie te maak nie!!

    • demoerin Februarie 8, 2010 at 10:36 vm #

      Sjoe, dis tyd dat ek weer bietjie 18 voel 😆

  2. Flintie Februarie 8, 2010 at 9:51 vm #

    demoerin, ons moet maar kies tjom, lewer of lewe. Ek kies lewe, en na die maan met die lewer…

    • demoerin Februarie 8, 2010 at 10:35 vm #

      Goeie Keuse…. jy kan ‘n nuwe lewer kry.

  3. Johan Swarts Februarie 8, 2010 at 10:17 vm #

    ek voel -123 jaar oud. tel dit?

    • demoerin Februarie 8, 2010 at 10:35 vm #

      Dit sal eintlik cool wees…. so ‘n dekade of wat voor die Anglo-Boere Oorlog 😆

      • Sonkind Februarie 8, 2010 at 8:53 nm #

        Nou wonder ek of jy 1-2-3 vrouens voel, Johan? 😆

        • demoerin Februarie 9, 2010 at 4:41 nm #

          Kry mens nog 3 liter Fords Sonnie?

          • Sonkind Februarie 9, 2010 at 5:28 nm #

            Gmpf – ek bestuur nie Fords nie, soos jy wel weet van my Facebook foto van jou boetie kar in die duine! 😆 (Maar AS, en dis ‘n moerse AS, ek ooit ‘n Ford sou wou bestuur, sou dit net EEN wees – ‘n oranje Ford ST!)

          • demoerin Februarie 10, 2010 at 6:54 vm #

            Jy het dan vir Johan oor die 1-2-3 vrouens gevra wat hy gaan voel of nie…… ek weet mos jy ry my kar se boetie…

  4. Xena Phoenix Februarie 8, 2010 at 10:23 vm #

    😉 Hoe jonk voel ‘n mens met ‘n bielie van ‘n hoofpyn?

    Ek hoop jy het ‘n stunning dag gehad.

  5. Charms Februarie 8, 2010 at 11:00 vm #

    Die ander voordeel hiervan is dat die ander mense ook na ‘n sopie of twee begin beter lyk – wonderbaarlike elixir!

    • demoerin Februarie 8, 2010 at 11:47 vm #

      …. ek sien nou eers hoe “blink” ek lyk…. nee wag, dit was die son dink ek… Ja, die son.

  6. Girl van die Suburbs Februarie 8, 2010 at 11:10 vm #

    Hmmmm….Verbeel ek my of is daai bottel leeg ❓

    Lekkkker geparty klink dit my! :mrgreen:

    • demoerin Februarie 8, 2010 at 11:45 vm #

      Daar was nog so ‘n teelepel vol in…..

  7. koeksister Februarie 8, 2010 at 11:41 vm #

    Nee wat, ek het tequila al ‘n paar jaar gelede uit my lewe verban nadat ek die kinders se opslaanswembad platgeval het, ek bly maar by die roompies en die “mind-set” 😉

    • demoerin Februarie 8, 2010 at 11:46 vm #

      😆
      Boooooorrrrringgggggg. NEXT!

      • koeksister Februarie 8, 2010 at 11:57 vm #

        Boring?

        • demoerin Februarie 8, 2010 at 2:16 nm #

          Ek glo almal wat nie my favourite drink saam my geniet nie is boring. 😆

          • koeksister Februarie 8, 2010 at 3:21 nm #

            Eish Demoerin, daar is ‘n prentjie in my kop wat net nie wyk nie, dis ekke wat my toilet omhels, ughh

  8. ekisanna Februarie 8, 2010 at 1:18 nm #

    Kyk daai mooie hande! Mooi hande (sulke lang, soepel vingers) aan ‘n man het dit nog altyd vir my goedoen…. hoeveel bottels sal my 30 jaar jonger maak? 😉 :mrgreen:

    • demoerin Februarie 8, 2010 at 2:18 nm #

      😳 dankie vir die mooi woorde… die truuk is om vir die ander ‘n paar bottels te gee 😆

      • Vlam Februarie 9, 2010 at 8:30 vm #

        Ek stem, Anna, ‘n paar beeldskone hande. :mrgreen:

  9. Girl van die Suburbs Februarie 8, 2010 at 3:20 nm #

    Kan ek die laaste slukkie kry asseblief! 🙄

    Ek het dit nodig… faaark… die oosrand is warm… weet van daar by julle nie!

  10. Dellie Februarie 8, 2010 at 3:47 nm #

    Mmmm … I like! Het jy dit al gedrink met Worcestersous? Njammies. :mrgreen:

    • Flintie Februarie 8, 2010 at 3:49 nm #

      eeeeew…. 😯

      • Dellie Februarie 8, 2010 at 4:41 nm #

        Issi man! Assit nie vir ‘eeeuuww’ was nie, was jy nie hier vandag nie … 😆

    • demoerin Februarie 9, 2010 at 11:00 vm #

      Mens mors nie so met alkohol nie…. VERAL nie Tequila nie.

  11. johanna79 Februarie 8, 2010 at 5:17 nm #

    my ouma bregie het altyd gese, jys net so oud soos die een wat jy voel…

    • demoerin Februarie 9, 2010 at 11:29 vm #

      Soos ek gesê het…. Ek dink dit is tyd dat ek weer bietjie 18 voel 😆

  12. karliendupreez Februarie 8, 2010 at 6:06 nm #

    Eish ekt bietjie van daai gehad die naweek. Die olmeca soort. Asof mens ooit net bietjie daarvan kan he. Ek moet se ekt sondag 20 jaar ouer gevoel so ek weet nie mooi van daai een nie…

    • demoerin Februarie 9, 2010 at 11:30 vm #

      Tequila drink is soos enige ander sport, hoe meer jy oefen hoe beter word jy 😆

  13. BB Februarie 10, 2010 at 11:11 vm #

    1 Takiela… 2 Takiela… 3 Takiela….. F L O O R!!!!
    Ek isse Takiela girl allie jarre gewees… sonder sout of suurlemoen, dankie – ek mors nie met drank nie!!
    Maar ja – ek is nou wyser en meer besadig – droë rooietjie is al wat ek nog aanpak. Ek wil mette gesonde lewer die ewigheid in, dankie :mrgreen:

    • demoerin Februarie 10, 2010 at 11:34 vm #

      Wat wil jy mette gesonde lewer maak ❓

      • demoerin Februarie 10, 2010 at 11:36 vm #

        Ek stem ook saam mens mors nie met Tequila met al hierdie bykomstighede nie! Yskoud is al voorwaarde!

  14. BB Februarie 10, 2010 at 11:12 vm #

    My oom het altyd gesê Takiela is medisyne met tande :mrgreen:

  15. BB Februarie 10, 2010 at 11:41 vm #

    Niks so lelik soos ‘n siek lewer nie, skat… it has a bad way of surfacing… to the nose 😆 al gesien hoe lyk ‘n red bulb nose?? Dit maak tot vir Rudoplh groen van jaloesie… ek het al mense gesien, dat jy wonder waar sit hulle switch? Want al wat hy kort isse glow :mrgreen:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: