WEW…2010 van 2010

10 Feb

Daar is nog 120 dae oor voor die afskop van die 2010 Wêreldbeker Sokkertoernooi. 120 dae waarin ons nog heelwat mense met plakkate in strate gaan sien dans…. nie om besoekers te verwelkom nie, maar om die land vir ‘n losprys gevange te hou. Die ideale geleendheid om soveel as moontlik uit die land uit te wurg, om te keer dat die land se beeld nie skade berokken word nie, wel in elk geval wat van die beeld oor is.

Ek wonder of die regering gedink het al die landsburgers gaan in 2010 terugsit en soet wees, en wag tot die sokkerbesoekers weg is voor die betogings en stakings begin? Suckers! Kan mens so deur die kak wees? Vir die afgelope paar jaar word almal se reg tot stakings, om te kry wat jy wil hê, wyd verkondig en ondersteun…. en nou wil hulle sê dat die langarm van die gereg almal gaan bykom wat nie hulleself gedra nie!

Om nie eers van die leë en onvervulde dienste beloftes te praat nie…… die arme sokkergeesdriftiges gaan soos geblikte leeus wees, want die polisie en weermag gaan hulle hande volhê om die Suid-Afrikaners in toom te hou.

21 Responses to “WEW…2010 van 2010”

  1. Vlam Februarie 10, 2010 at 7:35 vm #

    Amen, sela. Ek sidder. 😯

    • demoerin Februarie 11, 2010 at 6:53 vm #

      Ek sidder saam met jou….

  2. Flintie Februarie 10, 2010 at 9:48 vm #

    Nei, s’troo. Ek hoor jou demoerin. Dis Afrika en dinge lyk maar donker. Toi-toi is ongelukkig die een talent waarmee die meerderheid Suid Afrikaners gebore word, dis in die bloed.

    • demoerin Februarie 11, 2010 at 6:55 vm #

      …en sjoe, as daar nou een talent is waarmee gewoeker word😆

  3. Spear The Almighty Februarie 10, 2010 at 10:50 vm #

    Ja-nee.

  4. Skoenlappr Februarie 10, 2010 at 11:49 vm #

    check dit uit …

    datum
    10022010
    dae voor wereldbeker
    120

    can u c it??

  5. Xena Phoenix Februarie 10, 2010 at 12:14 nm #

    Ons regering is ‘n voorbeeld van domastrante optimisme.

    • demoerin Februarie 11, 2010 at 6:58 vm #

      Ja, gooi geld na alles toe om dit reg te maak – ons arme belastingbetalertjies sal die gate toestop, ons is die kruik wat nooit leegraak nie.

  6. koeksister Februarie 10, 2010 at 1:34 nm #

    Ai, ek sukkel my vrek of positief te bly

  7. kaalvoetinireen Februarie 10, 2010 at 3:04 nm #

    Ek raak al hoe blyer ek’s nie daar vir die affere nie

    • demoerin Februarie 11, 2010 at 6:56 vm #

      Ek dink ons moet almal op Korea toesak en vir jou kom kuier… hoeveel slaapplek het jy❓

  8. Sonkind Februarie 10, 2010 at 5:46 nm #

    Ek begin al hoe meer dink ek gaan iewers in die Karoo wegkruip vir daai tyd. Of dalk sommer op Robbeneiland😈

    • demoerin Februarie 11, 2010 at 6:59 vm #

      Miskien is dit ‘n goeie tyd dan om ons blogger-survivor reeks te hou, sommer daar op Robbeneiland ja.

  9. Skoenlappr Februarie 11, 2010 at 9:14 vm #

    wanneer laas was julle op robbeneiland?

    • demoerin Februarie 11, 2010 at 1:57 nm #

      Nog nooit… dan doen ons sommer survivor en ‘n toer.

  10. Flintie Februarie 11, 2010 at 12:35 nm #

    /me wonder of demoerin ophou skryf het, of net wegkruip en wonde lek na die b-day week se mannewalles…..:mrgreen:

    demoerin, love you loooong time bru❗

    • demoerin Februarie 11, 2010 at 1:57 nm #

      Moenie vir jou kom wit hou hier nie😆

      • Flintie Februarie 11, 2010 at 2:03 nm #

        Eish😳 sorry my basie:mrgreen:

        • Sonkind Februarie 11, 2010 at 10:48 nm #

          Ek dink ek gaan myself van nou af coloured hou. Dalk kry ek dan ‘n lekker job!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: