Vrydagskool….Geskiedenis101

12 Feb

Op die 11de Februarie, 20 jaar gelede is ‘n gevangene, Nelson Mandela, vrygelaat na 27 jaar in die tronk. Hierdie man sal uiteindelik Suid-Afrika se eerste demokraties verkose President word. Hy is ‘n waardige, statige persoon wat sy respek verdien het. Madiba. Hy het wonderlike drome vir die unieke Suid-Afrikaanse reënboognasie gehad.

In die laaste 16 jaar het bitter min vir die gewone, “unconnected” man op die straat verander. Baie beloftes, wel het juis net dit gebly.

Dit is hartseer, want dit voel vir my asof die regering op daardie drome toyi-toyi.

6 Responses to “Vrydagskool….Geskiedenis101”

  1. Charms Februarie 12, 2010 at 10:48 vm #

    En die beloftes bly leeg, en die oë en hande bly toe.

  2. Flintie Februarie 12, 2010 at 11:08 vm #

    Ek lees as volg:

    “In die laaste 16 jaar het hulle al Madiba se drome opgeneek.”

    Dmi, tjom, ek weet dis nie die tyd of plek hiervoor nie, maar weet jy wat? Ek dink dat die mense wat uit die land uit weg is, nie weg is agv rassisme of sulke dinge nie, maar omdat hulle wreed ontnugter was deur wat van die nuwe SA gewoord het.

    Ek twyfel of dit Madiba se droom was dat Regstellende Aksie so ver gevat word dat die wit man daaronder lei. Ek twyfel of ‘n man van Madiba se status en inbors se droom was dat enige iemand in die land voel hy het nie meer ‘n kans nie.

    • demoerin Februarie 12, 2010 at 12:45 nm #

      Die droom was ‘n lekker lewe vir almal, nie net vir sekeres nie.

  3. Xena Phoenix Februarie 12, 2010 at 12:52 nm #

    Hmmm

    As my geheue my nie in die steek laat nie, was Mandiba die staatspresident van 1994 tot 1999. Die eerste 5 jaar van die laaste 16 jaar. Het sy leierskap die vervolgelike verval uitgestel of stadig mee begin?

    Of is ek nou sommer aspris?😆

    • demoerin Februarie 12, 2010 at 1:12 nm #

      😆 My nuwe reël is ek mag nie vloek op vrydae nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: