WEW….123 van 321

16 Feb

Stel jou voor jy hoor die volgende uittreksels uit ‘n radio advertensie….

” jy word uitgenooi” “wildsplaas” “verjaarsdagkonsert”

Jou hart klop vinniger, jy kyk in jou dagboek en sien jy is die 20ste Februarie vry, jy sukkel om jou opgewondenheid te beteuel…. en dan… twee uitklophoue:

“Kurt Darren” en “Kry jou kaartjie”

Dan bars jy uit van die lag want sekerlik moet dit ‘n grap wees…. nee daar is dit weer…

“Kaartjies by Computicket”

Kyk, as ‘n sanger my uitnooi na ‘n verjaarsdagpartytjie toe…. en ek moet ‘n flippen kaartjie koop om dit by te woon, beter dit ‘n superster in die rigting van Brandon Flowers, Mick Jagger, dalk een van die Followills, Koos Kombuis of dalk Amanda Strydom se fluffy hondjie wees (as sy natuurlik een het)…. maar Kurt?

37 Responses to “WEW….123 van 321”

  1. ekisanna Februarie 16, 2010 at 7:55 vm #

    Agge nee Demoerin, hoe kan jy nou so wees. VHier dag ek nou net hier is my kans om Mr D te ontmoet. Vergeet van Kurt man, kom kyk die ander kunstenaars. Ons gaan groot en lekker jol hier op Naboom. Toemaar ek sou ook nie self ‘n kaartjie gekoop het nie, maar toe kry ek een present. Ek gaan vir Soerina kyk. Sy het voor my grootgeword en ek is mal oor haar (bevooroordeeld).

    • demoerin Februarie 16, 2010 at 8:04 vm #

      Miskien as ek BAIE dronk is, sal ek dit kan deursit… maar ek sal eerder rustig op my bank kyk hoe die Bulle die Brumbies trap.

  2. Xena Phoenix Februarie 16, 2010 at 8:59 vm #

    Ek moet se Mnr Van Heerden se verwaandheid ken geen perke nie. 😉 Ek neem aan jy moet nog jou eie drank ook vat.

    More, oormore word daar weer gekerm oor privaatheid en dan het hy vergeet dat hy sy verjaarsdag en plaas gekommersialiseer het.

    • demoerin Februarie 16, 2010 at 9:36 vm #

      Ja, en seker jou eie KFC ok nog as jy wil eet.

      • demoerin Februarie 16, 2010 at 9:41 vm #

        Siende dat dit ‘n wildsplaas is, kan jy seker jou geweer inpak en ietsie self vir die pot skiet.😆

  3. meermin Februarie 16, 2010 at 9:02 vm #

    Môre jy jammer😳 ek is so stil gaan maar dol hier by die werk!! Kom loer darem so af en toe hier in!! Geniet jou dag!!

    • demoerin Februarie 16, 2010 at 9:37 vm #

      😆 Dit hou jou seker uit die moeilikheid uit.

  4. Flintie Februarie 16, 2010 at 9:11 vm #

    Kurt Darren????

    Ek sit eerder met tandpyn die naweek van sy verjaarsdag voordat ek n kaartjie koop.

    Verwaande bliksem wat hy is…

    • BB Februarie 16, 2010 at 9:19 vm #

      Hy issie Flitsie – regtig nie. Hy is seker een van die humbleste mense in die musiekindustrie. Seriously.

      • ekisanna Februarie 16, 2010 at 9:34 vm #

        Ek is nie so seker daarvan nie BB. Ek het hom al ‘n paar keer raakgeloop (en een keer amper raakgery :mrgreen:) hier op Naboom en glo nie sy publike image en die werklike mens is heeltemal dieselfde nie.

        • demoerin Februarie 16, 2010 at 9:36 vm #

          Jy moes beter gemik het…. Nee sies, nou is ek lelik.

  5. BB Februarie 16, 2010 at 9:14 vm #

    Ek het darem ‘n invite gekry sonder dat ek hoef te betaal… but I had to decline – somebody else and much much more important to me verjaar die 20ste…
    Alhoewel ons nogal dalk sou gegaan het, al wassit net om weer lekker lang dirty weekend op die wildsplaas daar naby te gaan hou😳
    Ek hoor daar is al 19 000 mense ge’nooi’ – kyk, die man is beslis nie stoopid nie, nê? Hy sorg vir homself – teen minste kan hy vir homself ‘n awesome persenkie koop:mrgreen:
    You gotto hand it to the man – he’s done well for himself.

    • demoerin Februarie 16, 2010 at 9:39 vm #

      Ek verstaan nog steeds nie wie al daardie CD’s koop nie.

      Ek dink hy gaan al daardie geld moet gebruik om sy plaas weer reg te ruk na al daardie mense daardeur was.

      • BB Februarie 16, 2010 at 9:53 vm #

        Baie baie goed gedoen met “standing on the Edge” – oorsee ook – en daarmee bedoel ek radio play/airtime ook – en dit, skat, verdien Euro’s /Ponde. So die skamele paar Rand wat hy hier verdien🙄 kan nie vergelyk nie…
        Ek sê weer: Kurt is een eerder vrek sku as voor oppie wa – geen ‘houding’ of ‘air’ nie – as hy enigsins voorkom asof hy stug of ‘upstairs’ is, is dit bloot ‘n bietjie ‘verdedigingsmeganisme’ – I know the public pays for his bread and butter, but dis altyd ‘n geval van “‘n voet in die deur” – gee ‘n ‘fan’ ‘n pinkie so to speak…

        • demoerin Februarie 16, 2010 at 10:04 vm #

          Ek ken hom nie, so ek kan niks oor sy geaardheid sê nie – EK HOU GLAD NIE VAN SY MUSIEK NIE… die boom-chicky-boom-chicky betekenislose crap werk nie lekker vir my nie (so Kurt is maar net ‘n klein stukkie van die SA artists wat ek nie like nie)…. nie eers van die elektroniese musiek te praat nie. En om die waarheid te sê, glo ek nie hy is werklik ‘n wat-wonderse sanger nie… maar dit is net ‘n persoonlike opinie.

          • ekisanna Februarie 16, 2010 at 10:24 vm #

            Haai De-mou-e-rin, nou is ek nuuskierig jong. Watter Afrikaanse sangers(esse) hou jy van. Ek is nogal geneig om van alles te hou maar sommige goed pas by sekere “moods” en geleenthede. Ek self is ‘n Laurika en Theuns fan (maar in die laaste tyd het Mr T my ook soms geirriteer met van sy musiek.) Vertel bietjie.

  6. Vlam Februarie 16, 2010 at 9:44 vm #

    Kurt? 😯

    Selfs al kry ek ‘n kaartjie verniet, sien hy my nie op sy paartie nie. 👿

    • BB Februarie 16, 2010 at 9:57 vm #

      Oits!! Dan moet jy maar saam met Helge kom kyk hoe word die tuinmuurtjie se verf droog…:mrgreen:

      • demoerin Februarie 16, 2010 at 10:05 vm #

        Ek bring ‘n paar six-packs… dan kyk on hoe die Bulle die Brumbies vermorsel.

  7. ekisanna Februarie 16, 2010 at 10:14 vm #

    Arme ou Kurt. Ek is self nou nie die grootste fan nie, maar julle maak dat ek hom skoon jammer kry. Wat het hy nou eintlik gedoen (behalwe om Kurt te wees) dat julle so kwaai is met hom?

    • demoerin Februarie 16, 2010 at 10:22 vm #

      Jy kan nie praat nie – Dis nie ons wat hom amper omgery het nie😆

  8. Charms Februarie 16, 2010 at 10:28 vm #

    Hier’s ‘n medley net vir jou DMI :

    “Kaptein; Vat vanaand ‘n kans; Kom ‘n bietjie hier; Dis jou (my) verjaarsdag; En ek mis jou; ‘n Duisend keer; Staan op; Sê net ja; Ek wil gaan; Kom ons van die langpad; Laat die poppe dans; Daar doer in die donker; Vat my maak my joune.”

    • demoerin Februarie 16, 2010 at 10:34 vm #

      Hulle noem die medley: Death by Music

      • Charms Februarie 16, 2010 at 10:46 vm #

        Hahaha, ek het gedink jy sal dit geniet – tog sulke diep, oorspronklike woorde van Kurt Kerm. Nee wat, gee eerder vir my Anton, Koos, Laurika, Kerkorrel ….. musiek wat ten minste diepte het.

        • demoerin Februarie 16, 2010 at 10:48 vm #

          Dis beter… ek dink egter Anton is ‘n beter skrywer as sanger.

      • Flintie Februarie 16, 2010 at 12:31 nm #

        BWAHAHAHAHAHA

  9. demoerin Februarie 16, 2010 at 10:47 vm #

    @ ekisanna
    Laat ek dink – Ingesluit, maar definitief nie volledig nie (en ek besit ook baie min elk geval) – In Afrikaans – Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel (RIP), Laurika, Amanda, Theuns, Nianell (moontlik omdat sy die beste kwaliteit stem in SA musiek het)… daar is seker nog…mmm, ja en dan selfs bietjie Fokofpolisiekar, Straatligkinders, Foto na Dans, Ddisselblom ens.

    • BB Februarie 16, 2010 at 11:03 vm #

      Ek sien ek het sopas nog ‘n fên verloor…:mrgreen:

      • demoerin Februarie 16, 2010 at 11:11 vm #

        Nooit nie!! Ek het mos gesê – ingesluit maar nie volledig nie – Daar is songs wat jy geskryf het wat daardie boom-chicky-boom-chicky garde baie skaam moet laat kry.

        • BB Februarie 16, 2010 at 11:47 vm #

          Eeeeehhhhmmmm dankie!!😳
          Voel ek nou soos daai kat wat skelm op ons pooltafel ini lapa lê en op sy rug rol dat hy kan spin van plesier as ek sy pensie krap…. “pppppprrrrrrrrrrrrrrrr…..”:mrgreen:

  10. Flintie Februarie 16, 2010 at 12:36 nm #

    ek wil ook BB se song hoor !

    • demoerin Februarie 16, 2010 at 12:42 nm #

      Gaan loer in by http://www.birgit.co.za , ek weet nie of hy daar is nie, maar kyk of jy die Ingelse vertaling van Liza se klavier daar kan opspoor…. of haar song vir die Wosonki’s…

  11. ekisanna Februarie 16, 2010 at 1:09 nm #

    Oh my soul BB, here I am in the company of greatness and I didn’t even know! Wow! (50Mb later) Pragtige lirieke, pragtige stem, pragtige rendition.

    • demoerin Februarie 16, 2010 at 2:35 nm #

      Whether she wants it or not… she is stuck with THIS fan. Sorry for you BB!!

  12. Sonkind Februarie 16, 2010 at 3:11 nm #

    Sies maar julle kan lelik wees! Dis nou tipies Afrikaners, die een gun die ander nie die son wat oor sy kop skyn nie. En nou moet ek seker gaan laagle^.😆

    • demoerin Februarie 16, 2010 at 3:19 nm #

      Elkeen geregtig op persoonlike opinie😆
      Ek sal wel iemand oorstuur om in die aande vir jou vals wiegeliedjies te kom sing…. lank en aanhoudend.

  13. cat@juggling act Februarie 18, 2010 at 11:12 vm #

    Ag kyk, dis ‘n stupid idee maar een van ‘n baie slim bogger – hy gaan ‘n moerse klomp geld uit ‘n dom klomp boggers maak dan kan hy dalk daai plaas afbetaal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: