Woordspel….My Lover

17 Feb

My Lover

Sy blaas hoendervleis oor my arm op ’n snikhete dag, en werp blink sterre oor die hemelkoepel in die koel, pikswart nag. Sy laat bloed druis deur my are en my lighoofdig tuimel oor watervalle na die verre benede. Op vlerke van vryheid swiep ons oor eindelose vlaktes op die ritme van haar skoonheid in my polsslag. Deur die dag glimlag sy breed en sonnig en blou, voordat haar kus in die laatmiddag oopbreek in spatsels oor die horison soos ’n bloedryp granaat.

Ek het ‘n lover. Onbeskaamd buite-egtelik. Sonder geheim. Bel die Son, en stuur die tante Weideman met ‘n spaarvarkie met tienduisend rande in. Ek wil dit uitskreeu vanaf die vyftigste verdieping van die Carlton sentrum, en dit laat galm oor Jozi op die vleuels van die klank van tienduisend vuvuzelas tot waar dit die Tafelbergkarretjie laat sidder op sy slakke-tog teen die berg op. Want dit is nie ’n geheim nie.

Haar reuk laat my asemloos vanwaar dit opslaan uit die bruin aarde na ‘n simfoniese donderstorm op ‘n somersmiddag, en dit laat my wens dat ek haar kan omhels, en ons in mekaar se arms kan tjank oor die verkragting van haar skoonheid en haar onskuld en haar mense.

Ontmoet my lover, haar naam is Afrika.

24 Responses to “Woordspel….My Lover”

  1. ekisanna Februarie 17, 2010 at 6:23 vm #

    Sjoe! Ek het gelees en ek sit met ‘n knop in my keel en weet regtig nie wat om te se nie.

  2. hartskommels Februarie 17, 2010 at 6:59 vm #

    Genade

  3. hartskommels Februarie 17, 2010 at 7:00 vm #

    geen wonder jys die moer in nie dingetjie

    mar so deur al die pyn droewig en skerp verskyn

    soveel beauty hm?

  4. Antie Koekie Februarie 17, 2010 at 8:12 vm #

    Ek het geen wyse woorde—— ek kan net verstom sê: Whao!! Pragtig!

  5. meermin Februarie 17, 2010 at 8:21 vm #

    Whow!!!

  6. ELF Februarie 17, 2010 at 8:31 vm #

    This is art in its purest form.

    Meesterlik. Ek het lanklaas iets gelees wat ek nie net kon geniet nie, maar ook waardeer en bewonder.

    Soos om jouself voor n skildery te verloor .. en daarin te vind.

  7. demoerin Februarie 17, 2010 at 8:39 vm #

    Dankie vir die mooi woorde. Die lekkerste lekker is om te sit en te skryf, en dit gebeur net, want dit is iets wat jy nie net voel nie…maar leef.

  8. Flintie Februarie 17, 2010 at 9:21 vm #

    Great one dmi, dis werklik mooi geskryf tjom…

  9. BB Februarie 17, 2010 at 9:23 vm #

    Speechless…

    • demoerin Februarie 17, 2010 at 10:27 vm #

      WOW!! ‘n Eenwoord reply😆

  10. Charms Februarie 17, 2010 at 12:49 nm #

    Verskriklik mooi….

  11. meermin Februarie 17, 2010 at 1:05 nm #

    jou lover se lover is dalk op my blog …

    • demoerin Februarie 18, 2010 at 8:07 vm #

      😆 …. sies, dit is laag… arme Afrika

  12. boerinballingskap Februarie 17, 2010 at 4:15 nm #

    Baie mooi geskryf…..Gelukkig het ons nie dieselfde lover nie, anders sou ons mekaar dalk gedonner het !😉

  13. koeksister Februarie 17, 2010 at 4:50 nm #

    😯 stunning Demoerin

  14. Joh Februarie 18, 2010 at 7:38 vm #

    Pragtig geskryf.

    Passop net virrie dag as die son innie weste opkom.

    • demoerin Februarie 18, 2010 at 8:05 vm #

      21 Desember 2012❓😆

  15. demoerin Februarie 18, 2010 at 8:06 vm #

    Dankie almal.
    Ek is seker daar is vooroordeel… maar ek geen nie om nie…
    I will today bask in all the nice words … hehehe

  16. schabbers Februarie 18, 2010 at 9:44 vm #

    Mooi-mooi! You’ve got a way with words!
    En dis so lekker om oor Afrika te lees – minus al die alewige opmerkings oor Zuma en sy baie kinders…..oor al die misdaad….oor Eskom se onvermoë ……oor korrupte polisiemanne….ens ens ens.
    Jy mag maar skryf as die Muse vir jou glimlag!

    En dankie vir die inloer en skrywe op my blog.
    Dis mooi: As ‘n pu (ag tog pou!) kon vlieg …..het hy ‘n reënboog van geluk in sy vliegspoor agtergelaat!
    Wens dit was waar!

    • demoerin Februarie 18, 2010 at 10:00 vm #

      Daar bestaan nie ‘n Utopia iewers in die wêreld nie.

      Partykeer moet mens net vir ‘n oomblik jou oë wegdraai van die sleg, en jou verlustig in die goed… en dan is jy weer ok vir ‘n dag of wat.

  17. Joh Februarie 19, 2010 at 10:49 vm #

    Stem saam. Dit help om mens se sigpunt doelbewus te veranner en jou aandag eerder na die Goeie, die Skone en die Ware te wei.

    • demoerin Februarie 19, 2010 at 2:27 nm #

      En daar is soooooo BAIE van dit om ons.

  18. judithpassion Februarie 21, 2010 at 11:25 nm #

    Goeie werk boetie, jy skryf mooi, baie mooi, sou laaik om jou as my lover te he as jy so mooi van my sou skyf. Dis sad ons selective mute, wat ons laat voel maar nie wil praat nie, sy lê net daar gangraped and bleeding….

    • demoerin Februarie 22, 2010 at 6:57 vm #

      Dankie. Dit is sad ja.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: