Vrydagskool….Skolesport101

26 Feb

Vandag is skolesportdag… niks lesse nie. Laat ek dit hoor: Whhhoooop Whhhoooop!!

Onthou julle die opwinding? Die kleurspanne in atletiek vir huissport. Dan die interskole-atletiekbyeenkomste, dan kom die rugby, hokkie, netbal, landloop, krieket… en dan herhaal die siklus. Ons was as tieners, en jong volwassenes BAIE meer aktief as wat ek dink ons ooit aan onsself sal wil erken, en ons het die plat mae gehad om daarvoor te wys.

En toe kom alkohol en gemorskos en ‘n algemene rondlê sonder oefening. En nou probeer mens so dikwels dit alles regmaak met kits-dieëte (Dink maar byvoorbeeld aan die Simply Slim gemors). Bietjie beter eet en goeie en gereelde oefening is egter al wat gaan help, en dit is ongelukkig die waarheid.

Feit is, en ons moet dit seker maar aanvaar – Ek gaan nooit weer lyk soos in Matriek, of selfs soos 10 jaar terug nie – Maar ek kan altyd fikser as nou wees, en sommer net in die algemeen psigologies ook beter voel.

Werk bied ongelukkig nie die geleendhede soos skool om daagliks tyd uitgesit te hê vir altetiek, rugby, hokkie en swem nie MAAR dit behoort nie ‘n verskoning te wees nie, want selfs ‘n half-uur se stap, of draf, twee keer ‘n week is beter as niks nie.

Soos Harry in die vorige post gesê het, ons bly ons eie grootste vyande, en is dikwels te vinnig, te gereed met die regte verskonings.

13 Responses to “Vrydagskool….Skolesport101”

  1. Charms Februarie 26, 2010 at 7:45 vm #

    OK OK OK OK, ek sit nou dadelik die paaseier neer en klim op die ruk-en-pluk masjien.

  2. Ek is Anna Februarie 26, 2010 at 9:11 vm #

    “…en is dikwels te vinnig, te gereed met die regte verskonings” – nie ekke nie, ekke is sommer net pleinweg te lui en KFC Avalanches is sommer net te lekker!😉

  3. BB Februarie 26, 2010 at 9:17 vm #

    Van die nek af boontoe lyk ek beslis nie meer soos in matriek nie😦 ondertoe pas ek in dieselle klere in as destyds en ek dink so met die jare het ek baie meer aandag daaraan gegee – toe ek besef dat vorm en shape nie ‘n ‘given’ is nie.
    Ek reken die liewen Heer het vir my uit ‘n rib gemaak – m.a.w hy’t my die volmaakte skeleton gegee, allie spiere wat ek nodig het, die nodige organs en elke oog en oor op sy plek. Die fondasie is perfek (well maybe not FHM materiaal, maar dalk het hy geweet wat goed is vir my toe hy my lengte en borsmaat oorweeg het😉 ) – en toe oorhandig hy aan my ‘n pak pleister… Party speel laaaaaank en lekker met daai pleister; party krap die oues af en ander plak net bo-op; party verf dit en ander gee nie ‘n ekskuus my frans ‘moer’ om hoe hulle pleister lyk nie… Choices.

    Niks fout met ‘n paaseier nie Charms – eet net eers ‘n handvol bone of ‘n bakkie brokkoli – I figure if I want to ‘cheat’ or treat myself – it’s got to be worth it and if it’s not worth eating my veggies, it’s not worth eating at all.

    • demoerin Februarie 26, 2010 at 9:46 vm #

      Net so BB… ek sukkel egter nog so bietjie met al die lekkernye..mmmmm….mmmmmm…..mmmmmmm

    • Charms Februarie 26, 2010 at 10:05 vm #

      Gelukkig is ek ook nog baie naby aan my matriekgewig, al wat nou pla is gravity….alles wil net verdomp suide toe trek. Fotoshop en airbrush pas nie in my handsak in nie, anders het ons almal soos FHM models gelyk.

  4. Xena Phoenix Februarie 26, 2010 at 9:45 vm #

    Ek het skool sport gehaat.

    Maar ek was darem maerder en fikser as nou. Ek kon die 3000 m voltooi het (lw, nie wen nie). Vandag is 300 m ver!!!

    • Charms Februarie 26, 2010 at 10:07 vm #

      Ai Xena, langafstande was op skool my kos – nou raak ek uitasem net aan die gedagte😦

      • Xena Phoenix Februarie 26, 2010 at 10:28 vm #

        Ek het dit NET met kleursport gedoen. Een 3000 m en een 1500 m ‘n jaar was heeltemaal genoeg.

  5. Dellie Februarie 26, 2010 at 12:05 nm #

    En ons het oral geloop waar ons wou wees daai tyd – geen afstand was te ver nie. Naweke het ons swembad toe geloop, heeldag inni water baljaar, weer huistoe geloop en dan nog in die aand gaan ‘disco’ ook. Of die wereld platgery met ons bmx’e.:mrgreen:

    Die afgelope 5 maande het ek nogals ‘n groot verandering gemaak in my eetgewoontes, en ek sien beslis resultate. Ek dink ek het die gemorskos kwessie nou so effens onder beheer – dis net Vrydae wat ek so bietjie swig …😳

    Nou moet ek net weer aan die beweeg ook kom …😉

    • demoerin Februarie 26, 2010 at 1:06 nm #

      Selfs ‘n bietjie stap maak ‘n verskil. Mens voel sommer beter.

  6. Sonkind Februarie 26, 2010 at 10:10 nm #

    Ek ding nog steeds n Blog ger Survivor is die antwoord. Dink net hoe maer en fiks sal ons word😆

    • Joh Februarie 27, 2010 at 7:17 vm #

      Jy bedoel hopelik ‘n virtuele Blogger Survivor? Dan hoef mens nie eers van jou stoel af op te stanie.😉

      • demoerin Maart 1, 2010 at 7:05 vm #

        😆 Virtueel❓😯
        Uh uh, ons sal hierdie celebritiies wys waar Dawid die wortels begrawe het!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: