Eva….

1 Mar

Verleidelike Megan... Smeulende Fox

……

Ek sien die kurwes van jou lyf

En ek besef ek is ‘n volbloedman

……

Sekere dinge word net so ongelooflik RAAK in Afrikaans beskryf, en daarom glo ek nie die geleerdes en die ander hoë bome (wat niks anders het om te doen as om te kekkel en te kraai op litnet, of in lang gevleuelde briewe vir Beeld en Rapport nie) hoef te bekommer oor die voortbestaan van Afrikaans nie.

Ek dink eerder as om onder mekaar te stry en baklei (in Afrikaans, wat eintlik ‘n grap is), glo ek die tyd kan meer produktief gebruik word in die skryf van lirieke, boeke, teaterproduksies en televisiereekse, wat die positiewe van hierdie raakvat, melodiese taal kan uitbasuin.

Is dit nie beter, en sekerlik meer geslaagd, om enigiets op ‘n positiewe manier te bevorder nie?

30 Responses to “Eva….”

  1. schabbers Maart 1, 2010 at 7:52 vm #

    Amen!
    En Halleluja!

    • demoerin Maart 1, 2010 at 9:33 vm #

      Wens net die hoë bome wil dit ook besef…. dink jy kinders gaan wil aanhou Afrikaans praat as hulle die hele tyd met negatiwiteit gebombardeer word?

  2. schabbers Maart 1, 2010 at 7:54 vm #

    En …….sorry…..het vergeet om te noem.

    Die dame IS mooi!

  3. Girl van die Suburbs Maart 1, 2010 at 8:22 vm #

    Ja nee kyk… die dame is verseker beeldskoon!

    • demoerin Maart 1, 2010 at 9:29 vm #

      Beauty is but skin deep… bwahahaha, waar, maar ons dink nie vandag daaraan nie😆

  4. ekisanna Maart 1, 2010 at 8:54 vm #

    Ai DMI, en daar sien ek toe net die mooi gesiggie raak:mrgreen:. Die kurwes maak mos dat julle volbloed mans in teveelbloed mans verander😉

    • demoerin Maart 1, 2010 at 9:30 vm #

      😆 Sien, kyk nou net die pragtige beeldspraak.

  5. Vlam Maart 1, 2010 at 10:27 vm #

    Oeps. Ek sal aan ‘n com…ek bedoel, kommentaartjie, moet gaan dink wat nie besmet is met Ingels nie. :mrgreen:

    Megan is mooi, maar sy skakel my nie juis aan nie… 😆

  6. koeksister Maart 1, 2010 at 11:48 vm #

    Ek is mal oor my taal🙂

  7. meermin Maart 1, 2010 at 1:20 nm #

    So waar so waar. Lekker dag verder vir jou DMI.

  8. BB Maart 1, 2010 at 2:28 nm #

    Rephrase:

    Ek sien die kurwes van jou taal
    En ek besef ek is ‘n volbloed Afrikaner – in ‘n Duiste lyf…

    Maar wat dit ookal in alle erns met Megan uit te waai het, weet ek regtig nie😕 Gee sy om? Sal sy verstaan? En waardeer? Geen Afrikaanse volbloed wat jou liries kan maak nie?

    • demoerin Maart 1, 2010 at 2:38 nm #

      Toe ek daardie woorde vanoggend hoor was my eerste gedagtes Megan Fox….

  9. Xena Phoenix Maart 1, 2010 at 2:53 nm #

    Ek weet nie hoe mense hulle self net in een taal kan uitdruk nie. Wat is byvoorbeeld die Afrikaans van Stunning?

    • demoerin Maart 1, 2010 at 3:02 nm #

      Ongefokkenlooflik. Hoor net daardie plofklanke… gee my sommer koue rillings.

      • demoerin Maart 1, 2010 at 3:04 nm #

        …of dalk orgasmies❓

        • demoerin Maart 1, 2010 at 3:07 nm #

          My woordeboek dink egter bo die belt:
          Uitstekend, bedwelmend of asemrowend

          • demoerin Maart 1, 2010 at 4:17 nm #

            Of skitterend.

      • Xena Phoenix Maart 1, 2010 at 4:09 nm #

        Van alles wat jy noem, is dit die naaste. Maar dit is seker ‘n stappie verder as net stunning. 😉

  10. Charms Maart 1, 2010 at 3:00 nm #

    Dis die taal van my hart.

  11. Girl van die Suburbs Maart 2, 2010 at 7:48 vm #

    Nou klaar net een dink uit… Is dit Megan wat orgasmies is of die taal?

    • demoerin Maart 2, 2010 at 8:32 vm #

      Taal natuurlik!

    • demoerin Maart 2, 2010 at 8:32 vm #

      Megan is…is… daar is nie woorde nie….

  12. Harry Maart 3, 2010 at 8:51 vm #

    Megan for president.

  13. Louwie Maart 6, 2010 at 9:31 nm #

    Sy is pragtig, sal ook so wees al hang daai “kurwe” nie so uit nie😉

    • demoerin Maart 8, 2010 at 6:51 vm #

      Hulle kan haar ook maar in een van daardie Moslem-Ninja suits sit en net haar oë laat uitsteek…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: