WEW….1652 van 2010

2 Mar

Ek wonder van wanneer af is die musiekwêreld besig om in ‘n petting zoo te verander.

  • Daar is gedeeltes van Mariah Carey se opname van, I Want To Know What Love Is, wat sy klink soos ‘n kalkoen wat deur ‘n katoolse pou gejag word.
  • Daar is ‘n nuwe song van Alicia Keys wat hulle elke dag op Highveld speel. Ek noem dit die whiny-song want ek ken nie sy naam nie. Dit klink soos ‘n kat op hitte wat nie bevrediging kry nie.
  • We Are The World for Haiti is ‘n wonderlike idee van wonderlike mense om geld vir ‘n goeie saak in te samel, maar WAAROM op dese aarde Wyclef Jean soos ‘n gewonde Orangutan moes skreeu sal net hy, Quincy en Lionel weet.
  • Daar is dae wat ek dink Chris Cameleon is ‘n hele zoo op sy eie.

Die sad ding is, dat al hierdie mense wel KAN sing. Wat my verstand te bowe gaan is hoekom hierdie vokale-gimnastiese-toertjies uitgehaal moet word?

Om daarna te luister is soos om op ‘n rollercoaster vas te sit en oor-en-oor op dieselfde punt te kots (Ek dink ek moet hierdie reël aan Die Antwoord verkoop vir ‘n nuwe song).

42 Responses to “WEW….1652 van 2010”

  1. Girl van die Suburbs Maart 2, 2010 at 8:59 vm #

    hey….. Chris…. respect…..😉

    • demoerin Maart 2, 2010 at 9:00 vm #

      As hy sing ja😉

    • Plaasjuppie Maart 2, 2010 at 9:29 vm #

      Jip. As hy sing ja. los die gekoer en getjirp vir die vogels en die ander geluide vir die malles en gerooktes. Hoekom wil jy tjirp soos ‘n bleddie tortelduif as jy Jannie Moolman onder die tafel in kan sing?

      • Girl van die Suburbs Maart 2, 2010 at 10:14 vm #

        Daai man… Chris nou… ek is nie mal oor al sy musiek nie, maar hy… kan in 7 verskillende oktawe sing!

        • demoerin Maart 2, 2010 at 10:57 vm #

          Girlie, weetie so lekker van daai nie, miskien iewers tussen 3 en 4…. maar ek sidder om te dink dat hy eers kan probeer om amper elke noot op ‘n klavier te sing…. ek glo nie eers Mariah Carey of Maria Callas, wat ek dink gesien word as die twee artist met die wydste range kan claim lê op 7 nie?

          • johanna79 Maart 2, 2010 at 9:17 nm #

            girl ek het dit ook al iewers gehoor… so sorry demoerin eks met girli op die een, Chris kan beslus vir jannie onder die tafel in sing… en jannie sal dit self ook erken… Alby uitstekende sangers… oor die res, demoerin, stem ek wel met jou op die een.

          • demoerin Maart 3, 2010 at 7:05 vm #

            Uh uh. Ek staan voet by stuk op die een. Selfs met falsetto en moontlike whistle registers ingesluit twyfel ek nog steeds.

          • Girl van die Suburbs Maart 3, 2010 at 7:36 vm #

            * SUG *

            Ag nou dan gaan vra ek hom of die rumours waar is!

          • Girl van die Suburbs Maart 3, 2010 at 7:38 vm #

            Dankie vir jou ondersteuning Jo’kie!

            Sien… ons girls weet ook alles en altyd van beter! 😉

          • ekisanna Maart 3, 2010 at 8:14 vm #

            Jammer om julle girls se bubble te bars :evel:, maar hy sing regtig net in 4 oktawe, maar dis genoeg vir my! :mr green:

  2. Xena Phoenix Maart 2, 2010 at 9:00 vm #

    Ek het noudie dag gehoor dat daar ‘n lys is vir die beste screams in liedjies. Die mense hoop seker om as screamers onthou te word. 😆

    • demoerin Maart 2, 2010 at 9:02 vm #

      Miskien verstaan hulle die term verkeerd.

  3. Dellie Maart 2, 2010 at 9:03 vm #

    Whahahaa! Ek lief jou beskrywings, ek dink jy kan almal aan Die Antwoord verkoop!😆

  4. Charms Maart 2, 2010 at 10:07 vm #

    Kan dit dalk wees dat hulle die klanke naboots sodat ons kinders se kinders eendag darem kan weet hoe sekere diere geklink het voor hulle uitsterwing? Wie het nou Animal Planet nodig?

    • demoerin Maart 2, 2010 at 11:11 vm #

      Om vir onse kinders se kinders eerder nagmerries te gee ja!

    • johanna79 Maart 2, 2010 at 9:19 nm #

      animal planet meets mtv… haha jip ek dink dis hoekom

  5. ekisanna Maart 2, 2010 at 10:51 vm #

    “…..n kalkoen wat deur ‘n katoolse pou gejag word.” Bwahahaha! Ek gaan nou die liedjie soek want ek wil weet hoe dit klink! Ek is dol oor diere en daarom kan jy Chris maar ‘n “zoo op sy eie noem” al koer en tjirp hy ook. Sommige kunstenaars is entertainers en ander is sangers, maar Chris is die perfekte kombinasie van albei.

    • demoerin Maart 2, 2010 at 10:59 vm #

      Nee… ek hou net van as hulle sing.

      • demoerin Maart 2, 2010 at 12:22 nm #

        Hulle speel daardie song elke dag oppie radio… Foreigner sal ‘n comeback wil maak net sodat die mense weer die original kan hoor.

    • johanna79 Maart 2, 2010 at 9:23 nm #

      tenmunste as chris koer en tjirp weet ons hy sit aan en doen dit aspris.. ek kannie dieselle van sekere ander bos bewonners wat liefde op loftus en blouberg se strand moet gaan soek om sy syle styf gespan te kry se nie…

  6. NetJane Maart 2, 2010 at 11:15 vm #

    Daai Mariah song laat my crack. Dit en die Rihanna song oor Russian Roulette. En Lady Gaga se blah-blah-blah song sonder woorde.

    Ek luister nou maar na my Abba CD.

    • demoerin Maart 2, 2010 at 12:29 nm #

      Daardie Lady Gaga songs irriteer die witwaks uit my uit! Eintlik die meeste van die songs wat hulle op 94.7 speel deesdae.

      • johanna79 Maart 2, 2010 at 9:27 nm #

        dan sal jy ma na 94.2 moet oor skakel, dis nou te se as dit nie te loud is vir jou nie… dis te se as jy nie te oud is nie

        • demoerin Maart 3, 2010 at 7:07 vm #

          Ons het gister amptelik😆 Moes al om die kantoor loop om opvangs op te spoor.. Maar ons het! HEEHAAA!

          • netjane Maart 3, 2010 at 9:35 vm #

            Ons het geen Jacaranda opvangs hier by ons kantoor nie, nou sit ons maar in stilte…

          • demoerin Maart 3, 2010 at 9:46 vm #

            Ek moet sê die enigste nadeel so ver, was dat ek vanoggend na ‘n Kurt song moes luister.

  7. meermin Maart 2, 2010 at 2:10 nm #

    DMI geniet jou dag. Lady Gaga se BAD ROMANCE is moerse goed, ek like daardie song van haar hoor!! Cascade bly maar gunsteling!!!

    • demoerin Maart 2, 2010 at 2:13 nm #

      Wee jy meermin, as iemand se goed eers alles dieselfde begin klink, verloor ek interest.

    • johanna79 Maart 2, 2010 at 9:29 nm #

      ek het nie veel van lgg gedink tot ek bad romance gehoor het en die freaky usic vid gesien het nie, ek wonder of BoneyM een van haar invloede is.. sy maak gebruik van Ma Baker en Rasputin van hulle ek dink…

  8. Charms Maart 2, 2010 at 2:37 nm #

    Ek hou nie van Lady Gaga nie – haar goed is sommer ghagha en òf sy spot met mense wat hakkel, òf sy kan net ‘n paar lirieke skryf en dan gaan sy oor na babbeltaal.

    • demoerin Maart 3, 2010 at 9:50 vm #

      😆 …. nogge nadeel van Jakaranda, hulle speel ook GaGa.

  9. johanna79 Maart 2, 2010 at 9:33 nm #

    DMI op die noot van songs en so aan, het jy al die Twilight soundtrack gehoor Paramore, linkin park en Muse is absolutely Fabulous… ek luister die ding permanent

    • demoerin Maart 3, 2010 at 7:08 vm #

      Kennie van die soundtrack nie, maar is groot Linkin Park en Muse aanhanger.

  10. SA Expats Maart 3, 2010 at 10:49 vm #

    Daai chick van die Antwoord se stem klink soos iemand wat sy naels oor ‘n swartbord trek.

    • demoerin Maart 3, 2010 at 11:39 vm #

      Ahhh, that sound we all love so dearly… NOT!

  11. Sharpshoot Maart 3, 2010 at 2:01 nm #

    Ek sê mos al lankal, Die Antwoord is die antwoord😉

    • demoerin Maart 3, 2010 at 2:13 nm #

      Maar wat is Die Vraag?

      • Sharpshoot Maart 4, 2010 at 7:40 vm #

        Maak nie saak nie – solank jy net antwoorde kan kry! Dis beter om ‘n antwoord sonder ‘n vraag te hê, as om ‘n vraag sonder ‘n antwoord te hê…😉

  12. Skoenlappr Maart 3, 2010 at 2:18 nm #

    to be or not to be … THAT is the question, DMI

  13. johanna79 Maart 3, 2010 at 10:36 nm #

    die antwoord is 42 almal weet dit…

    • demoerin Maart 4, 2010 at 8:01 vm #

      In hierdie geval seker… fokken 42😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: