Vrydagskool….WTF101

5 Mar

Klas, ons het ‘n nuwe vak vandag, WTF101. WTF101 oorvleuel so bietjie met musiekwaardering vandag. Na aanleiding van my kunstenaar-bashing die ander dag (die feit dat ek nie van Chris Chameleon se vocal antics hou nie) en dei gesprek wat daaruit ontstaan het uit kunstenaars en vocal range het ek so bietjie opleeswerk gaan doen.

Vocal range is die wydte van die pitches wat jou stem kan behaal. Voorbeeld in normale klassifikasie sal wees Sopraan, wat gewoonlik in die reeks C4 tot C6 sal val. As jy ‘n klavier se klawerbord voor jou voorstel: Die middel C (C4) tot dan 2 oktawe hoër C6. Bas, wat die laagste mansstem is gaan gewoonlik van E2 tot E4.

Die meeste klaviere se klawerbord lyk soos die een hierbo. Middel C is die blou noot, wat ‘n sopraan se range dan sit tot ongveer by die eerste noot in die #6 Oktaaf. Die note se frekwensies word ook verder gemeet. Die laagste Bas E2 teen 80Hz, en die Sopraan se C6 teen 1100Hz.

Nou waar gaan ek hiermee heen… Guinness World Records.

Die persoon met die wydste Vocal Range is ‘n vrou met die naam Georgia Brown. Haar range span oor presies 5 oktawe, G5 tot G10. Wat dan die G10 natuurlik ook aan haar die rekord vir hoogste noot deur ‘n vrou gesing besorg. Kyk weer na ons prentjie, ja oktaaf 10 verksyn nie eers op ons klavier se klawerbord nie. Daar is geen ander mens, dier of instrument wat die klank van die noot G10 kan maak nie, dit word bepaal deur die meet van die frekwensie.

Kyk moenie ‘n fout maak nie, dit is definitief nie meer regtig mooi as daardie note letterlik van die klavier aan die anderkant afbliksem nie (ons sal nou nie ingaan op verduidelikings van vokale, falsetto, fluit registers ens. nie)… maar dit is ongelooflik. Ek dink BB sal kan getuig.

Toe lees ek natuurlik raak van die man wat die rekord hou vir die hoogste noot. Sy naam is Adam Lopez, en hy het sy rekord by die live Guinness World Record Show gebreek….

Kyk dis ongelooflik dat die man dit kan doen…. maar wat vir my MOER ongelooflik is, is die fokken perfect pitch man, wat ‘n noot kan verifieer wat nie op die klavier gespeel kan word nie?

OK, almal saam… WTF!

21 Responses to “Vrydagskool….WTF101”

  1. meermin Maart 5, 2010 at 8:25 vm #

    Speel jy ook orrel, klavier, keybord een vraag waar is die asus4 noot❓ Ek het gekom tot by Graad 3 toe stop ek, nou weet ek nie eers meer hoe om te sit voor ‘n klavier nie, kitaar kan ek nie eers meer vashou nie!

    Lekker naweek vir jou!

    • demoerin Maart 5, 2010 at 8:37 vm #

      Ooo, ek wens ek kon! My eenvinger tokkel sal ek nie speel noem nie.
      Ek kan note lees ja, en my oor issie te bad nie.

      A sus4 klink soos ‘n kitaarakkoord?

  2. ekisanna Maart 5, 2010 at 8:38 vm #

    Sal moet wag tot ek by die huis is om te luister. Hier kry ek net GPRS en sal vir ure moet wag om te download.

  3. Charms Maart 5, 2010 at 9:53 vm #

    WTF WTF WTF – die perfect pitch man – die ou hou definitief van screamers.

    • demoerin Maart 5, 2010 at 10:34 vm #

      Ek skud nog steeds net my kop.

  4. Xena Phoenix Maart 5, 2010 at 10:08 vm #

    Ek wonder op watter pitch kom die Bee Gees uit?

    • demoerin Maart 5, 2010 at 10:35 vm #

      Sekerlik iewers in die falsetto register… weet nettie waar nie😆

  5. Flintie Maart 5, 2010 at 10:32 vm #

    Wtf….

    dmi, jy skryf oor die weirdste dinge somtyds, moer interisant!

    • demoerin Maart 5, 2010 at 10:36 vm #

      Alles altyd dinge wat my interesseer… ek het ‘n wye en weird belangstelling….

  6. Flintie Maart 5, 2010 at 10:36 vm #

    Flip daai noot wat die ou sing is moer hoog, lol @ ” Is all intact”

    • demoerin Maart 5, 2010 at 1:09 nm #

      😆 Jy het mos gesien op die video.. confirm die aanbieder.

      • demoerin Maart 5, 2010 at 1:14 nm #

        Ek het ook eers daaroor gewonder.

  7. BB Maart 5, 2010 at 12:05 nm #

    Cool info! Maar DMi jy gee my nogal meer credit as wat my toekom mbt musiek kennis – veral met die oktaves en ranges etc… al wat ek weet is dat ek ‘n Alt/Tenor stem het – dat ek baie beter feature as harmony singer as solo sanger – m.a.w my oor is baie beter op die ‘duskant’ ingestel – selfs wanneer ek toonset, ‘hoor’ en sing ek al die harmony ook saam – somehow het ek daarvoor ‘n ‘knack’ – ek is ‘n onwillige lead solo sanger – maar ek weet een ding: ek kan ‘n ander stem met my alt harmonies nogal mooi aanvul – perfect pitch in my range beslis – ek mag net nie bo C4 probeer uitstyg nie – dis om van die ko… eeeehhhmmm… huil:mrgreen:

    • demoerin Maart 5, 2010 at 1:11 nm #

      😆 Net so duskant die deskant?

      • BB Maart 5, 2010 at 1:30 nm #

        😳 toe ek dit tik toe’s ek reeds nie meer seker nie… ek het maar in die duitse skool grootgeword, jong – en dis nou een van daai woorde: “deskant” wat altyd lyk of dit verkeerd gespel is of net nie ‘hoort’ nie🙄
        Vistaa’ djy??😕
        (Ek sal dit wragtig nooit weer vergeet nie! Promise!!)

        • demoerin Maart 5, 2010 at 2:03 nm #

          😆 El spot sommer net… daar is selfs mense wat diskant (wat dalk reg is) want miskien is dei ingels deskant ?

  8. Girl van die Suburbs Maart 5, 2010 at 1:47 nm #

    Jislaaik! 😯

    Nevermind die ou wat so hoog kan sing… die ou wat kan hoor waar op die toonlere is bevange!!!!! 😛

    • demoerin Maart 5, 2010 at 2:04 nm #

      Stem ek… Perfect Whistle Pitch. Ek wil dit ok hê!

  9. Gogga Maart 5, 2010 at 1:53 nm #

    WTF…. Ek stem saam met GvS dit was baie meer impressive. Ek het my oorfone aangehad vir die vrou se stuk en my ore het vir ;n paar uur daarna ngsteeds gelui soos kerk klokke.

  10. Twilight Maart 5, 2010 at 4:03 nm #

    Sjoe!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: