Wonder ek nou so vanoggend toe ek ‘n Taxi soos ‘n maniak sien ry. Watter invloed het hierdie gebeurtenis, die taxi wat so kak bestuur, op jou onderbewuste as jy die produk wat op die taxi geadverteer word iewers raakloop? As Omo waspoeier daarop geadverteer was, gaan jy onbewustelik eerder na die Sunlight rek as jy voor die rak staan?
As jy nou as Lions ondersteuner, elke week jou bloeddruk opgejaag kry want hulle kan net nie wen nie, en daar is Windhoek Lager advertensies gedurende die game en in halftyd, maak jy onbewustelik ‘n verbintenis tussen daardie kak gevoel en Windhoek Lager?
Advertisements
Blêddie goeie vraag….. Maar ek like steeds KFC – of die KFC-You-Soon-Taxi nou soos ‘n poepol ry of nie – sommige dinge kan advertensies net nie regkry nie! 😉
GELUKKIG!
Ek dink egter ons Suid-Afrikaners sien net TAXI – dan rooi – en niks anders nie….. al goeie Taxi is die een met die netjiese advertensie langs die pad, UIT DIE PAD UIT – daai is ‘n goeie advertensie Taxi!
Seker ok maar waar….
Hmmm… weetie…. So gepraat van rugby…
Maar hoe vrekken cool is dit dat die Bulls bo aan die log is en hulle het nie eers die naweek gespeel nie? 😯
fan-bloody-tastic!
Cool nê????
Bulls . . .. . kots
Kan ‘n advertensie regtig iemand oortuig om iets te koop? Ek is dol oor die Windhoek Lager keep it real advertensies, maar dit beteken nog lank nie dat ek sal bier drink nie.
Al taxis wat ons hier by ons teekom is die in die hoofstraat oppad Pietersburg toe of terug GP toe en ons het al slim geword en vermy die hoofstraat
My innige met julle daar in die ander Suid-Afrika!
Ek dink ons is al gewoond daaraan… en DIT is scary.
My seun en sy pels wil ‘n band begin – hulle het besluit die naam moet ’emergency exit’ wees, want dit staan klaar agter op allie taxi’s … hoe’s daai v free advertising? 😆
En o ja – die Bulle bly tops! 😉
Ek hoop hulle gaan dit darem reg uitspreek Cupcake : “Iemmêdjinsie”…
Maar ja, vir ad doeleindes is dit bef…vonk slim 😉
Emergency Exit is eintlik ‘n flippen cool naam virre band.
Dis nie die bier nie – dis die span wat die bitter smaak gee….oorlat jy die verkeerde span ondersteun!!!!!
GO CHEETAS!!!!
Gelukkig ondersteun ek die Bulls!
Ek kan nie onthou dat ek hier al ‘n taxi met ‘n advertensie op gesien het nie, dalk omdat ek hulle ten alle koste probeer vermy. Hier is wel een wat een of ander “band” se naam op het en al hoekom ek dit onthou, is omdat die hele taxi so pienkerig is! 😆
😆 Ek het vanoggend amper ‘n metropolitan een van die pad afgery.
My bloed kook as ek sien hoe ‘ n taxidrywer nie soos ‘n gewone mens in ‘n ry kan staan nie, what’s up with that? Het die mense nie geduld nie?
Vanoggend neem een van daai nuwe van’s ‘n draai baie skerp en ek wou nog die drywer vloek toe onthou ek, ek is in die hartjie van Hillbrow en dalk is dit nie ‘n goeie idee nie…. En toe hy so voor my weg spin toe sien ek agter op sy ruit… “The Lord is my shepard… I will not fear” So ewe met ‘n skaap ook nog op…
WDH? 😕
Ja, maar hulle het soos wat hulle ry ekstra beskerming nodig.
Relax. Geen hoeveelheid swets of biets gaan die situasie ooit verander nie. Jy maak jouself net moeg en verkort jou lewe. Taxi’s gaan nie weggaan of wonderbaarlik law abiding citizens word nie.
Trap maar die briek, pak ‘n stel pearly whites uit en laat hom op sy pad gaan.
Ek weet dit help nie om my arms te swaai… en my vingers te verrys nie… MAAR, maak dit verskil in my oordeel van die produk?
Jis ek weet nie ou. As ek hou van KFC gaan ek KFC eet. Maak nie saak of hulle dit teen die agterkant van die kleinhuisie se deur adverteer nie.
😆 Point taken…