Laaste Dans

10 Mar

Laaste Dans

Ek het saam met arende gesweef op die maat van All These Things That I’ve Done, daar agter die Michelangelo op die horison, tussen die ligoranje wolkies. Die val aarde toe was skielik en pynlik. Terug in my kar in die verkeer werp my gedagtes weer herinneringe voor my voete. Eens gelukkig, nou pynlik seer. Onthou jy nog die aand daar by Topaz in Vermeulenstraat? Die massiewe dansbaan en die Strausswalskeurspel? Hoe ons om en om getol het totdat ons in ‘n hopie in die middel van die vloer opgeeindig het. Die ander se bekommernis en ons uit-die-maag skaterlag?

En dan swets ek weer my gedagtes wat my telkemale een van hierdie hartseerkaarte in my bestaan indeel. Wat my elke keer weer herinner aan die geluk wat uit my toekoms weggeskeur is. Wat die wond weer oopmaak waar jy uit my hart uitgesny is, en dit laat bloei oor die illusie van nuutgevonde geluk. Al wat elke keer verskil is die genesingsperiode. Die lewe is nie altyd regverdig nie. Maar sekerlik het dit met welvaard en aansien en ander materiële te doen? Sekerlik moet mens kans gegun word om te beplan. Om die kalender te vat en langs datums neer te pen: Laaste Fliek en Laaste Piekniek en Laaste Lag en Laaste Soen en Laaste Dans.

Dit maak nie saak hoe ek hierdie foto vashou of draai nie, daar is geen kans vir daardie Laaste Dans nie. My herinneringe is net so onregverdig soos die lewe.

Advertisements

28 Responses to “Laaste Dans”

  1. Girl van die Suburbs Maart 10, 2010 at 7:43 vm #

    Ek is speechless want ek weet dit maak nie saak wat ek gaan se nie… daai roue seer sal elke dag nog vars wees wanneer die son weer opkom en jy begin onthou na die nag se vergeet.

    Ek verstaan en dink aan jou.

    • Girl van die Suburbs Maart 10, 2010 at 7:48 vm #

      maar ek wil tog vir jou vra / herhinner / se…. daai een ding wat my rooi-boos maak as iemand dit vir my se, maar tog weet ek hulle is reg….

      Moet nie ophou lewe nie. Gun jouself weer die kans om lief te wees.

    • demoerin Maart 10, 2010 at 8:33 vm #

      Gelukkig is die seer-onthou kere baie minder as die lekker-onthou kere, maar partykeer kan dei simpelste gedagte jou platslaan.

      • Girl van die Suburbs Maart 10, 2010 at 8:47 vm #

        Jip!

        Gelukkig is jy jou ma se sterk baba… Eendag sal jy opstaan en selfs die simpel triggers sal weg wees en dan onthou jy net met ‘n smile…. Wel… So hoor ek van die slim en wyse mense… Ek self wag nog daarvoor!

  2. ekisanna Maart 10, 2010 at 8:38 vm #

    Ek het gelees en nie geweet wat om te se nie en toe het ek weer gelees en ek weet nog steeds nie wat om te se nie. Ek ken natuurlik nie jou geskiedenis nie, so ek is half bangerig om dalk die seer erger te maak, maar wat ek self geleer het is dat die pyn nooit heeltemal weggaan nie, maar dit word beter. Sterkte jong.

    • demoerin Maart 10, 2010 at 9:39 vm #

      Partykeer kan net die simpelste ou goedjies memories trigger, en partykeer kan jy glimlag daaroor, maar ander kere is dit net nie lekker nie.

      Dink ook al hierdie gepraat deesdae van crime en briewe en dit laat mens net meer daaraan dink.

  3. koeksister Maart 10, 2010 at 8:39 vm #

    (((Demoerin)))

  4. Charms Maart 10, 2010 at 10:46 vm #

    Ek het hierdie vroeër vanoggend gelees, weggegaan, en weer kom lees. Dis ‘n seer wat nooit verdwyn nie. Die onthou hou nooit op nie. Die triggers gebeur maar nog al die tyd. Mens aanvaar dit nooit, jy leer net daarmee saamleef. Dis nie dat ons nie aanhou leef nie, en ons leef ook nie in die verlede nie – dit is deel van ons lewe, van ons onthou, van ons geluk, van ons alles. Nou maak ons net nuwe memories met ‘n hap uit ons harte.

  5. Dellie Maart 10, 2010 at 11:15 vm #

    Ek kan ook maar net ‘n drukkie gee … ((DMI))

  6. PlaasJuppie Maart 10, 2010 at 1:12 nm #

    ‘n Mens dra dit wat vir jou kosbaar is in jou hart en in jou gedagtes. Of dit daai spesiale iemand is, of ‘n lewensdroom of selfs ‘n troeteldier, wanneer dit eendag sommer net ophou bestaan los dit ‘n gat in jou hart, want dit was deel van wie jy is.Jy kan dit nie sommer net afsny nie.

    Die gat maak jy weer met tyd vol met ander goed, maar ‘n klein deeltjie daarvan sal altyd leeg bly ter herhinnering van wat daar moes gewees het. Dit is daardie herhinneringe wat soms op die mees ongeleë tye opduik en soos ‘n warm yster in jou borskas opdruk. Dit is deel van wat ons mens maak, die sonskynkolle maar ook die skaduwees.

    Giggel vir die snaakse goed, pink ‘n traan as die onthou te seer is maar moet nooit, maar nooit die gevoel onderdruk nie. En fokus op die goed wat jy wel gedoen het, eerder as dit wat jy nie gedoen het nie. Niks wat jy nou doen kan die verlede verander of ‘n lewe terugbring nie, maar dit kan wel jou toekoms beinvloed.

    Die kwaad sal weggaan tot net die deernis oorbly, as jy dit toelaat. Strongs ou bees

    • PlaasJuppie Maart 10, 2010 at 1:14 nm #

      Sjoe, dit klink vir my nou skielik baie erg na preek. Dit was nie die bedoeling nie.

      • demoerin Maart 10, 2010 at 1:43 nm #

        Ek wou net my kisklere gaan aantrek.
        Toemaar, selfs preke word waardeer.

  7. Skoenlappr Maart 10, 2010 at 2:00 nm #

    DMI, ek is ook daar waar jy is. NOU.
    Ek is ook ‘verlaat’ sonder waarskuwing … ‘When the song ended, the one in my arms let me down’.

    Na 10 maande is ek stukkend nog, ek huil nog. Hy het so pas (Sat wat verby is) Pretoria toe verhuis, sonder om koebaai te sê. Fisies bedoel ek. Hy’t ‘n sms gestuur, hy’t gevoel dis beter so want ek is nog te seer. Ek huil nou terwyl ek hier vir jou skryf, want jy stel dit so mooi.

    Ek dink nie die seer gaan weg nie. Nooit. Nes alles in die lewe, leer jy om daarmee saam te leef. M.a.w. jy verdra dit later. Dis soos om ‘n tattoo te kry … jou brein blok later die irriterende pyn uit. En jy verdra dit later.

    En ek dink nie ek sal ooit weer so liefhê nie. Ek kan dus met eerlikheid verklaar “Dirk Hanekom, my memory of love will be of you”

    Strongs my materki.

    • demoerin Maart 10, 2010 at 4:43 nm #

      Yip, dissie lekker nie, en dalk erger omdat hy nog daar is?

  8. Sonkind Maart 10, 2010 at 3:40 nm #

    Ai DMI, ek het nie woorde nie, ek wil maar net sê ek was hier. Tyd maak wonde gesond, maar die letsels bly altyd. En dis daardie letsels wat ons karakter vorm. Sterkte.

    • demoerin Maart 10, 2010 at 4:45 nm #

      Eintlik is ek fine daarmee. Partykeer is dit net nie lekker om aan die onaangename kant te dink nie. Veral nou meer as 4 jaar later wat dit blyk die regering wil nog steeds nie juis veel aan crime doen nie.

  9. boerinballingskap Maart 10, 2010 at 4:34 nm #

    Jy gaan baie keurig om met woorde. Mooi geskryf! (En snaaks dat dit so dikwels die seerste seer is wat magiese woorde skep)

    • demoerin Maart 10, 2010 at 4:48 nm #

      Yip, want dit is dinge wat jy gevoel het. Geleef het.

      • Mefri Maart 11, 2010 at 10:28 nm #

        Ek stem, dis wanneer jou siel deur jou vingers drup.

        Pragtige stuk hierdie Demoerin, ek het dit sakdoek in die hand gelees, ek proe jou seer; dis rou.

  10. Skoor Maart 11, 2010 at 11:44 vm #

    As ek geweet het dis die laaste keer
    dat ek jou aan die slaap sou sien raak,
    sou ek meer moeite gedoen het
    om jou warm toe te maak.
    As ek geweet het dis die laaste keer
    wat ek jou by die deur sien uitloop,
    sou ek jou gedruk en gesoen het –
    en jou teruggeroep het vir nog ‘n drukkie.
    As ek geweet het dis die laaste keer
    dat ek jou stem sou hoor,
    sou ek dit op band op geneem
    het sodat ek dit weer en weer kon speel.

    • demoerin Maart 11, 2010 at 3:26 nm #

      Nee man, wil jy ‘n tranevloed hier veroorsaak!

  11. rosalindfranklin Maart 11, 2010 at 5:05 nm #

    Sjoe, baie treffend geskryf, al is dit so seer.

  12. Sharpshoot Maart 12, 2010 at 12:35 vm #

    Tjom, ek weet nie wat gebeur het nie – maar die seer is duidelik. Ek dink ek kan aflei wat gebeur het as jy so van die crime praat – en ek hoop ek is verkeerd. Ek stuur sterkte Tjom, is al wat ek kan stuur. Ek dink vanaand aan jou. En ek stuur ‘n Liewe Jesus Sag en Teer, sien op DMI, U kindjie neer.
    Good luck.

  13. Chopper Maart 12, 2010 at 12:40 vm #

    Strongs DMI.

  14. Alta Maart 12, 2010 at 4:19 vm #

    (((Demoerin)))

  15. demoerin Maart 12, 2010 at 6:41 vm #

    Weet julle. Eintlik is ek fine, ek dink. Dis net partykeer is daar klein dingetjies van herinneringe trigger, en daardie herinneringe is nie elke keer happy nie, hulle is soms sad ook.

    Partykeer voel dit 20 jaar terug, partykeer 10 of 5, anderkere soos gister. Dis die lewe… maar die belangrikste les bly steeds – LEEF, want die lewe is kort, en jy beheer nie jou tydgleuf nie.

    • ekisanna Maart 12, 2010 at 7:59 vm #

      DMI, ek het weer hier kom lees en alhoewel ek jou nie regtig ken nie, dink ek jy is ‘n besonderse mens met meer wysheid as selfs ou Rusta. Ek glo jy sal “LEEF” en in die oortreffende trap, want jy het dit in jou. Sterkte man!

  16. johanna79 Maart 16, 2010 at 7:25 vm #

    shoe!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: