Dit maak my hartseer….

8 Apr

Ons bly in die mooiste land op hierdie aardbol. Ek kan myself daagliks verlustig in van die mooiste sonsopkomste en -ondergange sonder om kilometers uit Jozi uit hoef te ry. Ek is trots op my land, maar kan nie verstaan hoe so ‘n pragtige land soveel lelik kan huisves nie?

‘n Bietjie verdraagsaamheid kan baie vêr gaan. Dit kan aansteeklik wees. Dit vereis nie saambraai of saamdans of kersligetes nie. Dit vereis wedersydse respek vir jou mede Suid-Afrikaners. Die probleem is dat daar bitter min optredes is wat wedersydse respek verdien.

Miskien vereis dit saamsing? Miskien moet iemand ‘n lied skryf wat ons kan saamsing oor die “nuwe struggle”. Die nuwe struggle tot verdraagsaamheid en respek. ‘n Lied oor hoe ek respek van my mede-landsburgers kan verdien. ‘n Lied oor hoe ek ‘n Eersteklas Suid-Afrikaner kan wees.

‘n Lied geskryf deur die mense, vir die mense, sonder enige politieke inmenging. ‘n Lied waardeur ek met trots kan struggle. Elke dag gebeur daar dinge wat ons ‘n stappie terugneem…. die toejuig van twee moordbeskuldigdes en die sing van Die Stem en die sing van “Kill the Boer” en en…..

Dit het ontaard in ‘n moddergooiery. As jy dit doen gaan ek dit terugdoen. Ek dink daar is meer volwasse kinders in kleuterskool.

Partykeer as jy die mindere is, bewys jy eintlik jy is die meerdere, en nie noodwendig die swakkere nie.

23 Responses to “Dit maak my hartseer….”

  1. Xena Phoenix April 8, 2010 at 9:39 vm #

    Lyk my jy kan vlieg!😉

    Ek stem 120% saam met jou. Almal hoop dit is wat die sokker gaan doen.

    Ek dink daar is n groep mense wat op die negatiewe floreer. Sad . . . Baie sad.

    • demoerin April 8, 2010 at 12:36 nm #

      Yip, nie happy as daar nie iets is om oor te kla nie.

  2. PlaasJuppie April 8, 2010 at 9:50 vm #

    Wonder ek nou in my stilligheid wat sou gebeur het as daai groep AWB’s skielik saam met die ander groep ingeval het en die (nuwe) volkslied gesing het.

    Almal wil reg wees, terwyl almal eintlik net moet wees.

    • demoerin April 8, 2010 at 12:38 nm #

      Maar dit kan ons net wonner PJ, want nooit sal dit gebeur nie…. ook sad, but true.

  3. Charms April 8, 2010 at 11:12 vm #

    Ja, dis tragies. Verdraagsaamheid is blykbaar nie ‘n opsie nie.

    • demoerin April 8, 2010 at 12:41 nm #

      …. en eintlik moet dit net wees…

  4. Dellie April 8, 2010 at 12:04 nm #

    Ek gesels die annerdag met iemand – en hy sê toe vir my dat hy hierdie song sou kies as ‘n volkslied vir ons as dit in sy hande was …

    En toe ek dit sit en luister, kom hierdie hartseer oor my – ek dink ek weet hoe jy voel.😉

  5. Vlam April 8, 2010 at 8:40 nm #

    Ag ja. Dis ‘n sad, sad storie. Net toe ek mooi begin glo in die Reenboognasie… 😦

    • demoerin April 9, 2010 at 6:44 vm #

      En ek is sat vir sad wees…. hoekom kan dit nie beter wees nie?

  6. ekisanna April 8, 2010 at 8:55 nm #

    Ek stem saam met jou DMI. Ons het hierdie pragtige land en net soveel pragtige mense, maar ons word amper gedwing om vas te kyk in alles wat lelik is. Dit is die grootste tragedie.

    Iemand, ek dink amper dit was HerrieMerrie (ekskuus as ek die verkeerde persoon beet het) het hierdie aanhaling an Ghandi op haar blog gehad: “An eye for and eye makes everybody blind” (ek hoop ek het dit reg) en dit is so baie waar.

    • demoerin April 9, 2010 at 6:43 vm #

      Yip, ekke het ook daardie eye for an eye ding gelees, en dit is BAIE waar.

  7. Girl van die Suburbs April 9, 2010 at 8:52 vm #

    Allo!😉

    Die ironie is…. Die ver regses en die ver linkses gaan vir baie lank nog nie saam marshmellows om dieselfde kampvuur braai nie.

    Dis tweesyds en daar le nog vrek baie werk voor aan albei kante! 😐

    • demoerin April 12, 2010 at 7:01 vm #

      Wel. agter dieselle tafel is seker al ‘n begin….😆

  8. Andrew April 9, 2010 at 10:11 vm #

    Dit is so, ons bly in ‘n baie mooi land en ons moet konsentreer op die goeie. Byvoorbeeld, die Wereld Bank het ‘n Eskom lening goedgekeur om die 4de grootste steenkool stasie ooit in die wereld te bou. Die addisionele besoedeling sal sorg vir pragtige sons ondergang fotos.

    • ekisanna April 10, 2010 at 6:32 nm #

      :mrgreen: Hierdie is nou wat ‘n mens noem “A sting in the tail!😉

      • Andrew April 11, 2010 at 10:04 vm #

        Daai spesefieke berig het my bloed van super na hieper stoom laat verander. Eskom kan die hele projek gerus laat vaar en my borrelende bloed gebruik vir krag opwekking. Voer my net een Julie-jas berig per dag om my kern temperatuur konstant krities te hou.:mrgreen:

        • demoerin April 12, 2010 at 7:03 vm #

          Yip…. ek dink al hoe meer ek moet maar begin oefen aan skrywery en verwery en houdwerkery dat ek in die karoo kan gaan bly…..of dalk die kalahari… so iets.

          • ekisanna April 12, 2010 at 9:04 vm #

            So ‘n spitsdag huis met sulke diep stoepe reg rondom en ‘n paar peper- en bloekombome vir koelte. Moet nie die sementdam langs die windpomp vergeet nie. Niks koel af soos ‘n sementdam op ‘n warm Karoo somersdag nie… en in die nagte die misterieuse glans van die volmaan oor die bossies, klippe en rante…. Ag, ek gaan sommer saam trek Karoo toe!

          • demoerin April 12, 2010 at 10:26 vm #

            Eish… na daardie beskrywing is ek al besig om tasse te pak.

      • Louwie April 13, 2010 at 10:27 nm #

        Eintlik `n sting op `n baie meer sensitiewe plek as die stert:mrgreen:
        Vertrou op ons vriend Andrew om altyd die silwer randjie om die donker wolk te sien😀
        Ek laai solank my kammera se battrye.

        • demoerin April 14, 2010 at 7:04 vm #

          😆 Met die besoedeling gaan die foto’s seker almal so bietjie dowwerig lyk?

  9. anne-marie April 10, 2010 at 6:10 nm #

    Amen, Andrew

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: