Amper bly ek toe in iewers….

15 Apr

“Nou sal jy vir my kan sorg” is gelukkig hoe dit geeindig het, en daar gebly het. En dit nadat ek al hoeveel movies gesien het oor die kak wat kan gebeur as jy suip in Las Vegas. Nou Kaapsehoop is nie Las Vegas nie, maar is so klein dat ek seker is die Dominee opgeklop kan word.

Dit het alles begin by ‘n Sondagoggend rit vanaf Waterval Boven na Kaapsehoop on ontbyt te gaan eet, bietjie rond te drentel (want die dorpie is moer klein) en dan terug te kom in Boven om nog ‘n paar kranse te klouter. Dis nie eintlik waar dit begin het nie, dit het al 2 dae vroeër begin en daar is baie alkohol en rugby betrokke. En ek het nie genoeg vingers op my hande om die kere te tel vat ons amper sak-en-pak met tente en al by die terrein uitgebliksem was nie, maar dis ander stories vir ander tye.

Nou kyk, toe ons in Kaapsehoop by die skattige plekkie plek inneem, wat sommer double as restaurant en kroeg, en ek die geroeste kar op die dak gesien het, moes ek eintlik dadelik geweet het hier kom kak, nie dit wat op die bord voorgesit word nie…. maar emmers oor jou kop uitgebliksem. Picture jou kar sonder remme teen die Longtom af en daar onder isse moerse sinkgat wat deur die rioolplaas gevoed word. Ons praat hier enorme proporsies.

Nou ja, geen ontbyt is natuurlik ‘n ontbyt sonder ‘n paar biere en ‘n shootertjie of twee nie. Die kos (so lekker as wat dit was) het so lank gevat om te arriveer dat ons begin dink het die kampterrein in Waterval Boven het hulle gou-gou gefaks en gevra om ons bietjie daar te hou vir die dag ter will van een dag se rus-en-fokken-vrede vir die ander kampers. so ons het tyd gehad om meer as een bier en shooter te nuttig in afwagting vit ontbyt.

Met die magies vol het ons die straatjies vir ‘n wandelingtjie aangedurf en so bietjie oor die veld gehardloop en by die kroeg aan die einde van die straat ingegaan en ‘n klompie (ek dink dit was 7 of 8 ) mense by ‘n telefoonhokkie ingepas en so aan…

Nou ek dink die fout wat ons gemaak het was om die karre voor Salvador Main Street Bistro te los, wat beteken ons moes teruggaan, en soos dit enige goeie en verantwoordelike reisiger betaam moes ons gaan vir ‘n loopdop en ‘n piepie want Waterval Boven is mos nou ‘n uur weg…. en dit is hier waar die kak toe nou begin.

Kyk, toe ons nou eers agter daardie kroeg inskuif en die locals met ons wonderlike teenwoordigheid seën was daar net een pad, afdraende aand se kant toe. Kyk ek glo nie daar is ‘n persoon in daardie dorpie wat toe nou nog nie van die groepie weet nie, en aangesien Maandag vakansiedag was, was die kroeg sommer vinnig gepak en word daar lekker gekuier.

Dis toe nou omtrent so 9 ure in die daglig in wat ek langs die dame (eintlik ‘n tante) opeindig met my bier in die hand en ons (en haar boyfriend langs haar) lekker aan die geselse gaan. Sy is weduwee en haar man is so paar jaar terug oorlede. Sy run die besighede in Nelspruit vanuit Kaapsehoop en so aan. Nou kyk, jou onderbewussyn is ‘n lelike ding. Op die snaaksste tye gooi hy mos nou dinge op die tafel waaroor jy dink en somtyds wonder en wens. Die lewe op die plaas of ‘n klein dorpie. Hemelse drome. En doop hom nou nog met alkohol die hele dag en jy is definiteif besig om met ‘n lighter by ‘n petroltenker ongeluk te speel. HKGK.

En ek dink dit is toe my brein nou die gedagtes probeer orden dat Verantwoordelikheid en Rede besluit om my liggaam te verlaat… soos in dadelik. Hulle weet wanneer stront aan die kom is… maar sal ook nie te ver wegbeweeg nie, en bly so hover bo my linker skouer, want hulle wil darem ook die kaskenades aanskou.

Nou kyk, teen hierdie stadium weet ek toe nou al alles van die verskillende suksesvolle besighede af en dat daar geen kinders is nie en dat sy in hierdie oulike dorpie woon…. maar om een of ander rede het my gesuipte brein die hele tyd verkies om die feit dat sy alreeds ‘n boyfriend het, en hy daar langs haar sit, te ignoreer.

Verantwoordelikheid en Rede het teen hierdie tyd al die popcorn nadergeskuif want hulle kan sien teen watter spoed my brein besig is om idees en berekeninge rond te gooi. En ek dink die finale spyker in die kis was daardie laaste Tequila, want toe ek hom eers teruggegooi het het my bliksemse, dronk alterego sy verskyning gemaak… die tannie in die oë gekyk en gesê:

“Jy is ‘n weduwee, en ek is single. Al wat ek wil weet. Nou sal jy vir my kan sorg?”

26 Responses to “Amper bly ek toe in iewers….”

  1. Charms April 15, 2010 at 8:08 vm #

    Wee jy, ek het al agtergekom as ‘n mens nou daai spesifieke ontbyt nuttig, daar net moeilikheid kan uitbroei. Miskien moet jy hierdie tipe ontbyt net ‘n bietjie aanskuif na middagete.

    Ten minste word jy dan (met die gebrek aan Verantwoordelikheid en Rede) ‘n liefdevolle siel en ek is seker die tannie was baie gevly.🙂

    • demoerin April 15, 2010 at 8:22 vm #

      Sy wasse BAIE sexy tannie daai (so in haar 50’s) sou ek skat… very well preserved…😆

  2. Flintie April 15, 2010 at 9:16 vm #

    Ek is geskok tot in my murg, 50 is bietjie TE experienced vir jou tjom, maar dit kom nou van sulke volks vreemde breakfasts….

    Jy nie die wilde perde afgeneem op KH nie?

    • demoerin April 15, 2010 at 9:24 vm #

      Ek het hulle afgeneem… baie cool.

    • anne-marie April 15, 2010 at 12:05 nm #

      Hey Jy – 50 is die nuwe 30!

      DMI – het sy geantwoord? 😈 😆

      • demoerin April 15, 2010 at 12:26 nm #

        Ek dink ek is toe net daarna weggelok met nog alkohol….

  3. Xena Phoenix April 15, 2010 at 9:29 vm #

    WAt was haar antwoord? 😆

    Ek wil nou nie die spoilsport wees nie, maar is julle nie bang om die rotse uit te klim na ‘n paar biere en ‘n paar shooters nie?

    Ek sal dit nie eers dood nugter doen nie. Het julle dalk die biere nodig vir moed?

    • demoerin April 15, 2010 at 9:33 vm #

      Sien dit gaan alles oor vertroue in die een wat belay. En as almal ewe dronk is bly die vertroue mos op dieselfde vlak… so maklik soos dit.

  4. Skoor April 15, 2010 at 10:54 vm #

    En na die trippie is jou voortande nog jou eie? Of het boyfriend bloody knuckles??

    • demoerin April 15, 2010 at 11:15 vm #

      Almal was heel civil… een van my ander vriende was besig om sy aandag af te trek met ‘n diep gesprek (soos net dronkies dit kan doen).

  5. Emil April 15, 2010 at 11:19 vm #

    Troudatum?

  6. kaalvoetinireen April 15, 2010 at 1:26 nm #

    Wens ek kon dit aanskou, veral die uitdrukking op haar gesig na die groot “kan jy vir my sorg?” vraag! Whahahaha!

    Ek het ook eenkeer in Boven gekuier vir ‘n naweek en ons is wakker gemaak met shooters, nevermind die koffie…

    • demoerin April 16, 2010 at 6:46 vm #

      Ek dink dit het iets met die vars hoëveldse lug te doen…. koffie is nie groot daar nie😆

  7. Dellie April 15, 2010 at 2:22 nm #

    Whahahahaa! Alkohol laat mens vreemde, vreemde dinge doen …😆

    Dit klink of julle groot pret gehad het!

    • demoerin April 16, 2010 at 6:47 vm #

      Dalk TE veel pret Dellie…..

  8. Johan Swarts April 15, 2010 at 9:00 nm #

    lolololol! wat het sy gesê?

    • demoerin April 16, 2010 at 6:47 vm #

      Ek weet nie…. ek is weggelok met die belofte van nog alkohol😆

  9. Olga April 15, 2010 at 9:08 nm #

    het julle nie spoke gejag in kh nie? what a waste.

    • demoerin April 16, 2010 at 6:48 vm #

      Uh-uh, ek dink die spoke het binnenshuis gebly, want hulle het geweet wat goed is vir hulle.

  10. Girl van die Suburbs April 16, 2010 at 11:49 vm #

    Ek dink daai tannie het jou klomp bierbotteltjies so gekyk en het gedink… Hmmmm…. rather not x Duur storie om te onderhou!😉

    • demoerin April 16, 2010 at 3:16 nm #

      uh-uh… ek vra net room en board…😆

  11. Charms April 16, 2010 at 1:24 nm #

    Ek sit al die hele dag in hierdie klas maar het blykbaar nie die nota gekry nie……. Is dit nog skoolvakansie? Waar is Vrydagskool?

    • demoerin April 16, 2010 at 3:16 nm #

      Skool is volgende week terug.

  12. Louwie April 18, 2010 at 8:46 nm #

    Kaapsehoop is `n cool plek. Hoop jy het die begrafplaas besoek. (wel, amper het jy, as daai boyfriend jou beet gekry het):mrgreen:
    Maar jy is op die regte koers, man moet iemand kry wat vir hom kan sorg. Om arm gebore te word is nie jou skuld nie, maar om arm te trou is baie dom😀

    • demoerin April 19, 2010 at 6:38 vm #

      😆 Presies!
      Ek het nie die begraafplaas besoek nie… maar mens het mos ‘n verskoning nodig om weer terug te gaan?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: