MyAfrikaans+JouAfrikaans=OnsAfrikaans

19 Apr

Die taaldebat is die laaste ding waaraan ek wil deelneem, om verskeie redes. In die eerste plek word die gesprekke dikwels gevoer deur geleerdes en taalkundiges wat in elke geval praat en skryf in Afrikaans wat ek nie verstaan nie. ‘n Ander rede sal wees dat die lewe by jou verbygaan as jy jouself ophou met onbenullighede. ‘n Verdere rede sal wees dat die gesprekke en debatte die hele tyd op dieselfde negatiewe trant voortdonder: Die indruk dat Afrikaans besig is om uit te sterf.

Ek sou graag die volgende wou sien:

Gooi julle breinkragte en taalvaardighede saam en fokus bietjie op die positiewe. Wys aan die mense die wonderlike kant van Afrikaans uit, die positiewe kant.

Toe ek op skool was het geen tiener Afrikaans geluister nie, nou is Kurt Darren die topverkoper in Suid-Afrika. Ek lees daagliks nog nuus en koerante in Afrikaans. Ek praat daagliks met kollegas by die werk Afrikaans. Daar is mense oral in dorpe soos Upington wat nie eers Engels verstaan nie. Ek blog in Arikaans. Ek lees daagliks ‘n hele gros ander Afrikaanse blogs. Facebook is in Afrikaans beskikbaar. Google kan selfs die Afrikaans vir oorseese lesers in Engels vertaal (wel soortvan 99% korrek)….

Ag tog, ek het skoon vergeet waarheen ek oppad was toe ek begin het. O ja, hoe wonderlik dit is om iewers te kom en ‘n uitdrukking te hoor, wat nie net van pas is as jy die toestand van ons paaie in ag neem nie, maar wat jy nog nooit gehoor het nie… en waar wil jy iets meer positiefs oor Afrikaans as dit kry: ‘n Taal wat groei.

My uitdrukking te dankie aan die mense van die Groen Kalahari is:

Die pad is so sleg, hy skud ‘n week se kos in een drol in

Het jy al iets nuuts gehoor wat vasgesteek het?

15 Responses to “MyAfrikaans+JouAfrikaans=OnsAfrikaans”

  1. Xena Phoenix April 19, 2010 at 10:54 vm #

    Ek gee net hier kennis dat ek baie hard dink aan ‘n voorbeeld. :mrgreen:

    • demoerin April 19, 2010 at 4:26 nm #

      En ek wag in spanning vir jou voorbeeld…..

  2. Charms April 19, 2010 at 2:55 nm #

    Ek het self ‘n hele aantal Afrikaanse CD’s alhoewel ek op skool niks wou weet van Afrikaanse musiek nie. Ons taal blom nog en geen onkruid gaan die blommeprag vernietig nie. Hulle negatiewe houdings kan maar vir hulself gehou word. Mag die voorspoed ons verveel🙂

    • demoerin April 19, 2010 at 4:26 nm #

      Presies… dit werk net soos met Dominees… preek oor die mooi van Christenwees, eerder as oor die helle vuur…

  3. anne-marie April 19, 2010 at 3:39 nm #

    Hy is so plat, ek kan hom onderdeur die deur skuif😆

    Afrikaans ROCK. Ek dink die akademici is nie besig genoeg nie👿

    • demoerin April 19, 2010 at 4:29 nm #

      😆 AM…
      Ek stem saam met jou oor die akadamici.

    • bloedbek April 19, 2010 at 10:36 nm #

      Ek stem ook saam oor die akademici. Afrikaans is woelig.

      • demoerin April 20, 2010 at 6:50 vm #

        Yip, woelig soos ‘n kleuter wat nog grootword!

  4. johanna79 April 19, 2010 at 10:07 nm #

    haha goeie een. In die opsig is ek soos oom oubaas op 7delaan, ek kry ook alewig my se goed op gemeng. Ellie se altyd sy is so honger sy kan ‘n kreupel kaf… Boi van sy fiets af eet… En sys so lui soos ‘n parkie ka… Boi… Sy se ook altyd sy mis jou meer as heidi haar oupa gemis het. Ons het so ‘n kleurvolle taal jy kan jou so goed uitdruk, k weet nie hoekom meer mense dit nie praat nie.

    • demoerin April 20, 2010 at 6:50 vm #

      😆 kreupel… bwaahahahaha

  5. meermin April 20, 2010 at 6:35 vm #

    GATSKOP LEKKER DAG VIR JOU!!

  6. Xena Phoenix April 20, 2010 at 10:00 vm #

    Ek ken iemand wat altyd se sy gaan gou ‘n paar marshmallows braai voordat sy kom. ‘n Twist op die ou vure doodslaan.

  7. Flintie April 20, 2010 at 6:06 nm #

    Afrikaans bly maar net lekker, of jy nou vloek of prys, dit rol oor ‘n mens se tong.

    • demoerin April 21, 2010 at 7:19 vm #

      Yip, vloek veral rol besonders lekker van die tong af….😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: