WEW….1212 van 2121

21 Apr

Ek wonder hoe gereed Suid-Afrika werklik vir ons SWC besoekers is. Ja die stadions is voltooi, en die Gautrain mag dalk gedeeltelik werk, en daar is restaurante en besigheidjies en hotelle en gastehuise wat soos mushrooms opspring en met gewronge hande en Joker-uit-Batman laggies sit en wag vir die dollars en ponde en euros om in te rol….

Alles goed en wel… maar gister in 1 radio nuusberig:

  • President Zuma praat by die opening van die nuwe terminaal by OR Tambo. Nou as julle onlangs daar was, hierdie lughawe is nou wêreldklas en lyk sommer spiekeries…
  • Net na die stukkie nuus word daar vertel van die munisipale stakers wat weer chaos in die strate van Pretoria an Boksburg bagelaat het met die omkeer van vullisdromme (Daar word vanoggend berig dat die staking dalk uitgebrei kan word om meer dienste in te sluit)

Vanoggend hoor ek die Taxi’s strike en hou ‘n optog na die uniegebou. Ek wonder hoe suksesvol die logistics gaan wees? Na aanleiding van die nuusberigte en die feit dat die unies Suid-Arika aan die SWC-Short-and-Curlies rondlei, wonder ek hoeveel van die wêreldbekende Suid-Arikaanses gasvryheid nog in die omtrek gaan wees teen die tyd wat die sokkergeesdriftiges begin opdaag?

Gaan ons nog ‘n greintjie vriendelikheid en gasvryheid oorhê, om hierdie geesdrigtiges in toekomstige toeriste te verander?

PS. Ek voel net ek moet byvoeg nadat ek dit weer vanoggend gehoor het… Hoekom, hoekom, hoekom (wonder ek nog steeds)…… moes Wyclef Jean soos ‘n gewonde bosbobbejaan gil (en ook nie net 1 keer nie) in Artists for Haiti se weergawe van We Are The World?

16 Responses to “WEW….1212 van 2121”

  1. Sharpshoot April 21, 2010 at 7:49 vm #

    Ek dink nie ons moet bargain op enige Return Tourism nie – hoor nou die dag van ‘n Amerikaner wat moan oor hoe duur dinge hier is…..
    Wyclef skree want hy kan nie sing nie. Dis cool omdat hy dit doen – volgens die wêreld….😉

    • demoerin April 21, 2010 at 8:42 vm #

      Maar ekke het hom al hoor sing… seriaaaas.

      • Sharpshoot April 21, 2010 at 8:59 vm #

        Was jy nugter?!😉

        • demoerin April 21, 2010 at 9:52 vm #

          Yip. toe hy nog deel van die Fugees was.

  2. Xena Phoenix April 21, 2010 at 9:26 vm #

    Waaroor kan die Vullisverwyderaars nog staak? Hulle het die jaar beslis al meer gestaak as gewerk. Ek stel voor dat hulle permanent staak en ander wat die werk wil doen aangestel word.

    • demoerin April 21, 2010 at 9:53 vm #

      Hulle moet mos ten minste een keer per jaar staak… in Pretoria sommer ten minste 2 keer…

  3. johanna79 April 21, 2010 at 9:27 vm #

    o, is dit wat dit was, ek dag hulle het oerwoud by klanke by gesit, dis geen manier om op ‘n wensdag oggend wakker te word nie…
    hulle se ook dat die laaste keer wat daar so ‘n aswolk oor iets gehang het het dit so vir ‘n jaar gebly… my vraag is, gaan die wolk binne 50 dae op klaar en wat van hierdie wilde weer van ons? reen son reen son hael son reen…

    • demoerin April 21, 2010 at 9:54 vm #

      Blykbaar hervat die vlugte vandag… maar blykbaar gaa Europa ‘n lang winter en kak somer hê (klink vir my heel normaal?)

  4. Girl van die Suburbs April 21, 2010 at 10:06 vm #

    Oeg… elke dag se trippie deur Hillbrow raak al hoe somberder!

    Die vullis wat daar ophoop is skrikwekkend en ‘n moerse health risk!

  5. NetJane April 21, 2010 at 10:57 vm #

    Ek het al wat kliënt is wat op my skree omdat nie hulle doks in die aktekantoor kry nie, maar ek kort doks van die stadsraad – fokkers. (die stadsraad, nie die kliënte nie…)

    Die aswolk moet nou mooi hang waar hy hang, ek vlieg Sondagaand en is nie lus vir sukkel nie, tensy hulle ‘n ontploffing van vulkaan Jane wil sien.😉

    Ek is egter vreeslik opgewonde oor die wêreldbeker. Gaan 7 games kyk. Blaas daai vuvuzelas!

    • demoerin April 21, 2010 at 12:27 nm #

      😆 Hulle seg hulle vlieg weer van vandag af.

  6. meermin April 21, 2010 at 12:38 nm #

    😉 lekker dag vir jou!

  7. meermin April 21, 2010 at 3:12 nm #

    gaan loer assssseblief in daar op my bloggie en vote vir juffie GROOOOOOOT assssseblief!!! Die foto waarvoor jy gaan vote is op my blog, gaan makliker wees met sms as wat jy op die net dit wil gaan doen, alhoewel jy is welkom om dit vanaf die net en sms te doen🙂 !!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: