Vrydagskool…DieTriangle101

23 Apr

Die Bermuda Triangle

Ek het laas jaar die Bermuda Triangle opgespoor. Is true! Kyk, daar was tot ‘n bordjie opgewees. Maar dis nie waaroor skool vandag gaan nie, skool gaan oor ‘n ondervinding wat ek gisteraand gehad het……

(ter beskerming van karakters is die eerste letters van die van gebruik om karakters te onderskei)

Gistraand bevind ek myself gou by goeie vriende van my, Stiti en Stoti. Die vinnig stop het toe gou uitgedraai in ‘n glasie (of so) wyn, en bietjie speel met hulle oulike tweeling wat in Junie 1 jaar oud word, BabaStiti en BabaStoti. (Ek hoop julle volg nog… hou net kop)

Stiti se Ma en Pa daag toe ook daarop, Vtiti en Vtoti. Nou kyk, op die beste van dae is hulle nie my gunsteling mense nie, maar ter wille van my vriende is daar ‘n Verdrag van Verdraagsaamheid. Die rede hoekom hulle nie almal se gunsteling persone is nie, is omdat Vtiti ‘n bietjie van ‘n giftige tong aan haar het, en nog nooit doekies omgedraai het oor die feit dat sy nie eintlik van Stoti, my vriend en haar skoonseun hou nie.

All fair in love en war seker, die probleem is sy skroom nie om in enige geselskap sulke snedige, skuins aanmerkings te maak nie. Nou Stiti en Stoti het al albei baie met Vtiti baklei, maar niks. So nou is almal op ‘n soort van ‘n “verdra-mode”. (Is julle nog by?)

Nou kyk, ek en Stoti sit nog so en gesels oor Stiti en Stoti se beplande Wildtuin vakansietjie toe Vtiti hier uit die een kant opmerk, (woorde wat sommer met die hele tombola-tafel wegloop), dat ja, ” Na haar en Stoti se troue, was Stiti nogal bekommerd dat sy en Stoti nie mooi kinders gaan hê nie. Ja, soos byvoorbeeld Etiti.” (Etiti is die ander kleindogter).

Kyk, so gewoond as wat ons aan hierdie giftige-kobra-hiss-swartadder-byt opmerkings is, sluk ek toe weereens amper my wyn met glas en al af. Ek was op die punt om te antwoord – “Ja, daardie V-neus kan nogal ‘n bogger wees.”

MAAR, deur in haar strik te trap, en ‘n aanmerking te maak sou ek net so laag soos Vtiti gedaal het. Eintlik laer, want ek sou ten minste 5 ander mense in die kamer ook in die gesig gevat het. En so moedeloos oor, en gewoond as wat ons almal al aan die bitsige, vennynige aanmerkings is, so seker kan ek nog elke keer sien hoe dit nie net vir Stiti en Stoti kwaadmaak nie, maar ook seermaak.

‘n Wag voor jou mond kos niks nie. Stoti is beter vir hulle, Vtiti en Vtoti, en vir hulle dogter Stiti, as wat enige ander man kan wees.

Die les:

As daar nie rede is om ‘n bitsige poephol te wees, byt eerder jou eie tong, voor jy die atmosfeer met jou kak aanmerkings besoedel.

Nou moet ek nog net uitvind hoe laat mens iemand in die Bermuda Triangle in verdwyn…..

12 Responses to “Vrydagskool…DieTriangle101”

  1. Charms April 23, 2010 at 8:29 vm #

    Dis al weer een van daai tannies wat glo NIKS is goed genoeg vir haar dogter nie. Ek dink hulle is heimlik jaloers dat hulle nie ‘n beter keuse kon maak vir haar nie. Gelukkig het jy jou cool gehou en daar is nie inwendige bloeding nie.

    As jy nou die geheim ontdek van die triangle moet jy my dadelik laat weet – daar is ‘n paar mense wat ek graag op ‘n toer wil vat daarnatoe :evilgrin:

    • demoerin April 23, 2010 at 8:32 vm #

      Ek dink net sy is ‘n pynlike bitter mens…. as sy nie so baie kak kwytgeraak het nie, sou mens haar selfs kon jammer kry.

  2. Dellie April 23, 2010 at 9:25 vm #

    Ek ken ook ‘n paar sulke mense. Ek wonner net hoe op aarde dit hulle beter laat voel om iemand anders seer te maak.

    • demoerin April 23, 2010 at 9:35 vm #

      Ekke verstaan dit ook nie… en dan sommer so in hulle gesigte.

  3. anne-marie April 23, 2010 at 10:57 vm #

    Ag nee demmit DMI – dis alles goed en wel om elke keer die ander wang te draai, maar dis juis hoekom sulke misrabelike mense aanhou met hulle stront. Ek sou meen dat Stiti haar ma ‘n slag moet eenkant toe vat en BEHOORLIK die kop was en haar dan vertel as sy haar nie kan gedra nie, is sy nie meer welkom in haar huis nie. Dis wat ek sou gedoen het, want al is dit jou ma, moet sy jou en jou keuse van lewensmaat ook respekteer as sy respek terug verwag. Veral aangesien Stoti klaarblyklik goed na Stiti kyk. Grrrr – sulke mense maak my tande stomp😈

    • demoerin April 23, 2010 at 11:29 vm #

      Dis sad AM, maar hulle het al gebaklei en alles… help fokkol.

  4. rosalindfranklin April 23, 2010 at 12:18 nm #

    nee sien as ‘n ding lelik is, is ‘n ding lelik noem hom by sy naam…😆😉
    ek gaan vanjaar vakansie hou in die bermuda-driehoek.

    • demoerin April 23, 2010 at 12:24 nm #

      Dalk sal ek saam jou kom verdwyn…

  5. rosalindfranklin April 23, 2010 at 2:01 nm #

    ja sien ek dalk ‘n baba sou gekry het wat lelik is jy sien, dan sou ek hom na die bermuda-driehoek toe moes gestuur het…nee wat sien….daar is niks so erg soos ‘n onaansienlike kind nie😆

    ….. joke net…

    • demoerin April 23, 2010 at 3:24 nm #

      Meeste babas is elk geval net mooi in hul ouers se oë…

  6. johanna79 April 23, 2010 at 2:39 nm #

    elke familie het sy gif appeltjie. Ek en tinlerbel kom nie naby flamingo hof as my vader daar is nie, nie as ons nie die neufies met ons het nie. Ek mis my ou moeder maar dis die hoof rede vir die groot trek. Dalk mut iemand Vir ou vtiti op haar plek sit, verkieslik nie skoonfamilie of vriende nie. Good for you dmi jys n beter mens as ek.

    • demoerin April 23, 2010 at 3:26 nm #

      Ek dink persoonlik sy is lank en aanhoudend deur ‘n windmeul gebliksem… maar dis persoonlike opinie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: