Hoop is nie As nie

26 Apr

 

In die aande as ek droom val die legkaart weer in plek. Die mense word weer een oor mure, grense en oseane heen. Die oog is blind vir kleur, kultuur en rykdom en laat gaan plek vir haat en oorlog nie. Die mond is stom vir leuens en kwaadstook, en loop oor van vreugde wat in die hart borrel. 

Maar dan word ek elke oggend weer in my nagmerrie wakker, en alles lyk net so verkeerd en die anti-klimaks druk swaar op my gemoed. Kan almal nie maar net besef dat die droom nie veel vra nie? Dit vra nie noodwendig liefde vir almal nie, dit kan begin by respek. Dit verg nie noodwendig hand-om-die-lyf-kum-baja-om-die-kampvuur nie, dit kan begin by verdraagsaamheid. Dit verg nie noodwendig ‘n wêreldwye Woodstock-droom nie, dit kan begin by integriteit. Die greintjies hoop word egter heeltemal verskuil in die groot gros van slegte nuus en gebeure waarmee ons daagliks gebombardeer word. 

Maar dan gooi die nag sy sterrekombers oor die aarde, en kan ek weer uitsien na lewe in my kamma Utopia.

Gelukkig net voor ek my oë toemaak kan ek my hande saamslaan en eers dankie sê. Dankie vir wat ek het. Dankie dat ek lewe. Dankie dat ek kan probeer deel. Dankie dat daar nog greintjies hoop is. Dankie vir daardie een brokkie  in vandag se koerant wat goeie nuus was. Dankie vir die besef dat Rome nie in een dag gebou was nie, maar dat elke baksteen tel.

En dan kan ek my oë sluit, en ontvlug na my droomwêreld, want ek weet dat as nie verbrande hout is, solank as wat daar nog hoop is nie.

Advertisements

20 Responses to “Hoop is nie As nie”

  1. Xena Phoenix April 26, 2010 at 7:52 vm #

    En natuurlik die aanvaarding dat ‘n ander se mening, geloof, waardes en uitkyk nie noodwendig joune hoef te wees nie.

  2. bloedbek April 26, 2010 at 7:59 vm #

    en as elkeen van ons net so op ons klein kolletjie begin om ‘n positiewe verskil te maak, kan ons ‘n klein vuurtjie ‘n groot vuur maak om ons utopia te bou…

    • demoerin April 26, 2010 at 9:27 vm #

      Yip, ek steek aan en blaas en blaas, maar om elke hoek en draai isse poephol met ‘n emmer water, maar eendag, ja eendag…

  3. hartskommels April 26, 2010 at 10:21 vm #

    eks moedeloos en sonder hoop vandag
    🙂

    • demoerin April 26, 2010 at 3:04 nm #

      tsk tsk tsak **skud my kop**

    • bloedbek April 26, 2010 at 3:31 nm #

      a nee a, hartskommels, ruk jou reg, daar is altyd hoop al is mens moedeloos, my voortsel, ‘n lekkkkkkeeeerrrrrrr jug koffie, musiek deur die oorfone en gooi die volume tot maks en blaas die kop skoon, die kafein gee daai ekstra skop en as die eerste jug leeg is maak dit onmiddelik weer vol….

  4. Antie Koekie April 26, 2010 at 11:31 vm #

    DeMin, was so lanklaas by jou, het vergeet watter woordvreugde dit elke keer is.
    Hierdie post laat my dink aan die storie van die dogtertjie (?) wat stervissies terug gegooi het in die see en toe iemand vir haar sê, wat van al die ander, toe antwoord sy, maar ek het ‘n verskil in een se lewe gemaak. Of so iets— kani hele ding mooi onthou, net “the moral of the story”.

  5. anne-marie April 26, 2010 at 12:47 nm #

    Waar daar lewe is, is daar altyd hoop! Mag elkeen van ons die goeie skakel in die ketting wees.

  6. koeksister April 26, 2010 at 4:14 nm #

    Baie nice posting Demoerin

    • demoerin April 28, 2010 at 6:51 vm #

      Alles die waarheid sister van die koek.

  7. Joh April 27, 2010 at 5:50 vm #

    Mooi gestel DMI.

  8. Anna April 27, 2010 at 11:15 vm #

    Ai De-Mou-e-rin, hoe praat jy nou so reg in my hart in. Ek worstel in die laaste tyd baie met die ding dat ek so baie het en daar ander is wat niks het nie. Simpel goed soos dat ek byvoorbeeld 18 handdoeke in my linnekas het, en ander het nie eers ‘n bad nie. Ek het 48+ borde in my kaste en baie het nie eers genoeg kos om een bord vol te skep nie… ens. Ja, ja, toemaar, ek weet, ek dwaal nou heeltemal van die punt af, maar baie dankie vir hierdie pos.

  9. betsieboop April 27, 2010 at 11:17 vm #

    be the change you wish to see in the world ….

    klink dalk na ‘n cliché, maar is soos DMI sê — integriteit, verdraagsaamheid, wag voor die mond, gun die ander ‘n plekkie in die son

    as slegs elke 100ste mens in die wye wêreld probeer om die stukkie wêreld rondom hom/haarself beter te maak. die opsies is legio

    ek sal ook bly hoop. bly droom. bly dankie sê. bly probeer om my eie wêreld beter te maak en hopelik raak ek iemand ander se lewe aan en verander daardie persoon ook sy klein wêreld.

    • demoerin April 28, 2010 at 6:52 vm #

      Net so BB, al maak mens verskil in 1 se lewe, is dit nog steeds 1 meer as niks nie.

  10. Louwie April 28, 2010 at 9:57 nm #

    Ja, mens staan op met die beste van voornemens, tot die eerste taxi by die rooi verkeerslig hier by jou verby jaag en jy sien hom drie rooi verkeersligte verder oorsteek sonder om eers te probeer stop, dan is al daai mooi drome in hulle maai en jou mooi gedagtes by die venster uit.
    Maar ons mag nie ophou droom nie. Iewers is iemand vir wie jy vandag kan goed wees, al smile jy net vir hom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: