Hiep Hiep Hoera!

10 Mei

Veels geluk liewe Paul David Hewson, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën, en nog baie jare spaar (want jy is ‘n lewende en wandelende voorbeeld, van wat naasteliefde beteken)!

Bono word vandag 50. Nie net is hy #1 in U2 nie, maar moontlik deur die inspirasie wat hy uitstraal King of the Bands! Vir meer as 3 dekades al laat U2 hulle stemme, dikwels deur Bono se skrywes, hoor oor politieke en sosiale gebeure, dink byvoorbeeld aan Sunday, Bloody Sunday… dikwels ook liedere met ‘n Christelike ondertoon soos I Still Haven’t Found What I’m Looking For.

Nie net het U2 al 22 Grammy’s ingepalm nie, maar ook ‘n Golden Globe vir die lied The Hands That Built America, vir die fliek Gangs of New York. Bono is al genomineer vir die Nobel Vredesprys, is eintlik Sir Bono na hy sy Ridderskap by QEII ontvang het, ws al Time se Persoon van die Jaar en is gereeld op Time se Top100 Invloedryke Persone. Daar is nog ‘n lys langer as my arm van ander toekennings. Met U2 se sukses het hulle die kans om almal wat saakmaak in die wêreld te ontmoet, en Bono het die kuns vervolmaak om hierdie invloed te omskep in positiewe aksie vir sy filantropiese werk.

Mens voel mos partykeer bietjie “af”, en net nie lus vir enigiets nie. As Jannie-Jammergat-Griep my gewoonlik wil gryp, en ek bietjie moet stilsit en myself herinner aan hoe gelukkig ek eintlik is, grawe ek gewoonlik U2 se Rattle and Hum DVD uit…. en hierdie is dan die weergawe van die song wat ek dan in fullblast my brein mee skoonblaas……

Advertisements

10 Responses to “Hiep Hiep Hoera!”

  1. Charms Mei 10, 2010 at 9:20 vm #

    Briljante persoon, briljante band, briljante songs. Ek is absoluut versot op hulle en sal altyd wees. Hulle bly nog een van die bestes op my lysie.

  2. Sharpshoot Mei 10, 2010 at 9:54 vm #

    Is nice ja! Ek is meer ‘n Elevation fan – en dis nie omdat Lara Croft daarin is NIE! 😉

  3. Skoor Mei 10, 2010 at 11:38 vm #

    Ek was nog nooit ‘n U2 of Bono fan nie, maar as die ou meer goed as sleg doen, haal ek ook my hoed vir hom af. Of steek nog ‘n kersie op sy koek!

  4. johanna79 Mei 10, 2010 at 1:49 nm #

    joshua tree is volgens my een va die beste albums nog ooit uit gebring en live at slane castle eenvan my gunstelig konserte op dvd. Bono the edge en u2 rock. Happy bday paul

    • demoerin Mei 11, 2010 at 10:32 vm #

      Jip, ek is saam met jou oor Joshua Tree

  5. koeksister Mei 10, 2010 at 1:50 nm #

    Ek’s mal oor U2

  6. Flintie Mei 11, 2010 at 8:47 vm #

    Ai, ek leef, smaak U2 stukkend! wou eintlik maar net kom gesiggie wys, aangesien dit so ‘n mooi gesiggie is en stuff.

    Sien gou weer!

  7. Marile Cloete Mei 25, 2010 at 10:34 vm #

    Dankie hiervoor!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: