Vrydagskool..Musikale Spele

14 May

Die Musikale Spele gaan voort hierdie week, met ek dink Live wat die vorige wedloop met hul weergawe van I Walk The Line, ongelukkig die oorspronklike uitgestof het.

Nou kyk, toe die man begin heup swaai het, het die wêreld se predikante en priesters vir die bevolking begin bid. Ouers het gesê Elvis is van die bose met losse sedes, maar kinders het skelm plate geluister, gedans en deelgehê aan ‘n absolute musiekrevolusie!

Nou kyk, dit wil voorkom asof elke jan rap en sy maat wat ‘n noot kan hou, Can’t Help Falling In Love gecover het. Maar so ‘n paar dekades na Elvis het nog ‘n ongelooflike band besluit om die lied so bietjie oomf te gee, en het hulle self ‘n taamlike groot hit daarmee gehad.

Elvis versus UB40 dus hierdie week…. maar ek wil graag ‘n derde naelloper ingooi, kort maar kragtig. Ek is so bly, dat ek hierdie stukkie ook laas jaar live kon meemaak… en dit sal vir altyd een van my gunsteling konsert-oomblikke bly…

11 Responses to “Vrydagskool..Musikale Spele”

  1. Charms Mei 14, 2010 at 8:03 vm #

    Die unemployment form UB40 wen natuurlik los hande vir my. Elvis is natuurlik ‘n legende, maar Ali se weergawe is nie so corny nie.

  2. Xena Phoenix Mei 14, 2010 at 11:40 vm #

    Wel, Elvis kon nie juis sing nie. Hy het eerder die X-factor gehad. Ek is ook nie mal oor UB 40 nie. Ek dink ek gaan sit maar op die draad met die een.

  3. betsieboop Mei 14, 2010 at 4:59 nm #

    The Killers!!! met elvis ‘n kort koppie agter hulle….

  4. Pagoda32 Mei 16, 2010 at 11:41 vm #

    UB40 – duidelike keuses Demoerin!

  5. Dellie Mei 16, 2010 at 5:36 nm #

    Uhm – ek is effens verdeeld hier. Ek voel Elvis se emosie meer – maar UB40 se weergawe is awesome – so ek gaan dan met UB40 op die ene.

  6. Fokk Mei 16, 2010 at 7:13 nm #

    UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40! UB40!

    PUNT!

  7. muffia Mei 16, 2010 at 8:06 nm #

    …. ek dink nog steeds pampoen is een van die greatste treffers ooit – worldwide (solank jy net ‘n flou vul is …..) – lol – daai sanger kon nou vir jou ‘n zip handle hoor – bwahahaaaa

  8. demoerin Mei 17, 2010 at 8:04 vm #

    UB40 is definitef dus die wenner, met Pampoen net-net tweede

  9. Dellie Mei 17, 2010 at 11:49 vm #

    ♫ Pampoen, span die seile! ♪
    😆 😆

  10. johanna79 Mei 17, 2010 at 2:25 nm #

    love the killers maar hulle moet eerder maar by hulle eie dinge hou. elvis se ryk stem laat selfs hierdie lente kuiken se hart vinniger klop maar ek moet saam almal stem, UB40 kry my vote ook

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: