Vrydagskool…Rugby101

21 May

Die legende lui dat William Webb Ellis tydens ‘n voetbal wedstryd by Rugby School, in Rugby, Warwickshire die eerste persoon geword het wat die bal opgetel het en daarmee gehardloop het tydens ‘n wedstryd. Die storie kan egter nie regtig geverivieer word nie, maar egtheid is verleen toe dit in 1895 as die waarheid op ‘n bordjie by die skool vasgelê is…. en toe die Rugby Wêreldbeker Trofee na hom vernoem is.

Skoolleerlinge lê die eerste geskrewe reëls neer tussen 1845 en 1848, en rugby is gebore. Die spel is natuurlik nie meer in dieselfde vorm, en met dieselfde reëls nie en word vanaf 1886 deur die IRB gereguleer. Die IRB het huidiglik 115 lidlande.

Die eerste internasional toets tussen twee lande is op 27 Maart 1871 tussen Engeland en Skotland gespeel en die sport het van toe af net al hoe vinniger gegroei en was selfs in 1900, 1908, 1920 en 1924 by die Olimpiese Spele verteenwoordig.

Maar wie de moer gee op hierdie stadium om?

Dit is Super 14 semi-finale naweek… en Suid-Afrika het twee tuis semi’s!

Go Bulls en Stormers!

5 Responses to “Vrydagskool…Rugby101”

  1. anne-marie Mei 21, 2010 at 8:54 vm #

    En jy weet natuurlik wie gaan wen, ne?😈

    • demoerin Mei 21, 2010 at 9:03 vm #

      Bulls en Stormers natuurlik… en dan volgende week die Bulls. Maklik.

  2. koeksister Mei 21, 2010 at 4:20 nm #

    Stormers natuurlik, watter nonsies is dit dan nou met jou?😉

  3. Charms Mei 21, 2010 at 6:10 nm #

    Nee nee, die Stormers en Bulle gaan hierdie naweek wen, en dan gaan die Stormers die Bulle aan hulle neusringe rondlei en hulle horings in die grond in plant. Jy’t weer nie mooi geluister nie DMI.

    WP jou lekke ding!!!!!

  4. demoerin Mei 24, 2010 at 7:10 vm #

    Julle let glad nie op in die klas nie doen julle. Satedag gaan die Bulle wen. Skryf dit 100 keer uit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: