Layla & Majnum

25 May

Die verhaal van Layla en Majnum (regte naam Qays ibn al-Mulawwah) is ‘n klassieke ware Arabiese verhaal van van twee verliefdes wat verhoed was om bymekaar te wees ( Baie soos Romeo en Juliet, die “Star-crossed Lovers” van Shakespeare). Hulle was hartstogtelik verlief en Majnum was geinspireer om die mooiste poësie te skryf. Majnum het Layla gevra om te trou, maar weens tradisies het haar Pa nee gesê, en is Layla kort daarna met ‘n ander man getroud.

Majnum was so hartseer dat hy die woestyn ingevaar het en vir die res van sy lewe daar gebly het. Hy was dikwels gesien waar hy rondgedwaal het en poësie opgesê het, of gedigte met ‘n stok in die sand geskryf het. Die mense het hom Majnum-e Layla begin noem, Layla’s Lunatic.

Layla en haar nuwe man het na die hedendaagse Irak toe verhuis, en sy het net daarna siek geword en gesterf. Majnum is ook later in ongeveer 688 AD dood in die woestyn gevind.

Nou spring ons in die tydmasjien tot in die laat 1960’s.

George Harrison (van Beatles) raak verlief en trou met Pattie Boyd, ‘n model wat hy tydens die verfilming van A Hard Day’s Night ontmoet het. Ook gedurende die tyd raak hy baie goeie vriende met ‘n kitaarspeler en liedjie skrywer van die groep, Derek and the Dominos, by name Eric Clapton. George en Eric het ook oor en weer liedjies en musiek geskryf en gehelp met die onderskeie bands, maar terselfe tyd, het Eric op Pattie verlief geraak.

Clapton het ‘n lied geskryf vir Pattie. Die toonsetting is letterlik in twee dele (movements) gedoen, deel een deur Clapton, en deel twee deur Duane Allman. Clapton het die lied Layla genoem, nadat ‘n vriend aan hom die verhaal van Layla en Majnum vertel het. Liefde wat nooit wedersyds beantwoord gaan word nie. Clapton het egter die lied by ‘n partytjie gespeel, en later daardie aand vir George vertel dat hy op sy vrou verlief is. Dit het klaarblyklik niks verander nie, die huwelik en die vreindskap het aangehou tot in 1977 toe George en Pattie geskei is. In 1979 is Pattie en Eric getroud.

Nou Pattie moes ‘n muse en ‘n half gewees het, want nie net het sy Layla geinspireer nie, maar ook drie van George se liedere asook die latere Wonderful Tonight van Clapton.

Layla het intussen op telke lyste van “The Best…” of “The Greatest ever…” verskyn, onder andere Rock and Roll Hall of Fame the 500 Songs that shaped Rock & Roll, #27 op Rolling Stone se lys 500 Greatest Songs of All Time, #16 op VH1 se 100 Greatest Songs of Rock & Roll, #14 op Guitar World se 100 Greatest Guitar Solos ens. In 1992 was Eric ook genooi om in MTV se unplugged reeks deel te neem, waarvoor hy verskeie van sy liedere, Layla ingesluit gesing het, en toe ‘n unplugged album uitgebring het. In een van die grootste upsets in Grammy geskiedenis het die unplugged weergawe van Layla daardie jaar die beste Rock song Grammy gewen, deur Nirvana se Smells like Teen Spirit uit te stof.

Al wat dus nog oorbly is om terug te sit, die volume op te draai, en te luister na een van die top rock songs van alle tye………

11 Responses to “Layla & Majnum”

  1. demoerin Mei 25, 2010 at 7:55 vm #

    Nou wonder ek… wat is die mooi Afrikaans vir ‘n guitar riff?

  2. meermin Mei 25, 2010 at 8:21 vm #

    Kitaar …. ek dink man ek dink, sien jy nie die rook nie❓ Gits nee demoerin gun idee nie !!!🙂

  3. Xena Phoenix Mei 25, 2010 at 9:48 vm #

    Snaaks hoe dit altyd die stories agter die liedjie is wat dit nou regtig spesiaal maak.

    • demoerin Mei 25, 2010 at 1:14 nm #

      Maar mens hoor nooit van die stories so gereeld nie.

  4. Dellie Mei 25, 2010 at 9:57 vm #

    Baie mooi storie, DMI! En ek love die song😉

  5. Marile Cloete Mei 25, 2010 at 10:31 vm #

    Eric Clapton se outobiografie wys hoe bisar die tussen die drie eintlik was.

  6. Frank Botha Mei 25, 2010 at 11:33 vm #

    Môre DMI. Oulike storie.

    http://www.frankbotha.com/?p=16704

    • demoerin Mei 25, 2010 at 1:19 nm #

      Hi Frank, weet jy, oppie oomblik sukkel ek self om te skryf hier, maar selfs al kon ek vir jou iets afstof uit die argiewe uit… is 200 woorde so bietjie min, jy sal dit moontlik in 10 episodes moet plaas?

      Ek meen bv, daardie paragraaf in jou link alleen is omtrent 50 woorde.

  7. netjane Mei 25, 2010 at 2:37 nm #

    Het glad nie die storie geken nie. Hou van die song!

  8. koeksister Mei 26, 2010 at 2:21 nm #

    Ahhh! mal oor hierdie inskrywing, synde ‘n Eric Clapton fan, en die storie was vreeslik interessant.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: