Vrydagskool…Biologie101

17 Jun

Dit mag dalk nog Donderdag wees, maar die post moet liewer verskyn terwyl ek nog helder oomblikke het.

Ek weet nou hoe om Brainfreeze te kry, sonder om roomys te eet… jy gaan net in die oggend uit my huis uit. Op die vlaktes duskant Lanseria is dit heelwat kouer as in Sandton. Vanoggend byvoorbeeld was dit -5 by die huis en 1 in Sandton…….

Ek wil vandag die man eer wat die eerste keer besluit het dit sal ‘n oulike ding wees om ondervloerse verhitting te installeer. Bogger Superman en Batman, en selfs Catwoman met haar swepie… HY is my hero, op koue aande ten minste.

Advertisements

14 Responses to “Vrydagskool…Biologie101”

  1. Antie Koekie Junie 17, 2010 at 9:31 vm #

    Jislaaik! Dié Antie het nie geweet sy kan nog só koud kry nie! Bogger ondervloerse verhitting—ek sal kan doen met énige vorm van verhitting vandag!! Kan ook nie weer (soos gister!) die hele dag in die bed sit en werk nie— moet gaan melk koop. Maar, ek stem saam, ondervloerse verhitting sou baie nice gewees het. Bogger Superman!

    • demoerin Junie 17, 2010 at 12:31 nm #

      Sal virrie antie ‘n twee-been verwarmer oorstuur. Hy vra net room en board.

      • anne-marie Junie 17, 2010 at 7:50 nm #

        Nie eers tweebeen verwarmers help in hierdie yskoue nie. “n Warm bad, dan dadelik in die bed en ‘n elektriese kombers en DAN ‘n tweebeen verwarmer. DIT help vir koud kry – en dan beter mens STYF le, heelnag.

        Ek is bly dis nie hierdie week wat ek op Lanseria geland het nie 😉

        • demoerin Junie 18, 2010 at 7:24 vm #

          Vanoggend was dit bietjie beter, -3 Hehehehe

  2. Xena Phoenix Junie 17, 2010 at 10:08 vm #

    Daardie man sou my held ook gewees het.

  3. Plein Junie 17, 2010 at 10:42 vm #

    Hy was beslis my hero gisteraand. vanoggend was die man wat hotchoclate vir my yshande en gevriesde binneste aangedra het na die avontuur in die heerlike buitelug my hero

    • demoerin Junie 17, 2010 at 12:32 nm #

      Sjoe, disse oulike ou daai.

      • anne-marie Junie 17, 2010 at 7:51 nm #

        Ek ruik iets… se mens deesdae jy is Plein Demoerin as jy eintlik dood happy is 😉 😈

  4. PlaasJuppie Junie 17, 2010 at 12:40 nm #

    -5 is net so aan die swets kant van koel.
    As die ou wetter net onthou het om ondervloerse verhitting in my huis ook te installeer sou ek dalk ook amper van hom kon hou.

    • demoerin Junie 18, 2010 at 7:25 vm #

      Ja, party mense kan nogal moedswillig wees… tsk tsk tsk

  5. Charms Junie 17, 2010 at 1:42 nm #

    Die ou wat my huis gebou het, het agterstevoor gedink en eers die teels gele en toe gedink aan ondervloerse verhitting – donnerse sot!

    • demoerin Junie 18, 2010 at 7:25 vm #

      Dis sadisties om mense so te laat suffer.

  6. johanna79 Junie 20, 2010 at 1:06 vm #

    so ek het my eie great escape georcastrate en ek is terug… Eerstens… Probeer 7uur in die oggend teen 95km/u opn motorfiets te ry as dit so -1 is, die wind vries jou oe wat dan instent brainfreeze veroorsaak… Twedens moet ons tog nie van sydney russel en melissa smith vergeet nie. Hulle het die elektriese kombers uitgevind… Lekker… Derdens ek het jou musiek spele vreeslik geniet en weet nie of ek mal is nie maar sien dit nie meer nie… N voorstel vir nog een… Muni lag nie… Is busted se year 3000 teen oor… Wait for it… Wait for it…. Jonas se year 3000 awsome… Al dun jy nie nog daai spele nie, gaan check dit uit en laat my weet wat jy dink…hie hie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: