Uit die monde van toeriste….

21 Jun

Ons bly in ‘n land met geweld. Ons bly in ‘n land met roof. Ons land is nie uniek nie….

Ons bly in die land met moontlik die mees diverse, en mooiste natuurskoon op aarde….

Winter is nie regtig winter nie….

Ons het vrugte op die rakke wat spotgoedkoop is, en wat by hulle as “eksoties” geklassifiseer word (Stel jou voor, 5 euro vir ‘n pynappel)….

Coca Cola proe nog soos Coca Cola….

Mense is vriendelik en behulpsaam, oral….

Suid-Afrikaanse vleis proe ongelooflik lekker, en is goedkoop….

Suid-Afrikaanse wyn is uit die boonste rakke, en is goedgoop….

Ons mini-bus taxi’s bestuur nie regtig soveel wilder as die in enige ander land nie….

Hulle hou van die idee dat ons kuier om ons maaltyd, voeding is die bysaak….

Hulle is gek oor die feit dat Afrika deur middel van die SWC wêreldsport op sy kop gedraai het…. die vuvuzela

en..en..en..

16 Responses to “Uit die monde van toeriste….”

  1. Plein Junie 21, 2010 at 9:43 vm #

    Ek mis kla daai mal 3

    • demoerin Junie 21, 2010 at 10:28 vm #

      Ek stem… dis asof my kinders weggaan… hehehe

  2. johanna79 Junie 21, 2010 at 2:27 nm #

    hoor hier, wat bedoel jy ons winters is eintlik nie winter nie, dag jyt laas week brainfreeze gehad??? En daar le sneeu op tafel berg, wat meer wil jy he

    • demoerin Junie 21, 2010 at 3:07 nm #

      Hulle sê as dit winter was was dit -15… hehehe

  3. rosalindfranklin Junie 21, 2010 at 2:31 nm #

    Julle wil nie weet hoe bestuur die taxi’s in Egipte nie,,, &^^%$$, ons taxis is wonderlik, wonderlik vergeleke met daai spul.

    groente en vrugte in Euorpa…hahahaha….lek maar aan die tydskrif-prentjie as jy lus raak.

    • demoerin Junie 21, 2010 at 3:08 nm #

      Hulle bestuur seker soos die in Morocco… ek kry nou nog sweterige palms as ek daaraan dink….

  4. ekisanna Junie 21, 2010 at 6:22 nm #

    Ja Swaer, en ons almal dink die gras is groener annerkant en eintlik is dit net omdat daar meer mis is – en ek praat nie van mis in die lug nie!

    • demoerin Junie 22, 2010 at 9:01 vm #

      Dis nie altyd groener nie, net nuwe soorte kak.

  5. ekisanna Junie 21, 2010 at 6:24 nm #

    Miskien moet ek bylas dat ek tans Johan Bakkes se boek Norrevok lees en dink net, ons k:on dalk in Siberie of Mongolie ingebore gewees het. Dan sou ons geweet het wat koud is:mrgreen:

  6. wantekkan Junie 21, 2010 at 10:09 nm #

    Ek dink almal van ons wil hierdie land net so graag waardeer, maar nes jy iets kry wat jou weer laat glo in die goed, word nog ‘n kind blind geslaan of nog iemand se hande afgekap, of nog ‘n korrupte polisieman gevang, nog iemand vermoor. Ek is regtig ‘n baie optimistiese mens, ek is net jammer dat daar soveel misdaad hier is.

    • demoerin Junie 22, 2010 at 8:55 vm #

      Maar dis juis die ding…. ons land is nie uniek nie, ja miskien is dit meer geweldadig, maar oor die algemeen is dit mense wat stupid goed doen wat die maklike teikens is…. soos nie wakker wees as hulle stop by robot, of wat met oop deure sit ens. ens.

  7. BB Junie 22, 2010 at 9:01 vm #

    Ek stem al laaaaaaaaankal saam oor die taxi’s – ry bietjie in Italië😯 – die ding is net dit: daar is almal ‘n ‘ons’ – hier is almal nog altyd ‘n ‘hulle’.
    Herder tog – as jy weet daar’s ‘n taxi voor jou weet jy tog sekerlik ook dat hy die een of ander tyd iewers gaan stop of aanjaag. It’s a fact of life – deal with it. Netsoos ‘n blonde agter ‘n stuurwiel dalk net besig kan raak met haar lipliner of haar maskara en boonop uit die hoek van haar trained oog ‘n uitverkoping spy in ‘n winkel langs die pad en ongelukkig dan deur haar natuur geforseer word om onmiddellik halt te moet roep.:mrgreen:

    • demoerin Junie 22, 2010 at 9:02 vm #

      Bwahahaha. Ken jy daai blond?

      • BB Junie 22, 2010 at 9:15 vm #

        😳

        • anne-marie Junie 22, 2010 at 8:59 nm #

          Mag ek hoop na 2010 sal ons ook dalk ONS wees en nie net HULLE nie?!

  8. Xena Phoenix Junie 23, 2010 at 11:58 vm #

    Ek skree ook al baie lank vir ‘n ons. Tot vele mense se frustrasie.

    Mens dink mos maar net die gras is altyd groener aan die anderkant, min wetende dat dit eintlik ‘n illussie is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: