Vrydagskool…Menswees201

2 Jul

Weereens het daar ‘n trein omgeneek die week. Weereens mense beseer, gelukkig is niemand dood soos met die vorige een ‘n paar weke terug nie.

Kan mens so kortsigtig wees om nie aan nagevolge van dade te dink nie? Hoe peuter mens met die spoorlyn, of steel jy die sleepers sonder om te dink dat ‘n trein wat daaroor gaan die gevaar mag loop om te ontspoor? En as daardie trein ontspoor mag daar beserings of selfs dood wees, en daardie beserings of doodslag het dan weer invloed op daardie mense se families…. die kring word groter, en dit alles oor die steel van ‘n treinspoor sleeper.

Dade en woorde het gevolge, dit gaan nie altyd net oor nou nie, maar ook die inpak wat dit oor ‘n sekonde, minuut, uur, dag, week, maand of selfs jaar kan hê.

Ons steel nie almal sleepers onder treinspore uit nie, maar ons sê en doen dikwels dinge wat emosioneel net soveel impak op ander mag hê.

8 Responses to “Vrydagskool…Menswees201”

  1. meermin Julie 2, 2010 at 7:29 vm #

    🙂 dankie toggie dit is Vrydag die week was 123 ure te lank!! Lekker naweek vir jou \ julle!😀

    • demoerin Julie 2, 2010 at 4:02 nm #

      Hierdie Vrydag voel of hy 123 ure was….

  2. Pikkie Julie 2, 2010 at 1:32 nm #

    Baie, baie ware woorde, en ‘n belangrike les om te leer. Kan ons maar elkeen ‘n veertjie uit jou hoed uithaal en dit toepas in ons lewens….

    • demoerin Julie 2, 2010 at 4:02 nm #

      Jy kan sommer ‘n hele papegaai ook vat as jy wil.😆

  3. Charms Julie 2, 2010 at 3:48 nm #

    Ek wens so meer mense wil jou woorde lees.

    • demoerin Julie 2, 2010 at 4:04 nm #

      Ek ook somtyds… maar ek sal nie goed perform onder soveel pressure nie.

      • Charms Julie 2, 2010 at 4:13 nm #

        🙂 Ons sal jou ondersteun en as hulle moeilik raak dan tel ek my grafie op en raak ontslae van hulle in die appelboord.

  4. TemporalNexus Julie 11, 2010 at 7:32 nm #

    Thanks Dude, I loved that.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: