WEW…Naweek Oordenking…

5 Jul

Die naweek was lekker, baie lekker en het baie dinge opgelewer waroor ek nog steeds wonder vanoggend:

  • Jy is amazing. Wat kon ek moontlik gedoen het om ‘n girl soos jy te verdien?
  • Kan die bestuur deur ‘n dorre landskap jou dorser maak?
  • Wat is die alkohol vlak waar Muurblom-ek-kannie-dans, in Eat-your-heart-out-Saturday-night-fever-se-nemesis verander?
  • Hoekom volume-control oppak as jy drink? Mmmm baby?
  • Het sekere kleure skoene ‘n groter magnetisme vir kots?
  • Verdien sekere kleure skoene om op gekots te word?
  • Waar kry jou brein die idee dat jy vir ander Tequila in shot glasies uitdeel… en dat jou sluk uit die bottel uitkom… met elke rondte?
  • Op watter alkohol:bloed vlak verander ‘n stil knaap in iemand wat ‘n issue net nie kan los nie?
  • Kan alkohol ‘n couple laat vergeet dat hulle getroud is?
  • Hoe kan ‘n handjievol mense so ‘n groot gemors maak?
  • Hoekom werk sirkels tel net as mens onthou om die sirkels te tel?
  • Het ek al genoem dat ek wonder wat ek gedoen het om ‘n ongelooflike girl soos jy te verdien?
  • Is dit nie wonderlik dat ouderdom in jare, net ‘n nommer is nie?
  • Mag mens vir meer as 25 keer 16 word?
Advertisements

29 Responses to “WEW…Naweek Oordenking…”

  1. Antie Koekie Julie 5, 2010 at 8:18 vm #

    Aha! Laaitie! Klink vir Antie of jy ‘n killer naweek gehad het? Is nou sommer erg jaloers! En die joernalis in my soek die storie, die hele storie en niks behalwe die volle storie nie— feite en foto’s!
    Met my verjaarsdag om die draai, en ouderdomspensioen wat oor ‘n jaar of 3 vir my wink, kan ek saamstem, ouderdom is net ‘n simpel nommer in jou ID boek, dit bepaal nie hoe oud (of jonk) jy regtig is nie.

    • demoerin Julie 5, 2010 at 9:09 vm #

      Die Antie moet maar op fb gaan soek vir die foto’s…

  2. Xena Phoenix Julie 5, 2010 at 8:24 vm #

    Hoekom wil enige mens 16 bly?

    Jy mag nie drink nie, jy mag nie stem nie, jy mag nie bestuur nie en die versekering ry jou deur jou ore as jy jonger as 25 is.

    • demoerin Julie 5, 2010 at 9:07 vm #

      Ek hoor dis 16 met 40 jarige ondervinding…

  3. PlaasJuppie Julie 5, 2010 at 8:36 vm #

    25 keer 16 is teen die reëls. Jy mag egter onbeperk 25 wees.

    • demoerin Julie 5, 2010 at 9:08 vm #

      😆

    • demoerin Julie 5, 2010 at 4:15 nm #

      Wat van “18 Till I Die” ? ‘n Internasionale superster kannie verkeerd wees nie 😆

  4. Charms Julie 5, 2010 at 8:40 vm #

    Hoe kan ‘n handjievol mense so ‘n groot gemors maak? – Kyk, as jy die antwoord kry op die ene, laat weet my asseblief dadelik.

    Klink asof jy ‘n gatskop naweek gehad het en ja, jy mag maar oor en oor 16 word en celebrate met tequila.

    • demoerin Julie 5, 2010 at 9:08 vm #

      Ek is net bly daai gemors was nie by my nie…

      • Dellie Julie 5, 2010 at 11:00 vm #

        Ons het darem die plek min of meer skoon gehad teen half 12 Sondagoggend …

  5. Dellie Julie 5, 2010 at 8:52 vm #

    Whahahahahaha!
    “Het sekere kleure skoene ‘n groter magnetisme vir kots?”

    Eintlik ponder ek oor alles wat jy genoem het! 😆 Dit was awesome, dankie dat julle gekom het!

    • demoerin Julie 5, 2010 at 9:09 vm #

      Jy weet nie hoe baie ek dit geniet het nie! dankie vir die invite.

  6. Plein Julie 5, 2010 at 9:17 vm #

    Na die naweek het ek die volgende geleer. Ek het die greatste ou ooit, mens dra nie pienk skoene, jy deel nie n bottel Jager net met Sharpie nie, ek het die ongelooflikste ou. Mal oor jou my baby

  7. Girl van die Suburbs Julie 5, 2010 at 9:42 vm #

    Ek hoop nie daar is meer as een keer op jou gekots nie? 😯

    • demoerin Julie 5, 2010 at 10:30 vm #

      Daai girtjie kan die sterre dank dat dit gelukkig nie op MY skoene was nie.

      • Dellie Julie 5, 2010 at 10:57 vm #

        Lmga! Gelukkig ook nie op my bootse nie! 😆

  8. Plein Julie 5, 2010 at 10:33 vm #

    Het jy pienk skoene waarvan ek moet weet?

    • Girl van die Suburbs Julie 5, 2010 at 10:52 vm #

      Bwhahahah…. nee… Ek is nie ‘n girlie girl wat accessorize dat my skoene en belt en al daai bymekaar pas nie.

      Ek hoop van harte jou skoene was TOE skoene! 😐

      • demoerin Julie 5, 2010 at 11:03 vm #

        Gelukkig het die pienk skoene ook nie aan Plein behoort nie.

  9. Flintie Julie 5, 2010 at 1:26 nm #

    Daai couple din, jong…….

    Die skoene ding, BWAHAHAHAHAHAHAHA

    • demoerin Julie 5, 2010 at 3:14 nm #

      Ja, as mens daai foto’s beloer… en jy bou weer die aand stelselmatig op… bwahahaha

  10. BB Julie 5, 2010 at 3:18 nm #

    Al wat ek weet is dat ‘n lekker olierige ontbyt makliker kits :mrgreen:

  11. BB Julie 5, 2010 at 3:26 nm #

    😯 jinne! Volume control… HOE issit dat ek so dóóf kan raak van ‘n bietjie tequila?
    Skoene 😕 jip!!! BRUIN GRASSHOPPERS VERDIEN beslis om op gekits te word!! So ook wit hakskoene, boots en sandaaltjies…
    Jou vraag: •Kan alkohol ‘n couple laat vergeet dat hulle getroud is?…
    🙄 …of ongetroud is?
    Hierdie girl van jou klink soos ‘n jonger weergawe van die uwe :mrgreen: – takiela uit die bottel… ek sweer as daar ‘n wurmpie in was sou sy hom nog met haar tong probeer uitlok ook 😆

  12. Sharpshoot Julie 6, 2010 at 11:15 nm #

    Ek wonder net hoe de hel een mens se kuite, voete, bobene, rug en maag SO styf kan wees na ‘n rustige bring en braai? En ek het nie eers vleis saamgevat nie…
    Nevermind die lewer, my rug-,maag- en kuitspiere sal nie weer so aand maak nie!
    En dan wonder ek ook HOE de hel daai ‘dj’ presies geweet het van watter musiek ek hou!

    • demoerin Julie 7, 2010 at 7:40 vm #

      He is alive!!! 😆
      Ek het genotice dat die dj ‘n sekere persoon heeltyd oor sy skouer aan die loer gehad het…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: