Vrydagskool….Waai Daai Vlag

9 Jul

When I get older, I will be stronger

They’ll call me freedom,

Just like a waving flag

Ek het gedurende die SWC nie net ‘n paar toeriste aan huis gehad nie, maar sommer met die gesels wat ek op ‘n Vrydag middag in Sandton City ook raakgeloop het.

Deur die oë van 'n toeris....

Ek het geleer dat ‘n mens deur met ‘n toeris te praat, jy uit hulle oogpunt besef in watter wonderlike land jy bly.

Vir Vrydagskool gaan ons vandag bietjie werk aan nasietrots, want dinge wat vir ons algemeen voorkom, is eintlik uitsonderlik… soos ons vriendelikheid en ons besonderse blou lug.

Voltooi:

Ek is trots Suid-Afrikaans want……

19 Responses to “Vrydagskool….Waai Daai Vlag”

  1. meermin Julie 9, 2010 at 8:08 vm #

    Môre jy lekker naweek vir julle!!🙂

  2. Dellie Julie 9, 2010 at 10:36 vm #

    … die hele wêreld weet nou wat ‘n vuvuzela is …😉

    • demoerin Julie 9, 2010 at 2:34 nm #

      Yip… en ons neem die wêreld oor met die vuvu!

  3. Xena Phoenix Julie 9, 2010 at 10:39 vm #

    Hoeveel plek het ek?

    • demoerin Julie 9, 2010 at 2:35 nm #

      Baie… baie, knock jourself senseless!

  4. Xena Phoenix Julie 9, 2010 at 10:41 vm #

    Suid-Afrikaners het nog oor die algemeen ‘n humorsin.

    Dit is ook nog steeds die tuiste van Afrikaans.

    Nou moet ek eers hol

    • demoerin Julie 9, 2010 at 2:36 nm #

      Daai humorsin ding is baie waar, as mens nie meer vir jouself of jou omstandighede kan lag nie, verander jy in ‘n nors Britse Suurknol.

  5. Plein Julie 9, 2010 at 12:58 nm #

    Ek sien die groot blou lug, ek ruik braaivleisvuur, ek hoor die vuvuzela, ek voel die African vibe. Beste deel, ek proe pap, koeksisters, melkkos, vetkoek en bobotie. SA is in my are

    • demoerin Julie 9, 2010 at 2:37 nm #

      …wat van mopani wurms en krokodil sosaties?

  6. Flintie Julie 9, 2010 at 1:36 nm #

    …ek kan wees wie ek is, sonder vrees vir uitbuiting en diskriminasie. Ek kan weet dat daar altyd iewers gaan wees waar ek my taal sal kan praat. Ek is trots suid afrikaans, want ons het ‘n pad gestap, ‘n pad waarop ons trots kan wees.

    • demoerin Julie 9, 2010 at 2:37 nm #

      Yip, daar is in werklikheid ‘n plekkie vir elkeen in die land… en dit word aanvaar!

  7. Charms Julie 9, 2010 at 2:45 nm #

    dis my plekkie in die son. Waar my wortels is. Waar my liefde is. Waar my menswees is. Waar ek is.

  8. ekisanna Julie 10, 2010 at 7:56 vm #

    Ek is trots Suid-Afikaans, want ek is! Het nie regtig ‘n rede nodig nie, my wortels is mos geanker in die diep, ryk, rooigrond van die Bosveld… dit wil nie se dat ek mopaniwurms eet nie (was nog nooit so honger nie), maar krokkedil sosaties: nou dis ‘n ander storie.

  9. anne-marie Julie 10, 2010 at 9:12 nm #

    … ons het gewys wat in ons steek. Verdeeld mag ons soms wees, but when it came down to the bottom line, het ons almal saam gestaan en die wêreld se bekke stilgemaak. Ons het die mooiste stadiums, ons het die vriendelikste mense, ons het die lekkerste WSC aangebied; en ek het natuurlik Tafelberg😉

    • demoerin Julie 12, 2010 at 7:45 vm #

      En ‘n ongefokenlooflike closing seremonie.. WOW!

      • ekisanna Julie 13, 2010 at 5:31 vm #

        Ek het myself oopbek sit en verwonder. Dit was regtig WOW!

  10. anne-marie Julie 10, 2010 at 9:12 nm #

    *stadions😳

  11. Nadenker Julie 15, 2010 at 11:29 vm #

    … want ons het mense soos Julius Malema en Dan Roodt😉

    • demoerin Julie 15, 2010 at 11:58 vm #

      Elke land het seker maar sy “spesiale” mense ook nodig😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: