Ek verander in my ma….

12 Jul

Nee, nie soos in letterlik ala Jerry Springer nie, en ek soek asseblief nie die Huisgenoot op my spoor nie…

Ek het Saterdag agtergekom ek en Moeder het baie in gemeen. Daar is sekere dinge en tipe mense wat my so irriteer dat ek uiteindelik sukkel om dit weg te steek… of miskien was daar net te veel mense, maar jy sou deur die loop van Saterdagmiddag ‘n paar dosyn eiers in my hol kon kook…. en dit laat my skaam voel, want ek het nie daarin geslaag om die grasieuse gasheer te wees nie.

Reëls bly egter reëls, en hulle was voor die tyd op die tafel gelê, so eintlik voel ek ‘n veer, want by my huis geld my reëls. PUNT. (En Poephol, om daaroor gek te skeer, maak dit net erger, nie beter nie. As jy eendag jou drank kan hanteer, soos my familie, word jy dalk weer uitgenooi na my huis toe.)

Dankie babes… sonder jou was ek seker vandag in ‘n sagte wit kamer, verwyder van skerp voorwerpe.

9 Responses to “Ek verander in my ma….”

  1. Charms Julie 12, 2010 at 8:19 vm #

    Ek stem – My huis, my reëls. ‘n Bietjie respek is seker nie te veel gevra nie.

  2. Plein Julie 12, 2010 at 8:20 vm #

    Dis n groot plesier. Jy het dit eintlik baie goed weggesteek. Face dit nou maar, Saterdag het gesorg vir baie lag Sondag, so was darem nie te erg. ‘Moeder’ het dan n ongelooflike seun groot gemaak, so all in all was dit great!

    • demoerin Julie 12, 2010 at 8:23 vm #

      Ja, dis moeilik om ‘n perfeksionis te wees…

  3. Xena Phoenix Julie 12, 2010 at 8:37 vm #

    Dit is hoekom ek vir niemand vertel waar ek bly nie. Dit is nie my skuld as Beker & Boontjie se reels jou nie aanstaan nie. Ek betaal mos net die rekening.

  4. BB Julie 12, 2010 at 8:56 vm #

    F*k grasieus wees as dit kom by jou waardes, standaarde en norme. Seg ek 😉

  5. ekisanna Julie 13, 2010 at 5:34 vm #

    Was nie daar nie, maar dit klink na ‘n storie. Ek is met jou hier DMI. My huis, my reels en as jy nie daarvan hou nie, sal jy nie weer terugkom nie.

    • demoerin Julie 13, 2010 at 7:26 vm #

      Ek hoor so via the grapevine dat 2 van my neefs se vrouens juis iets in daai lyn gesê het… Ek voel ‘n veer

Lewer kommentaar op demoerin Kanselleer antwoord