Kastele

14 Jul

Ek wil sandkastele bou,

wat nie deur branders omgespoel word nie;

Ek wil lugkastele bou,

wat nie deur winde weggewaai word nie;

Saam met jou.

Saam met jou,

Wil ek kastele opdroom.

Standvastig en veilig en ewig.

My arms ‘n klipvesting om jou.

8 Responses to “Kastele”

  1. Plein Julie 14, 2010 at 12:59 nm #

    Ek is die gelukkigste girl ooit!

    • demoerin Julie 14, 2010 at 4:23 nm #

      Wat jy verdien om te wees!

  2. BB Julie 14, 2010 at 3:44 nm #

    Jip, Pleintjie – dis die tipe woorde wat ons girls nodig het om te hoor… gereeld en aanhoudend.😉 Dis waaroor een van my songs (Ek bou vir jou…) ook gaan – ek het hom eintlik nie geskryf vir my om te sing nie – ek wou ‘n mansstem hê om dit op te neem… soms skryf ek wat ek wil sê – en soms wat ek graag sou wou hoor – en met ‘n liefie met gebrek aan taal/digterlike kunsvaardigheid skryf ek dit maar so neer soos hy dit sou sê as hy kon…
    DMi daarenteen het nie daai probleem nie – hy’t al gewys hy kan ‘n ding mooi verwoord…

    • demoerin Julie 14, 2010 at 4:14 nm #

      Ek dink disse 50/50 poging… my woorde met ‘n muse se inspirasie hehehehe

  3. anne-marie Julie 14, 2010 at 8:15 nm #

    Elke keer as ek lees hoe gelukkig julle twee is, word my hart sommer warm. Waardeer mekaar en werk altyd mooi met mekaar.

    • demoerin Julie 15, 2010 at 7:35 vm #

      Ek is bly ek kan jou ook warm hou in die winter😆

      • anne-marie Julie 15, 2010 at 2:13 nm #

        Okay, nou ook nou nie SOOO warm nie, hoor. Die sneeu lê nog steeds op die Kaapse berge en ek vries nog steeds😈

  4. schabbers Julie 15, 2010 at 8:13 vm #

    Mooi-mooi woorde!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: