Vrydagskool…Verjaarsdagpartytjie

16 Jul

Ek bak nou al die hele week aan hierdie sjokoladekoek van astronomiese, guinness rekord proporsies. Hy staan voor in die klas, en ek wil graag hê elkeen van die 49 miljoen Suid-Afrikaners moet ‘n stukkie daarvan proe. En hopelik sal almal help om nie die 92 kersies uit te blaas nie, maar help om die legaat van ‘n uitsonderlike man aan die brand te hou.

Gelukkige Verjaarsdag vir Sondag, 18 Julie 2010, Madiba. In my oë is jy die laaste wêreldleier wat nog sy respek verdien het.

"There is no passion to be found in playing small - in settling for a life that is less than the one you are capable of living"

Ek hoop dat die wêreld Sondag hulle vuvuzelas gaan blaas, ter ere van ‘n uitsonderlike man.

8 Responses to “Vrydagskool…Verjaarsdagpartytjie”

  1. Xena Phoenix Julie 16, 2010 at 8:45 vm #

    Ek sien gister ‘n advertensie waarin hulle uitwerk dat as elkeen van die 49 miljoen Suid-Afrikaners 67 minute aan liefdadigheid afstaan, dit so goed soos 6000 jaar se welwillinheid wees.

    Interessante konsep.

    Laat ‘n mens wonder waar ons sal wees met 5 minute van elkeen elke dag.

    • demoerin Julie 16, 2010 at 4:12 nm #

      Presies, en wat is 5 minute? Fokkoli

  2. anne-marie Julie 16, 2010 at 3:00 nm #

    Ek blaas my Vuvuzela
    Ek blaas dit vir Mandela
    ‘n Man van Staal
    het hy 92 gehaal!

    ♪ ♪ ♪

  3. MaanKind Julie 18, 2010 at 2:24 nm #

    As ek saamblaas aan die kersies, kan ek so vingerlekkie icing kry?

    • demoerin Julie 19, 2010 at 12:27 nm #

      Jy mag niks uitblaas nie!! tsk tsk

  4. BB Julie 19, 2010 at 9:10 vm #

    Dis nou ‘n man wat sy lewe lank meer humble pie geëet het as sjokolade koek… and the benefits of that far outweigh the temporary satisfaction. Happy Birthday Mr President!!

    • demoerin Julie 19, 2010 at 12:28 nm #

      Ek hoop net almal besef dit gaan nie oor 67 minute op EEN dag nie, dit gaan oor ‘n lewensstyl. Wees net ‘n beter mens.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: