Doodgewoon

22 Jul

 

Doodgewoon

 Daar was tye wat ek geglo het,

My geluk het gekom en gegaan.

Daar was tye wat ek geglo het,

My geluk is weg met ‘n traan.

Daar was tye wat ek geglo het,

My hart gaan alleen bestaan.

 

En toe kruis ons paaie.

 

Ek het maar gewone oë,

Wat jou wil bêre vir my drome.

Ek het maar gewone lippe,

Wat jou wil soen, my soete suiker.

Ek het maar gewone hande,

Wat wil voel jy is geen skim.

Ek het maar gewone ore,

Wat jou wil hoor, my eenstem koor.

Ek het maar ‘gewone neus,

Wat jou hele wese wil inasem.

Ek het maar ‘gewone stem,

Wat praat met simpel woorde.

 

Ek is maar doodgewoon,

Maar jy laat geluk in my bruis.

Ek is maar doodgewoon,

Maar geluk het my pad gekruis.

Maar wat ek voel is besonders.

Ek is maar doodgewoon. 

21 Responses to “Doodgewoon”

  1. Antie Koekie Julie 22, 2010 at 9:13 vm #

    Ai, Laaitie, daar het jy my sommer weer in snot-&-trane, so vroeg in die oggend! My ou romantiese siel LIEF mos sulke goed!!!
    Geniet elke kosbare oomblik, bêre dit DIEP weg vir daardie dae as die winter van die lewe kom.

    • demoerin Julie 22, 2010 at 9:31 vm #

      Dis maklik om te skryf as jou hart saamtik.

  2. Plein Julie 22, 2010 at 9:17 vm #

    Wow!!!

  3. anne-marie Julie 22, 2010 at 10:01 vm #

    Alles BEHALWE doodgewoon, ‘n woordtowenaar “at least” 😉

  4. Savanha Julie 22, 2010 at 10:02 vm #

    Dis baie mooi DMI! enjoy

  5. Plein Julie 22, 2010 at 10:09 vm #

    Jy is so ver van doodgewoon. Jy is dan die beste van alle bestes! Mwah

    • demoerin Julie 22, 2010 at 11:12 vm #

      Dis jy wat die kuns het om my spesiaal te laat voel.

  6. Dellie Julie 22, 2010 at 10:12 vm #

    Ag is die liefde nie ‘n pragtige ervaring nie! *skype se harkies-om-die-kop emoticon*

  7. Xena Phoenix Julie 22, 2010 at 10:55 vm #

    😆

    Duidelik het die digter nie ‘n depressie nodig om skeppend te kan wees nie.

    Dat die liefde ‘n man nou sou liries kan maak.

    • demoerin Julie 22, 2010 at 11:14 vm #

      Wat die gedagtes van vol is loop die vingers van oor?

  8. Pikkie Julie 22, 2010 at 11:31 vm #

    Sweet! Enjoy en hou dit mooi!

  9. Charms Julie 22, 2010 at 12:36 nm #

    Daar is absoluut niks doodgewoon aan jou nie. Ai, as my R nou so kon skryf……………….modder naweke.

  10. koeksister Julie 22, 2010 at 1:05 nm #

    Baie mooi Demoerin, >>sug<<

  11. meermin Julie 22, 2010 at 1:35 nm #

    Wow Dmi dit is baie baie mooi!! 🙂 geniet julle mekaar maar net 😉 die lewe is kort maak die beste van elke dag. 😀

  12. ekisanna Julie 22, 2010 at 6:41 nm #

    :mrgreen: Duidelik is dit wat jou beethet, nie doodgewoon nie! Hou dit so!

Lewer kommentaar op Plein Kanselleer antwoord