Vrydagskool…Biologie

23 Jul

Partykeer kan mens net in wonder lees, en dan weer lees net om seker te maak jy het wel die eerste keer reg gelees. Die skepping waarvan ons deel uitmaak is ongelooflik, en vervul my elke dag weer met wonder.

Ontmoet vir Cataulacus Muticus (CM). ‘n Inskek. ‘n Miertjie.

Moog en Mauschwitz is twee navorsers wat hierdie spesifieke mier in die Maleise reënwoude bestudeer het. As die reën kom, soos dit maar gereeld in die reënwoude gebeur, kan jy jou voorstel dat ‘n mierkolonie diep in die kak kan wees. Hulle het geobserveer hoe die werkersmiere hulle blitsvinnig na die ingange van die nes sal haas, en hulle koppe teenmekaar in die opening sal druk om die water se invloei te stuit.

So ‘n “prop” is natuurlik nie heeltemal waterdig nie, en daar sal steeds ‘n klompie water instroom. Observasies met ander spesies miere is al gemaak dat die werkers dan hierdie water in hul bekke sal uitdra en uitspoeg, of selfs in druppeltjies op hulle rue sal uitdra. Hierdie gedrag is nie by die CM bespeur nie, en die navorsers kon nie uitpluis hoe hulle van die oortollige water ontslae raak nie.

Soos dit ‘n goeie navorser betaam, het hulle ‘n kolonie van hierdie miere saamgeneem en hervestig in hulle laboratoriums by Frankfurt Universiteit. Hulle het ‘n eksperimentele vloed bewerkstellig deur 2 ml geel gekleurde water by die nes in te spuit.

Skaars 20 minute later het die miere in massa die nes begin verlaat. Wat hulle waargeneem het was so ongelooflik, dat hulle die eksperiment ‘n paar keer herhaal het. Net om seker te maak dit was nie oëverblindery nie.

Na hulle die nes verlaat het, het hulle ‘n paar sentimeter wegbeweeg, hulle agterlyfies opgelig en die water ‘n druppeltjie op ‘n slag uitgepiepie. Dit het gemiddeld 3,030 piepies geneem om van die 2 ml water ontslae te raak.

Ek dink dit werk dieselfde met mense by ‘n partytjie. Sien die mens het nie net vlytigheid by die mier geleer nie. Dit bly die beste manier om van bottels en blikkies vol alkohol ontslae te raak.

 – Bron: Elephants on Acid and other Bizarre Experiments-

Advertisements

4 Responses to “Vrydagskool…Biologie”

  1. Xena Phoenix Julie 23, 2010 at 9:35 vm #

    Ek wonder nou of die miertjies sou blou piepie as die vloed van blou water was?

    Laat my dink aan Paddy wat wou hê dat 6 bottels whisky op sy kis uitgegooi moet word wanneer hy begrawe word. Nadat die kis sak en die mense wegloop staan sy beste 6 vriende elkeen met ‘n bottel nader.

    Met ‘n swaar gemoed skroef die eerste vriend die bottel oop. Hy mik om dit uit te gooi, maar dit sukkel maar.

    “Hey, ouens. Paddy sou seker nie omgee as ons die whisky sluk en eers vir hom verwerk nie.”

  2. meermin Julie 23, 2010 at 9:48 vm #

    Dankie DMI nou is ek baie slim!!! Lekker naweek vir julle!! 😉

  3. Gogga Julie 23, 2010 at 11:25 vm #

    Sulke slim miertjies, Lekker les gewees. dankie

  4. Charms Julie 23, 2010 at 3:32 nm #

    Interessante les vir ‘n Vrydag. Dis naweek – have a good one.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: