WEW….a van b

29 Jul

Vandag wonder ek hoekom is daar sekere dinge wat my nie verbaas nie….

Die sokker wêreldbeker se stof het net gaan lê en die hele land wil staak vir meer geld. Ek dink dit is sommer kak dat 200,000 staatsdienswerkers vanoggend kan laatslaap terwyl ek op kantoor sit. Poepholle.

12 Responses to “WEW….a van b”

  1. BB Julie 29, 2010 at 7:42 vm #

    Troos jou daaraan – ons gaan nie eens agterkom hulle werk nie… meeste van hulle is in elk geval reeds gevrek – hulle hoef net nog om te val🙄

    • demoerin Julie 29, 2010 at 7:47 vm #

      … en te stink, sou my Ouma altyd gesê het.

  2. Dellie Julie 29, 2010 at 9:25 vm #

    Ek loop anyway in my slaap vandag …🙄

  3. PlaasJuppie Julie 29, 2010 at 9:52 vm #

    Die ergste van alles is dat die wetters beloon word vir hulle slapgatgeit met ‘n verhoging

    • demoerin Julie 29, 2010 at 3:06 nm #

      Ja…. my belastinggeld👿

  4. Charms Julie 29, 2010 at 11:37 vm #

    Dis darem te lekker, ‘n salarisverhoging en subsidie. So, ons moet nou betaal dat die 4kers by die werk en by die huis kan rus.

  5. anne-marie Julie 29, 2010 at 2:15 nm #

    welkom is afrika👿

  6. Xena Phoenix Julie 29, 2010 at 2:40 nm #

    Kry mense wat bereid is om die werk te doen.

    • demoerin Julie 29, 2010 at 3:07 nm #

      Daai mense wat bereid is ken seker nie die regte mense nie.

  7. ekisanna Julie 29, 2010 at 5:41 nm #

    Kan ons asseblief bietjie agter die kap van die byl kom voordat ons veralgemeen en oordeel uitspreek oor die poepholle in die algemeen. Ek is een van daardie poepholle. Ek was vanoggens om 07:10 op kantoor reeds besig om E-posse af te laai. Ek het maande laas die geleentheid gehad om my kantoordeur toe te trek vir tee- of etenstyd. Sondag, na kerk, het my baas by my huis opgedaag met dringende werk en raai wat, ek het gesharrup en dit gedoen. Hoewel daar op my werksplek se struktuur iets in die dertig poste is vir “groundsmen”, is daar net iets soos 10 van die poste gevul – hou in gedagte dat behalwe vir die baie groot gebiede waar daar geboue opgerig is, is daar ook ‘n 4,000 hektaar natuurreservaat met miljoene rande se wild wat onderhou moet word … so terloops, hierdie 10 mense verdien almal minder as R4,000 per maand na 20 en meer jare diens in die staatsdiens. Die Staat het onderneem om die salarisonder-handelinge vir die 2010/2011 boekjaar voor die einde van Oktober verlede jaar af te handel, maar teen April hierdie jaar kon hulle nog nie eens ‘n voorbereide aanbod op die tafel sit nie… en so kan ek aangaan en voorbeeld, na voorbeeld, na voorbeeld opnoem, maar ek vermoed ek sal my tyd mors, want ek weet, ek is ook net een van poepholle in die staatsdiens. Jammer as ek omgekrap klink, maar wat kan ek se, ek raak omgekrap wanneer die publiek sommer so voordie voet oordeel uitspreek sonder om die feite te ken.

    Ja, ek aanvaar en stem saam, die staatsdiens is in baie opsigte en op baie plekke belaglik onbevoeg en oneffektief, maar asseblief, voor die veralgemening, dink ‘n bietjie.

    • Charms Julie 29, 2010 at 10:14 nm #

      Anna, ja ek het veralgemeen en ek is jammer.

      Ek het veertien jaar terug, na tien jaar diens, bedank uit die staatsdiens. Ek het hard gewerk vir my bietjie geld en elke minuut daarvan geniet. Tot dit nie meer lekker geword het nie. Poste is aangebied aan ongekwalifiseerde agtergeblewenes en daarmee saam het daar ongelukkig ‘n negatiewe konnotasie ontstaan. ‘n Konstabeltjie is ewe skielik as Kaptein / Kolonel / Brigadier aangestel, sonder dat hy/sy ooit enige studies voltooi het. Mense met jare diens, kwalifikasies en ervaring is ‘n koevertjie in die hand gestop en laat gaan.

      Dit is waar dat daar ‘n handjievol is wat letterlik hulle alles gee, en ek waardeer dit. Die probleem is net dat dit deesdae in ‘n sirkus ontaard het. Ons sou nooit eers gedink het aan staak nie, nou is dit die norm – as jy nie jou sin kry nie, gooi ‘n toi-toi, askuus, ‘n tantrum.

    • demoerin Julie 30, 2010 at 6:42 vm #

      uh uh… die poepholle is die wat laat kon slaap omdat hulle staak…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: