WEW…321 van 654

2 Aug

OK, dalk wonder ek nie te veel hieroor nie… dalk wil ek net my gedagtes in woorde neerlê:

Die konstitusie sê een van my basiese regte as Jan-Publiek is om toegang tot inligting te hê, sodat ek ingeligte besluite kan maak oor wat ek van die regering dink. Die feit dat ek nie vir die ANC gestem het nie, beteken nie dat ek nie ‘n belangstelling het in wat daar met miljoene Suid-Afrikaners en Maatskappye se belastinggeld gemaak word nie.

Ek het ook ‘n werk wat my elke dag besig hou, en daarom het ek nie die tyd of energie om persoonlik ondersoek in te stel oor ons regering se doen en late nie. Ek los daardie takie in die bekwame hande van die bloedhond verslaggewers. Hulle oefen namens my, en elke ander Suid-Afrikaner, daardie reg tot toegang van inligting uit.

Ek verstaan die klassifisering van sekere inligting rakende verdediging en sekuriteit… maar kan net nie uitpluis watter tipe inligting die Departement van Waterwese en Bosbou… of dalk Vervoer byvoorbeeld het wat as geheim geklassifiseer kan word nie.

My enigste afleiding dus is dat jy iets het om weg te steek, en weereens dat my Ouma nog altyd reg was…

Die wat die meeste lawaai maak, is die wat die meeste het om weg te steek.

Feit is, dit is eintlik belaglik. Ons ken almal die geskiedenis aangaande bedrog en spandabelrige besteding, gewoonlik juis danksy die media. Ek dink hierdie voorgestelde wetgewing is net nog ‘n klap in die gesig van die konstitusie en menseregte wat wêreldwyd as van die beste uitgebasuin word. Dit wat op papier verkondig word, is ongelukkig net so goed as wat dit in die praktyk gevind kan word.

Ek het as Suid-Afrikaner ‘n reg om te weet wat in die regering aangaan. Ek het ‘n reg om te weet waarop die belastingkis verkwis word. En die ding is ons praat nie net hier van die belasting beursie nie, dink aan al die ander dinge wat “weggesteek” kan word… byvoorbeeld misdaadsyfers en wapenkontrakte met terroriste. Die inligting wat geklassifiseer kan word is nimmereindigend. Wat my werklik bekommer is hoe die regering juis al klaar as ontasbare demi-gode aangaan, en dit terwyl hulle onder die publieke oog is.

So much for our world leading constitution and human rights bills… it looks great on paper and is hailed across the globe, but it is starting to drain into the sewers…. a droplet at a time.

8 Responses to “WEW…321 van 654”

  1. Xena Phoenix Augustus 2, 2010 at 10:16 vm #

    Waar het jy in elk geval ‘n demokrasie gesien sonder persvryheid?

    Scary, baie scary

    • demoerin Augustus 3, 2010 at 2:33 nm #

      Daar is baie sulke “demokrasië” in die wëreld…crazy

  2. BB Augustus 2, 2010 at 3:41 nm #

    Wherever they burn books they will also, in the end, burn human beings. ~Heinrich Heine, Almansor, 1823
    Of in ander woorde dalk: wherever they kill freedom of speech they will also, in the end, kill human beings🙄 ???
    To limit the press is to insult a nation; to prohibit reading and thus konwledge is to declare the inhabitants to be either fools or slaves…
    Soos Xena sê: BAIE scary

    • demoerin Augustus 3, 2010 at 2:33 nm #

      en EK issie ‘n fool offe slave nie.

  3. Ek is Anna Augustus 2, 2010 at 6:30 nm #

    “……a droplet at a time” – Jy is sommer baie optimisties!

    • demoerin Augustus 3, 2010 at 2:34 nm #

      Ek probeer om nie myself meer te depress as wat nodig is nie😆

  4. Charms Augustus 3, 2010 at 9:29 vm #

    Als lyk die eerste keer goed op papier, tot jy begin om die “fine print” te lees. Miskien verstaan hulle die term verkeerd, want volgens hulle het jy net toegang tot inligting waar dit hulle pas.

    • demoerin Augustus 3, 2010 at 2:34 nm #

      Hulle verstaan dit net goed as dit hulle pas.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: