Vrydagskool…Geskiedenis 201

6 Aug

Op 6 Augustus 1945 om 8:15 is die atoombom, Little Boy, deur die Amerikaanse B-29 vliegtuig, Enola Guy, oor die stad Hiroshima laat val. Omtrent 80,000 mense het oombliklik met die ontploffing gesterf. Vandag, presies 65 jaar later het die mens nog steeds nie geleer nie. Die mens is in staat om ongelooflike pyn en lyding te verskaf aan ander. Ons baklei omdat ons nie saamstem nie, ons baklei omdat ons iets wil hê wat aan ander behoort… ons baklei omdat ons vriende met ander baklei. Daar is telke voorbeelde van die totale verwoesting wat oorlog deur die geskiedenis gesaai het…. ons klein persoonlike oorloggies is niks verskillend nie.

Ons plant nie almal bomme nie, skiet nie almal mense vol gate nie en kom nie noodwendig ander met die vuis by nie, maar dit beteken nie ons maak nie ander seer nie. Daar is ander maniere om klein oorloggies se voer, en dit wat uit jou mond uitkom maak net so seer, en kan net so ‘n groot litteken los, as wat ‘n koeëlwond kan.

Durf ons die oorlogvoerende lande soos byvoorbeeld Amerika en Israel veroordeel? Is my persoonlike fetes werklik klein in vergelyking?

11 Responses to “Vrydagskool…Geskiedenis 201”

  1. Flintie Augustus 6, 2010 at 7:41 vm #

    En daar begin die Vrydag met ‘n ernstige noot. Demoerin, die hele objektief van ‘n gesonde debat is om 100% eerlik te wees sodat jy ‘n geloofwaardige gevolgtrekking kan maak. En op ‘n manier is ek ook maar skuldig aan klein oorlogies, maar in die selfde asem wil ek noem dat ek ook al die slagoffer was van soortgelyke fetes.

    Was almal nie al aan beide kante van die lyn nie?

    Die krag van die woord word onderskat. Dit breek dalk nie bene nie, maar soos jy teregtelik sê:” kan net so ‘n groot litteken los, as wat ’n koeëlwond kan”

    • demoerin Augustus 6, 2010 at 8:17 vm #

      Yip, ons is almal skuldig. Ons moet dalk maar net probeer om twee keer te dink voor ons doen of sê.

  2. Marius Augustus 6, 2010 at 8:08 vm #

    Ek stem saam – soms is daai meswond in die hart eina – maar wat die ergste is as daardie mes dan ook nog gedraai word terwyl jy snak na asem – terwyl jy weet jy verdien dit nie … kom ons dink oor ander se gevoellens

    • demoerin Augustus 6, 2010 at 8:18 vm #

      Yip, dis ‘n kuns waaraan ons as mense gerus maar kan skaaf.

  3. Charms Augustus 6, 2010 at 8:14 vm #

    “Sticks and stones may break my bones, but words will never hurt me” – Bullshit. Hierdie rympie moet summier verban word.

    “The pen is mightier than the sword” – is meer gepas. Woorde kan jou middeldeur sny, sommer net so. Plaas ‘n wag voor jou mond, of soos Ouma altyd gesê het, Mytjie as jy kwaad word, tel tien tellings voor jy antwoord.

    • demoerin Augustus 6, 2010 at 8:18 vm #

      Presies charms, weet nie wie het daai rympie uitgedink nie.

  4. RandomNumberZero Augustus 6, 2010 at 10:17 vm #

    Nee wat, een ou se appels is n ander ou se pere, dit is heeletemal subjectief. Ek self onderskryf nie die hele self-sensonskap konsep nie. Vrye vloei van denke is goed. En , ons is heeltemal te ernstig vir n vrydag.

    • demoerin Augustus 6, 2010 at 10:29 vm #

      Eerlik wees is een ding, om iemand moedswillig seer te maak is iets heeltemal anders.

      Ons kan maar ernstig wees vandag…. die vroue het gesorg vir ‘n hele lang naweek om daaroor te kom😆

  5. Alta Augustus 8, 2010 at 6:11 vm #

    Ek sal regtig probeer om die lippies te zip. Ek weet ek is party keer seker net te op die man af en te eerlik. Ek moet erken, ek kon nog nooit my lip byt en n aanval op my laat oorwaai nie en glo my ek probeer baie hard. My oorlogies glo ek is seker nie te erg teen wat ek al moes aanhoor nie. Maar soos Marius te reg se, sal ek ook dink aan ander se gevoelens.

  6. Louwie Augustus 9, 2010 at 11:47 vm #

    Ja, die ou mens is maar erg geweldadig. Daarom cheer ons Bakkies Botha as hy “sy kop gebruik” teen die vyand, en die skoolseuns wat die skydsregter se ribbes afskop gedurende `n rugby wedstryd.
    Gewoonlik is die ouens wat so eerlik en reguit is, die ouens wat die hardste huil as hulle op dieselfde manier aangevat word.

    • demoerin Augustus 10, 2010 at 7:26 vm #

      Wonder of dit die bietjie grotman in ons is?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: