Balans

12 Aug

 

Happiness is not a matter of intensity, but of balance, order, rhythm and harmony

– Thomas Merten –

Soos Oom Ollie hierbo het ons balans in ons lewens nodig. Almal is nie net goed nie, net so is almal nie net sleg nie. Die truuk is om ‘n gesonde balans te probeer handhaaf terwyl jy streef om meer goed as sleg te wees.

Net so het ons gesonde balans nodig tussen wat ander van ons benodig, en wat ons onsself skuld. Daar is ‘n tyd vir pretvraat wees, en daar is ‘n tyd om verantwoordelik op te tree. Daar is ‘n tyd vir eet, drink en kuier; en daar is ‘n tyd om jou liggaam ‘n blaaskans te gee. Daar is ‘n tyd om jou moermeter te stook, en daar is ‘n tyd om tot 10 te tel en weg te loop. Daar is ‘n tyd om te huil, en daar is ‘n tyd om te lag.

‘n Gesonde balans in wat ons sê en doen is wat gaan help dat ons nie in die gat inbliksem nie.

9 Responses to “Balans”

  1. hartskommels Augustus 12, 2010 at 8:44 vm #

    en daars ‘n tyd om ongeballaanseer te wees hm

    • demoerin Augustus 12, 2010 at 1:17 nm #

      Mens kry blykbaar pilletjies vir daai😆

  2. nlangenhoven Augustus 12, 2010 at 10:26 vm #

    en daars ‘n tyd om te werk en ‘n tyd om te rus…….maar ek gee toe….die truuk om die balans te probeer handhaaf is een wat vandag baie mense ontgaan.,.

    • demoerin Augustus 12, 2010 at 1:14 nm #

      Yip, daar is te veel uiterstes

  3. Charms Augustus 12, 2010 at 1:15 nm #

    As oom Ollie dit kan doen, dan kan ons ook. Daar’s ‘n tyd en ‘n plek vir alles.

  4. Xena Phoenix Augustus 12, 2010 at 1:56 nm #

    Maar alles kom tot niks en is eintlik ‘n gejaag na wind. 😉

    So doen by voorbaat niks. 😆

  5. ekisanna Augustus 13, 2010 at 7:54 nm #

    Soos gewoonlik is Xena weer die wyste van almal…..

  6. Gogga Augustus 13, 2010 at 8:07 nm #

    Ek het oom Ollie by die Pretoria se dieretuin gesien. is dit dieselfde ollie?

    • demoerin Augustus 16, 2010 at 7:08 vm #

      Hierdie Oom Ollie bly in Jozi Zoo

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: