WEW….ab van abc

18 Aug

Eintlik moet ek seker nie ‘n warm gevoel om die hart kry oor die storie nie, want dit kon so anders uitgedraai het.

MAAR dit het nie, en ek weet verseker dat ek nie met hierdie tante sal skoorsoek nie… (kyk as hulle dogters het, is ek bly ek is nie die ou wat daar vlerkgesleep het nie).

Nou wonder ek net… kan die jonger garde vroue en hulle dogters nog hulle man staan as dit nodig is? Dit is goed en wel om veilig te wees/ te voel as manlief of pa daar is, maar hy is nie altyd daar nie.

Kom ons vat dit verder… hoeveel mans en seuns sal nog hul man kan staan?

Ons leef in ‘n era van valse gerus. Ja, die elektriese heining dien dalk bietjie meer as afskrik, en daar is die alarm, en die paniekknoppie en geslote motordeure……

MAAR het jy en jou geliefdes al logies daaroor gedink aan hoe julle sal reageer in ‘n situasie waar daar inbrekers by jou huis instap?

Ek dink aan die storie ‘n maand of wat terug waar ‘n dogtertjie geweet het om haar boetie te vat en in ‘n kas te gaan wegkruip nadat sy die polisie gebel het, toe inbrekers haar pa in die oprit oorval het.

Dit is nie ‘n lekker ding om aan te dink nie…. maar voorsorg is beter as nasorg…. en dit is definitief beter om in enige situasie nie paniekerig te raak nie.

6 Responses to “WEW….ab van abc”

  1. PlaasJuppie Augustus 18, 2010 at 8:00 vm #

    Daar is alreeds baie dinge hier in ons sonnige land van putupap en sorghumbier wat jou kan doodmaak, om boonop paniekerig te raak maak dit net erger.

    • demoerin Augustus 18, 2010 at 9:11 vm #

      Om paniekbevange te raak oor enige situasie is nie goed nie, daarom glo ek dat dink en wonder ‘n mens se groot vriend is.

  2. Xena Phoenix Augustus 18, 2010 at 8:46 vm #

    Baie interessante wonder.

    Nee, ek persoonlik sal nie ‘n inbreker ‘n skoot bokhael onder sy stert kan gee nie. Die probleem is dat ek nie ‘n haelgeweer het nie. 😉

    Ek dink wel baie mense besef die leemte en probeer dit aanvul. Dit is hoekom selfverdedigingkursusse vir vroue (bv) baie gewild is. Dit is nou weer ‘n ander dilemma.

    Mense was hulle self met hulle hande kan verdedig het jare lank geoefen (of het baie ervaring). Een dag se klasse gaan jou nie in ‘n Bruce Lee omskep nie. Dit kan wel iewers op die regte oomblik ‘n klokkie laat lui, maar dit maak jou nie invincible nie.

    • demoerin Augustus 18, 2010 at 9:10 vm #

      Ek dink om daaroor te dink, maak mens net bietjie meer voorbereid op wat dalk kan gebeur. Ek dink ‘n groot persentasie van die kriminele maak staat op die verrassingsaspek, en dat mens dan paniekbevange raak en nie helder kan dink nie… om soort van mentally voorbereid te wees kan mens dalk net rustiger laat… ek dink.

  3. koeksister Augustus 18, 2010 at 11:41 vm #

    Jy’s reg, ek dink ook mens moet mentally “reg” wees vir so iets. Ek en die girls is baie alleen wanneer Kuifie uitwerk. Ons het al ‘n soort van ‘n “firedrill” uitgewerk as die popo die fan strike, nou hoop ek net nie ek vries van banggeite nie😉

  4. johanna79 Augustus 18, 2010 at 9:20 nm #

    love die nuwe look dude

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: