Verdienste

19 Aug

Verdienste bevat nie per ongeluk die woordjie “dien” nie. Dit beteken dat jy iets moet doen waarvoor jy vergoed word, dien, of in ander woorde werk.

Ek het absoluut geen probleem met mense wat geld moet ontvang vir goeie werk nie. As jy iets insit, en somtyds ‘n ongevraagde ekstratjie ingooi, glo ek jy verdien redelike vergoeding daarvoor.

Ek glo unies het ‘n plek in die samelewing gehad, toe hulle 100 jaar terug nog moes baklei vir regverdige, veilige en goeie werksomstandighede. Daar is wette wat hierdie sake deesdae aanspreek. Nou wat doen die unies hier en nou in 2010 om hulle ledegeld te verdien? Een keer per jaar mobiliseer hulle die lede om in die strate te dans met hulle vuiste om die land se testikels vasgeklem. Dit gaan aan totdat die werkgewers ingee.

Ek het reeds genoem dat ek glo enige werknemer verdien om vergoed te word vir kwalitiet werk… en dit is hier waar ek warm om die kraag raak.

As jy weet jy gaan elke jaar sommer net ‘n verhoging kry vir jou oulike danspassies… gaan jy belangstel om goeie werk te doen? Dit is ongelukkig waar dat die grootste gros nie gaan probeer om goue sterretjies agter hulle name te kry nie, want die verhoging kom mos sommer so pasella.

Die man wat die hele dag in ‘n hoekie sit en in sy neus grou agter ‘n geslote deur, kry dieselfde verhoging as die een wat probeer om sy spesifieke taak so goed moontlik te doen.

Ek glo daar moet gekyk word na verdienste… verdien jy jou verdienste (lees verhoging)? As mense begin werk om ‘n beter verhoging te verdien, gaan dit sommer die kwalitiet van werk gelewer verbeter. Dus, begroot byvoorbeeld nog steeds 8% vir salarisverhogings… maar gee party 10% en ander net 6%.

Maak dit regverdig, en laat die verhoging eerder dien as aansporing, as slegs ‘n tred hou met inflasiesyfers. Spoor die werknemers aan om beter werk te lewer… en gee my ten minste dan ‘n rede om bietjie minder te kla.

Advertisements

8 Responses to “Verdienste”

  1. PlaasJuppie Augustus 19, 2010 at 8:13 vm #

    Die Zuma regering bevind homself tussen ‘n klip en ‘n baie harde plek. Die vakbonde was die dryfkrag agter die uitskop van Mbeki en Zuma se aanstelling in sy plek, so daar sal ernstige gevolge wees sou die regering enige noemenswaardige aksie teen die vakbonde neem. Net nog ‘n voorbeeld van hoe Suid Afrika se mense deur hulle regering in die steek gelaat word.

    Dit gesê. Ek dink jy het ‘n punt beet. In die korporatiewe wêreld moet ons eers ‘n “performance evaluation” deurgaan om te bepaal of ‘n verhoging regverdig is. Laat hierdie mense dieselfde doen. Gee ‘n standaard inflasie-gekoppelde verhoging, alles bokant dit moet saam met ‘n teenprestasie kom. Addisionele 2% verhoging moet saam met ‘n 2% verhogig in produktiwiteit kom.

    • demoerin Augustus 19, 2010 at 10:19 vm #

      Soos jy seg… hulle is te bang om die appelkarretjie te skud, so ons sit met die halfgebakte pere

  2. Xena Phoenix Augustus 19, 2010 at 11:19 vm #

    A-ha!!! n Nuwe look?

    Daar was gister nogal ‘n interessante vraag op die radio gewees. Wat maak jy as jy ‘n onderwyser / verpleegster is wat jou alles en meer in ‘n moeilike en ondankbare situasie gee. Jy vervul jou roeping en doen meer as wat van jou verwag word. Tog kry jy ‘n salaris waarmee jy nie liggaam en siel aanmekaar kan hou nie.

    Aan die een kant wil niemand na jou probleme luister nie. Aan die ander kant wil jy nie jou leerlinge / pasiente aan hulle eie genade oorlaat nie. Hou jy dan maar net jou bek en ploeter voort tot jy uitbrand? Soek jy ‘n ander werk waar jy waardeer word? Of staak jy? Tussen die duiwel en die diepblou see. Jy kan nie aangaan nie en jy kan (wil) nie die mense in jou sorg versaak nie.

    Ons kan dalk noem dat dit juis diegene is wat hulle pligte nie versaak nie, wat juis die verhoging verdien.

    Ek het nogal van die aanbieder se oplossing gehou. Fire die wat staak en voeg hulle salarisse by die mense wat doen wat hulle moet doen.

    • demoerin Augustus 19, 2010 at 12:14 nm #

      Presies. Die wat wil word elk geval gekeer om hulle werk te doen.
      Wat bietjie aan my krap, en ja party verdien hulle verhogings… maar het hulle nie elk geval die werk teen ‘n spesifieke salaris aanvaar nie?

      • Xena Phoenix Augustus 19, 2010 at 1:49 nm #

        Ja, jy het dit seker teen ‘n spesifieke salaris aanvaar. In 19toet toe jy nie geweet het wat in die toekoms gaan gebeur nie.

        Ek kry nogal veral die waardige onderwysers jammer – in terme van wat hulle betaal word.

  3. Louwie Augustus 19, 2010 at 9:55 nm #

    Is nogal `n turksvy nie waar nie. Hoe regverdig jy die karige salaris van `n goeie, hardwerkende, toegewyde onderwyser (ja daar is sulkes)teenoor die meer as `n miljoen rand per maand van sommige politici (en dis bo en behalwe hulle vet bonusse.)
    Dan praat ons nie eers van die vergoeding van korporatiewe hoofde nie.
    Iewers het iets lelik skeef geloop. Maar is geld regtig alles? (kan mens ook weer sê as jy nog nooit honger was nie!)

    • demoerin Augustus 20, 2010 at 7:08 vm #

      Dis ‘n hele sad situasie. Ongelukkig weet Cosatu, en die regering, dat die ANC in diepe skuld met hulle is. Eventualy gaan iemand moet ingee.

      Ek is all for regverdige vergoeding. Wat my die meeste afpie is dat die wat boggerol doen dieselfde kry as die wat wel iets doen.

      Ongelukkig is daar nou maar sekere skale van salarisse, en voordele wat die mense kry. As jy die job vat weet jy presies wat jy gaan kry, dit help nie jy wil vinger wys daarna nie. Dit klink dalk bietjie hard, maar dis die waarheid.

  4. ekisanna Augustus 22, 2010 at 11:35 vm #

    Interessante post en nog meer die kommentare. Ek sou ook graag wou sien dat mense se verhoging gekoppel word aan hul produktiwiteit, maar dan sou dit weer ‘n geval gewees het van jou produktiwiteit word gemeet aan hoe goed jy en die baas oor die weg kom (glo my, ek praat uit dure ondervinding hier).

    Wat ek, self ‘n staatsamptenaar, nie verstaan nie, is die feit dat dit nie diegene wat werklik onder op die salarisleer staan, is wat die moeilikheidmakers is nie. Dit is die onderwysers, en mediese mense, wat in elk geval ekstra verdien (OSD)omdat hulle professioneel is, wat die meeste ontwrigting veroorsaak. Die arme skoonmakers, tuinwerkers, ens, hoor of sien jy nie… hulle is by hul werksplek besig om skoon en tuin te maak, bloot omdat hulle reeds so min verdien dat hulle nie nog ‘n dag se loon kan inboet deur te gaan toi-toi nie. Ek praat hier van mense wat byvoorbeel amper die helfte van hul maandelikse salaris moet gebruik vir vervoer om net by die werk te kom. Waarmee moet hulle dan nog die res van die maand liggaam en siel aanmekaar hou?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: