Vrydagskool…Liedjiepret102

20 Aug

Partykeer moet mens lirieke mooi luister…. en weer luister, en weer luister net om seker te maak jy het reg gehoor dat dit geen sin maak nie: I love you from the bottom, of my pencilcase.

Dink byvoorbeeld aan The Beatles se Sgt Pepper album, dis deurdrenk met ‘n LSD trip. Partykeer wonder jy of jy ‘n woord reg gehoor het, en as jy het kan jy nie glo dat iemand sommer net iets sal opmaak nie… wat byvoorbeeld beteken skarumba en patayo?

Partykeer is die ryming so geforseerd dat jy net jou kop kan skud, dink byvoorbeeld aan: Song she sang to me, Song she brang to me…. (WDF Ingels is dit? Joodse Ingels?)

Ander kere wonder jy hoekom iemand lirieke sal sing, wat geen persoon ooit sal uiter nie: Lucky that my breasts are small and humble, So you don’t confuse them with mountains.

Ander kere kan jy maar net lag dat daar 9 lyntjies gesing kan word wat eintlik maar net ‘n mors van spasie was:

Singing a song

Humming a song

Singing a song

Loving a song

Laughing a song

Sing the song

Song song song song

Sing sing sing sing song

En ja… ons sing almal lekker saam… en elkeen van hierdie songs was wel ‘n treffer.

Aan watter kan jy nog dink… lirieke wat net nie sin maak nie, of sommer net simpel is?

Advertisements

8 Responses to “Vrydagskool…Liedjiepret102”

  1. Xena Phoenix Augustus 20, 2010 at 11:52 vm #

    Om by oom Koert van Heerden te begin . . .

    “Vanaand sien ek my kinders in jou oë.” Dit is mos nou smeek vir ‘n snotklap.

    Train

    “Your lipstick stain
    On the front lobe of my left side brains”

    Huh?

  2. Meermin Augustus 20, 2010 at 1:15 nm #

    Aitsa jou nuwe look lyk bevange!!

    Jammer ek is so stil maar ons word deesdae geblok!!

    Lekker naweek vir julle!!

  3. johanna79 Augustus 20, 2010 at 9:27 nm #

    daars n song wat ek absoluut love my gunsteling deel in die song is dit… what do you get when you kiss a guy? you get enough germs toe catch Pneumonia… after witch he’ll never phone ya… love dit

    • demoerin Augustus 23, 2010 at 7:18 vm #

      😆 … jy soen seker die verkeerde ouens

  4. Madele Burger Augustus 21, 2010 at 9:58 vm #

    Soos jy sê – ons sing almal lekker saam. ek dink hulle kyk sommer net dat dit ‘n lekker ritme het, iets wat die oor vang, en druk dan ‘n klomp woorde in om darem net iets saam te sing. of praat ek nou net so deurmekaar soos hulle??? bottom line – lekker sing!!! whatever? o JA, meermin, ek is bevrees ek gaanook nog geblok word!!! Ek boek nie my ure wat ek op wordpress is nie, maar ek kry nie my werk klaar nie!!! jammer, gelukkig is dit net my probleem, of hoe?? maar dis so LEKKER!!!

    • demoerin Augustus 23, 2010 at 7:19 vm #

      Ja, ek dink dit gaan dikwels meer oor die wysie en die ritme… want baie keer kan dit definitief nie ‘n hit wees oor die woorde nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: