Vrydagskool….Geskiedenis201

27 Aug

Vandag, 27 Augustus 1896, het die kortste aangetekende oorlog is geskiedenis plaasgevind. Dit was so kort, dat daar eintlik teenstrydighede van die verskillende bronne is van hoe lank die oorlog geduur het.

wikipedia

Die VK het taamlike invloed oor die Sultan van Zanzibar uitgeoefen. Die pro- Britse Sultan het skielik gesterwe op 25 Augustus, en is opgevolg deur sy kleinneef (wat moontlik vir sy oom se dood verantwoordelik was) wat nie pro-Brits was nie. Die Britte het geeis dat Khalid bin Bargash (wat homself as Sultan aangestel het) uit die paleis uittrek, en dat Hamud bin Muhammed as Sultan gekroon word. Volgens ‘n ooreenkoms wat in 1886 geteken was, het die Britte insae gehad oor wie as Sultan gekroon word.

Die vriendelike versoek is deur die paleis geignoreer, en ‘n ultimatum is deur die Britte gestel dat hy die paleis moet ontruim, en sy vlag stryk teen 9:00 op die 27 ste Augustus. Die Britte het ‘n paar oorlogskepe in die hawe gehad, maar die Sultan het hulle laat weet dat hy twyfel of hulle sal aanval.

Groot fout. Mens dare nie iemand met oorlogskepe tot sy beskikking nie. Die bevel om aan te val is om 9:00 gegee, en om 9:02 is die eerste skote gevuur. Die paleis en aangrensende harem was grotendeels van hout gebou, en was sommer vinnig in ligte laaie. Sultan Khalid het ontsnap en gevlug. Ongeveer 500 van die Sultan se volgelinge is beseer en/of dood en 1 Britse soldaat was lig beseer.

Tussen 9:38 en 9:45 was alles oor en teen die middag was Hamud bin Muhammed gekroon as Sultan. Van hier dus dat uit veskillende bronne dit blyk dat die oorlog tussen 36 en 45 minute geduur het, mar was in 9 minute nou tussen vrinne?

10 Responses to “Vrydagskool….Geskiedenis201”

  1. Xena Phoenix Augustus 27, 2010 at 10:54 vm #

    Ek wonder nou wat het van Kahlid geword?

    • demoerin Augustus 27, 2010 at 11:08 vm #

      Hy was by die Duitse Konsolaat versteek totdat hulle hom op ‘n bootjie na hedendaagse Tanzanië gelaai het. Nogal cool is hulle het hom direk uit die tuine in die boot gelaai, sodat hy nie Zanzibar grond geraak het, en hulle sy arrestasie kon vermy.

      Hy is in 1916 gedurende WWI gevange geneem en in exile na Seychelles en St. Helena gestuur. Hy is later toegelaat om na Afrika terugtekeer, en is in 1927 in Mombasa dood.

      • johanna79 Augustus 28, 2010 at 1:24 vm #

        wow… n lopende insiklopidee… het ek dit reg gese??? jyt seker goed gedoen in gesk op skoop???

        • demoerin Augustus 30, 2010 at 7:17 vm #

          Geskiedenis net tot St. 7 gehad, maar ek is ‘n feitvraat.

  2. Xena Phoenix Augustus 27, 2010 at 11:58 vm #

    Dit is nogal cool.

  3. anne-marie Augustus 27, 2010 at 12:53 nm #

    Genugtig! Dit was nou interessant, thanks.

  4. johanna79 Augustus 28, 2010 at 1:21 vm #

    gee jou baas nie om dat jy heel dag interesante useless info google nie??? maar goed om te weet… hoop dit kom op die volgende keer dat ek trivial persuit speel…

    • demoerin Augustus 30, 2010 at 7:18 vm #

      😆 Ek hou maar net daarvan om interessante feite te weet.

  5. koeksister Augustus 28, 2010 at 11:56 vm #

    Was so lank terug hier, het my alie afgeskrik vir jou nuwe blad. Baie nice.

Lewer kommentaar op demoerin Kanselleer antwoord