Ek isse cherry oppe koek

30 Aug

Dankie aan Sonkind… aka die girl om die Kouevuur wat my hierdie nominasie gegee het. Sy was nie so lank gelede nie, my partner in crime met dellie se tandem storie (wat nou nog nie klaar is nie😆 , maar eendag is eendag) Ek is baie bly dat jy aanhou blog het, en nie net verdwyn het nie.

(Daarsy, twee van die dinge wat ‘n genomineerde moet doen is uit die weg geruim… 1) Sit die prenkie op en 2) Sê dankie soos goeie maniere betaam vir die cherry oppie koek. )

Die derde ding wat jy moet doen, is om drie eienskappe/dinge van jouself waarmee jy jouself onlangs mee verbaas het of van jouself agtergekom het… en wat jy graag sal wil deel:

  • Ek het geleer in die afgelope 3 maande dat liefde nie noodwendig net een keer aan jou deur kom klop nie. Liefde kan genesing bring vir verlede se seer.
  • Ek het net weereens besef dat een van die enigste dinge wat ek werklik haat, en moontlik nooit gaan genees nie, is swak bestuurders. Dis ‘n goeie ding vuurwapens is nie standaard motortoerusting nie… daar sou “carnage” op die paaie tussen Sandton en my huis wees.
  • Ek het geleer dat om net buite die stad, in die vlaktes te bly uitstekende medisyne vir jou gemoed kan wees. Daar is stilte. Daar is helderder sterre. Daar is vrede.

Die vierde ding wat jy moet doen… is om jou gunsteling foto te plaas. Weereens is hierdie ‘n tammaletjie… want ek is baie lief vir foto’s neem, en het BAIE gunstelinge. So na ‘n gewik en geweeg… is hierdie die een:

Die vyfde deel van hierdie nominasie, is om nog vyf mense te nomineer… en julle beter seker maak julle doen ook hierdie vyf stappies… Sonnie wil dalk my herdoop na Deliefin… maar onthou, my blog se naam is nog steeds Demoerin… I will hunt you down.

  • Plaasjuppie van die Wosonki werf. Jy en Krista sal nooit besef hoeveel respek ek vir julle het… en hoe bly ek is dat George nou die pad gevat het nie.
  • Flintie het die blogwêreld ingevaar gekom soos ‘n wafferse Diva in ‘n opera uitvoering. As ek bietjie af voel en wil lag… gaan lees ek gereeld een van sy ou skrywes.
  • Kaalvoet is soos my persoonlik toergids in Korea se wêreld, en sy neem baie cool foto’s.
  • Skalkskryf is vir my soos ‘n all-in-one stop. Ek dink hier, Ek kyk hier en Ek lag hier. Dankie aan Joh en Louwie.
  • BB – net omdat ek nog altyd jaloers was oor hoe die vrou met woorde kan toor!

Nou ja, daarsy… huiswerk gedoen. Demoer(lief)in… oor en uit!

9 Responses to “Ek isse cherry oppe koek”

  1. Vlam Augustus 30, 2010 at 4:30 nm #

    Oooo…ek’s met jou oor die bly oppie vlaktes! Die sterre is wraggies helderder! 😆

    En ek’s so bly jy het benoem wie jy benoem het, want dit het my omtrent ‘n angsaanval gegee om net 5 te benoem terwyl daar dosyne ander blogs is wat ek nog wou noem.

    Well done…Deliefin! :mrgreen:

    • demoerin Augustus 30, 2010 at 4:43 nm #

      Dis altyd moeilik om mense te benoem… en dan te hoop niemand anders het al nie.

  2. PlaasJuppie Augustus 30, 2010 at 5:42 nm #

    Dankie vir my Mô, en dankie vir my Pô, en dankie vir (nie meer)Demoerin…

    • demoerin Augustus 31, 2010 at 7:09 vm #

      😆 Snaakste ding is ek was nog nooit regtig demoerin nie… weird hoe ‘n naam stick… dis soos ‘n sexy girl wat nie regtig soos ‘n Stoffelina lyk nie.

  3. stilekke Augustus 30, 2010 at 5:53 nm #

    ….daai van die liefde…baie baie waar….en die “standaard toerusting guns”….sjeesh….

  4. Girl van die Suburbs Augustus 31, 2010 at 9:25 vm #

    Thank goodness for gun control… Daai pad werk toe en terug is lank!

  5. Charms Augustus 31, 2010 at 1:43 nm #

    Ek het Sandton toe en terug gery vir 10 jaar en moet sê dis een ding wat ek nooit weer in my lewe wil doen nie. Lekker daggie vir jou verder Deliefin😉

  6. Flintie September 2, 2010 at 8:38 vm #

    Diva Nogal, lol, dankie vir die noem Demoerin

Trackbacks/Pingbacks

  1. Daai kersie toekenning was nou net nog hier. Belowe! « Wosonki - Augustus 30, 2010

    […] Demoerin het in ‘n oomblik van waansinnigheid besluit om die uwe te vereer met hierdie toekenning. Die kersie het ek ongelukkig klaar weggegee vir my “real life” cherry, want sy kry altyd die kersie, maar ek sal die res van die toekenning klaarmaak sonder die kersie. De(nieso)moerin, dankie ou maat! Veral synde dat Wosonki geruime tyd al nie meer my lewendige blog is nie, maar eerder deesdae as soortvan ‘n data stoorplek dien. […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: