Rasta vertel….

1 Sep

Rasta vertel my hy is bly dat die lente aangebreek het. Nie net begin die dae warmer raak nie, maar die tyd begin ook weer aanbreek vir die hoëveldse donderstorms. Die Hoëveldse Atmosferiese Simfonie noem hy dit.

Rasta is veral bly oor die reën, want die water was alles weer bietjie skoon. Die reën is vir ons, soos wat ‘n “full valet” vir jou kar is. Dis ‘n goeie tyd om bietjie te dink oor wie, wat en waar jy is. Rasta vertel dat die groot Zol altyd die volgende oor reën kwytraak:

Die mens moet streef daarna om die druppels te wees wat val waar dit saakmaak. Wees die druppels wat val in die veld en die tuin, wat alles om hulle laat groen word en blom.

Wees die druppels wat op die mense val, en hulle wil laat dans in die reën.

17 Responses to “Rasta vertel….”

  1. Girl van die Suburbs September 1, 2010 at 1:20 nm #

    Ek hou van die vergelyking… Daar waar jy natmaak ontkiem dit.

  2. BB September 1, 2010 at 1:38 nm #

    Jipjip… coz the grass is ALWAYS greener…. where you water it😉

    • Plein September 1, 2010 at 1:47 nm #

      Veral Rasta se grass???

  3. Joh September 1, 2010 at 2:59 nm #

    Vra biekie vir Rasta se Zol of ‘n druppel reën kan val waar dit nie saak makie?

    • demoerin September 2, 2010 at 7:33 vm #

      Ek dink dit kan in die pad beland… en dan in die stormwaterdrein.

  4. anne-marie September 1, 2010 at 5:26 nm #

    Ja, soos in die Kaap, Joh🙂

  5. Xena Phoenix September 2, 2010 at 8:29 vm #

    Ek sit al vir weke en wag vir die reen.

    • demoerin September 2, 2010 at 8:44 vm #

      Ek hoop jy het darem ander goed ook tussenin gedoen😆

      • Xena Phoenix September 2, 2010 at 11:24 vm #

        Nooit

        Watse “goeie” Suid-Afrikaners sal ek dan wees? 😉

        • demoerin September 2, 2010 at 1:46 nm #

          Jy praat wyse woorde daar. Ek sit sommer en wag vir Kersfees.

          • Xena Phoenix September 2, 2010 at 2:58 nm #

            Watter jaar s’n?

          • demoerin September 2, 2010 at 3:45 nm #

            Ek sal nou nie oorboord gaan nie, maak dit maar hierdie jaar.

  6. johanna79 September 3, 2010 at 1:07 vm #

    rasta is baie wys… die reen was seker ook al die voeltjie poef van hom af nie..
    die eerste reens as dit so oor die berge aangerol kom laat my altyd aan een van my gunsteling gedigte dink…

    DIE DANS VAN DIE REËN – Eugene Marais
    Lied van die vioolspeler. Jan Konterdans.
    Uit die Groot Woestyn
    O die dans van ons Suster!
    Eers oor die bergtop loer sy skelm,
    en haar oge is skaam;
    en sy lag saggies.
    En van ver af wink sy met die een hand;
    haar armbande blink en haar krale skitter;
    saggies roep sy.
    Sy vertel die winde van die dans
    en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.
    Die grootwild jaag uit die vlakte,
    hulle dam op die bulttop,
    wyd rek hulle die neusgate
    en hulle sluk die wind;
    en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
    Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
    en hulle kruip nader en sing saggies:
    “Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”
    En haar krale skud,
    en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
    Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
    sy trap af van die hoogte;
    sy sprei die vaalkaros met altwee arms uit;
    die asem van die wind raak weg.
    O, die dans van ons Suster!

    • demoerin September 3, 2010 at 7:10 vm #

      Ek onthou dit was een van ons voorgeskrewe gedigte op skool… ook een van my EM gunstelinge. Dankie vir die herinner.

  7. Louwie September 5, 2010 at 8:34 nm #

    Jip, is `n wyse man die Rasta. Maar selfs `n druppel op die pad, (al is die pad in die Kaap :grin:) maak saak, dink ek. Al was dit net die bloed af.
    ‘Die Dans van die Reën’ is pratig. Moontlik die eerste gedig wat my van digkuns laat kennis neem het. ‘Muskietejag’ het dit nie vir my gedoen nie😡

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: