Vrydagskool…Wiskunde101

3 Sep

Dit is basiese wiskunde… ons praat hier van ‘n baie basiese konsep, en ek is seker ‘n onderwyser en verpleegster sal dit kan verstaan (of eerder moet dit verstaan).

 

Kom ons veronderstel jy verdien R10,000 per maand. Ons gee vir jou ‘n 8% verhoging – R800. Van hierdie R800 kry jy sê nou maar R600 uit na jy 25% vir belasting opgegee het.

Met jou R10,000, en veronderstel 21 werksdae per maand, verdien jy ongeveer R480 per dag. As jy vir 3 weke, dus 15 werksdae, staak verloor jy ‘n inkomste van R7,200.

Jou 15 dae staking vreet dus jou hele volgende jaar se maandelikse verhoginsbedrag op. Uitversprei oor ‘n jaar is jy oor 12 maande presies waar jy sou gewees het sonder ‘n verhoging.

Dit gaan dus nie net oor verstaan nie… dit is fokkin stoopid in enige taal, met of sonder ‘n unie.

15 Responses to “Vrydagskool…Wiskunde101”

  1. Plein September 3, 2010 at 7:12 vm #

    En volgende jaar weer. Kry hulle dan eintlik ooit n verhoging?

  2. PlaasJuppie September 3, 2010 at 7:24 vm #

    Ek het jou formule gaan opsoek en ek sien die ding het ‘n naam. “Om agteruit te boer”. Die effek van die verlies aan inkomste is natuurlik ook veel groter as net die individu ter sprake, die besigheid op die hoek gaan minder verkope hê hierdie maand want daar is minder geld om te bestee.

    Die dinge gesê, en wat ookal ons gevoel jeens die stakings mag wees. Dit alles wys na ‘n veel dieperliggende probleem met die bestuur van ons land, en voor dit nie behoorlik opgelos word nie kan ons netsowel al begin voorberei vir die volgende rondte stakings

    • demoerin September 3, 2010 at 8:31 vm #

      Ding is dit is stadig maar seker besig om my af te pie. Ek het nie ‘n probleem met die feit dat hulle wil staak en geld inkomste verloor nie… dis hulle eie stoopidity. Wat my boos maak is die manier waarop die onderwysers en verpleegpersoneel dit doen.

  3. Joh September 3, 2010 at 7:58 vm #

    En di net die geldelike verlies. Die groter verlies is die effek wat die staking op die hele samelewing het. Mense gaan dood in hospitale en die lyding innie algemeen word vererger. Die kinners se eksamens word benadeel en hulle reeds karige opleiding versleg. Die samelewing se waardes word verlaag. Dienslewering deur die staat wat die samelewing moet onnerskraag verval verder (as dit moontlik sou wees!).

    Soos PJ sê: daar is ‘n dieperliggende probleem: dom-astrante politici.

    • demoerin September 3, 2010 at 8:34 vm #

      Yip, maar die wat nie geaffekteer word nie bv. die politici en uniebase voel ‘n veer, want hy kry steeds hierdie maand sy volle salaris… en die unies gan meer geld kry as hierdie outjies uiteindelik hulle verhogings kry. Dis eintlik laag en gemeen.

      Dit is uitbuiting. Dit is maklik vir die unie-baas om te sê staak tot julle, julle demands kry as hy weet hy kry nog sy volle salaris hierdie maand… en dat die demand groter inkomste gaan genereer vir die unie.

  4. madele September 3, 2010 at 7:58 vm #

    Ai tog! En hierdie OPVOEDER het net altyd een antwoord! VOED DIE MENSE OP!!!!! maar ek weet nie of dit sal help nie. Die stakery is darem NET TE LEKKER! En as ons dan ‘n salarisverhoging daarna kry is dit mos DIE MOEITE WERD!!! Daai deel van agteruit boer sal hulle GLAD NIE VERSTAAN NIE!!! Dis ‘n geval van cut your nose to spite your face en as ek nou verkeerd gespel het, sorry!!!

    • demoerin September 3, 2010 at 8:49 vm #

      Ja madele, daardie gesegde is nogal heel van pas.

  5. Xena Phoenix September 3, 2010 at 9:06 vm #

    Ek het gister oor dieselfde ding gewonder. My sommetjies op 4 weke staking wys dat hulle selfs slegter af kan wees met hulle ge-eiste verhoging as wat hulle nou is.

    Ek wonder wat die behuisingstoelaag nou is? Dit kan darem die stakingsotheid bietjie verdof.

  6. stokstert September 3, 2010 at 12:04 nm #

    Dit noem jy nou op jou eie voorstoep k@k!

    • demoerin September 3, 2010 at 3:20 nm #

      😆 In mooi Afrikaans ja!

  7. Charms September 3, 2010 at 12:22 nm #

    Dis verdomp frustrerend. Dis soos om “follow the leader” speel met ‘n donnerste stupid leader wat jou help van die wal af tot in die sloot.

  8. anne-marie September 3, 2010 at 3:49 nm #

    Dis maar net weer terug by dieselfde beginsel van “kom ons brand ons skole af, want ons wil nie Afrikaans praat nie”. En ja, soos Madele sê – voed die mense op. Maar dis dan eintlik klaar opgevoede mense!😈

    • demoerin September 6, 2010 at 7:30 vm #

      Eerder… veronderstel om te wees…

  9. ekisanna September 3, 2010 at 5:37 nm #

    Madele, ‘n Mens kan net mense opvoed as hulle wil leer. Glo my, ek werk elke dag met hulle en daar is van hulle wat glo hulle gaan ryk wees na hierdie staking, want hulle luister na enige snert – dis nou darem nie verpleegsters en onderwysers nie. Ek het ook ‘n baie sterk vermoede dat hierdie staking al lank nie meer gaan oor beter salarisse en toelaes nie. Dit het nou ‘n politieke stryd geword met COSATU wat die regering wil wys hoe magtig hulle is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: